Chapter 16.00: Family Photos

Bacon & the Art of Living 1

Family Photos

A very big part of the art of living is family! Here I feature different sets of family photos. The kids are fortunate to have two extra sets of extended families involved in their lives also. Here we feature the families of all the parents, step-parents, uncles, aunts and further extended family.

Oom Jan Kok

Oom Jan is my mom’s brother. He sent me the following set op photos.

Oom Jan stuur hierdie fotos vir ons op 28 Desember 2017. Vir die lys van al Oom Jan se bydraes, besoek Oom Jan Onthou. Ek pos dit als as deel van “Bacon and the art of living” en in besonder, deel van die gedeelte wat handel oor “The Art of Living”.


image015
Sannie se doop, 1940. Oupa Eben, Ouma Susan, Tannie Meraai en Oupa Giel. Ouma Santjie met haar naamgenoot. Foto geneem op Leeuspruit.
image016
My Oupa Grootjie, Piet Rademan by sy perdekar waarmee hy tot kort voor sy dood op 99 nog gery het.
image017
Ouma Susan, Sannie en Uysie en My hond Karools. Foto geneem op Leeuspruit.
image018
Met Oupa Jan Kok se 70ste verjaarsdag by die rivier op Parys. Die familie het daar saamgetrek vir die okkasie. Agter: Sannie, Myra Kok, Gill Kok, Mariet Bosman, Ronnie Bosman, Jantjie Bosman. Voor: Jan Kok, Ouma Hannie Oupa se tweede vrou), Uysie Kok, Oupa Jan en Leon Kok.
image019
Met my doop, 1942. Agter: Oom Dolf Bosman met Jantjie, Tannie Meraai, Ouma Santjie Uys, Ouma Magrietha (Oupa se eerste vrou), Oupa Eben met Sannie. Middel: Oupa Giel Uys, Ouma Susan Kok met my op haar skoot, Oupa Jan Kok (Wat my gedoop het) Voor: Mariet en Ronnie Bosman. Ek was seker een van die eerste blanke kinders wat in die Swart kerk gedoop is, en as gevolg van die Apartheidswette mag my doop nie in die boeke van die Sendingkerk opgeteken word nie, maar wel in die “Wit” gemeente, Heilbron Suid.
image020
Moet darem die foto van hierdie aantreklike jong man byvoeg. 21 Jaar oud in 1963. 🙂
image021
Vier geslagte Kok. Van Agter: Ek vermoed dit was Oupa Jan se ma met die name Jacoba Johanna Elizabeth (Geb Theron op 04 Januarie 1855). Oupa Jan Kok (Gebore 04 April 1880). Oom Johan Kok (Oupa Eben se oudste broer, gebore op 02 Mei 1908). Ek vermoed dit is oom Johan se oudste dogter, Gillian Louise Kok, Gebore op 18 Oktober 1934. Sy is getroud met Roy Tustin. Hy was ‘n prof in Veeartsenykunde aan Tukkies)
F1540004.JPG
Joretha en Oups Eben op Lady.
clip_image001
My Oupagrootjie, Piet Rademan, op sy 95 ste verjaarsdag in 1933

In hierdie tyd skryf Ouma Santjie die volgende brief aan Ma in Potchefstroom :

Liefste Susan,

Ons het gister jou brief gekry baja dankie, ek was spyt om te sien dat jy so virkoude is, ek hoop darem dit gaan beter, met ons gaan dit goed ons is nou weer baja gesond. Pappie se oor is ook heel te maal gesond. Jy het seker nog nie gehoor dat Aunt Chathrina weer ?n seuntjie het nie, hy is die 23 ste gebore, hy is vndag 8 dae oud, laaste Dinsdag was sy net baja siek toe was ou Green daarheen hy sê dit is ook die griep wat sy het, maar nou gaan dit weer beter. Oom Freek was gister hier, Pieter was ook hier, ons vra vir hom wat is daar hy se daar is ?n bobbejaan ek vra wat is sy naam hy se Fransie

Hendrik van aunt Kotie was mos ook so baja siek, laats Sondag was ou Green daar en Maandag was Dr Heyns weer daar hy het glo Inflamatie, gister het oom Freek gese was hy bietjie beter maar vandag het ek nog nie weer gehoor nie, ek dink die dag met die Vandiesie het hy seker koue gekry want dit was mos so?n nare dag gewees.

Die ou Klein Kaffertjie van ou Viljoen het laaste Vrydag vir Brand, dit was mos so vreeslik koud daardie dag, en die meid het glo buite kant vuur gemaak en toe gaan sy mis optel toe sy sien toe was die ou kaffertjie in die volle vlam, Pappie het toe nog dieselfde middag die dokter daarheen laat gaan maar nog die selfde nag is hy dood.

Dina is vanaand hier, ons was vanmiddag daar en Maria het so aangehou laat sy moet saam kom.

Pappie het daarom die jaard vir die huis Klaar dit lyk net ewe gaaf.

Die hoenders by die windpomp le nog nie eers nie hier by die huis begin hulle nou net tamenlik te le

Oom Attie hulle het Saterdag nag hier geslaap en Miss Boshoff ook sy was saam met oom Attie hulle.

Hoe gaan dit met aunt Miem? Word sy nou al beter en wat se sy sal die dokter haar kan help ?

Mariaatjie was tog te hoog oor die brief wat sy van jou gekry het. Ek het nog nie eers aunt Cathrina se seun gesien nie.

Pappie had mos so ‘n skade met sy skape die Honde was daar onder, en hulle het 9 doodgebyt en nog ‘n hele paar stukkend gebyt. Die arme ou Bok het hulle net so verniel hy sal ook seker nog dood gaan, nou weet hulle nog nie eers wie se honde dit was nie, dis daarom ‘n vreeslike skade.

Nou liewe Susan die nieuws is nou op en ek is al vaak baja groete van Dina, Pappie, Mariaatjie en van mammie.

Jou liefhebbende moeder,

Sannie Uys

(I retained the original words used in the letter for historical context and accuracy. The word “Kaffertjie” is a derogatory term, the use of which is prohibited by law in SA)

clip_image002
Die eerste bladsy van die brief wat Ouma aan Ma geskryf het in die koshuis op Potchefstroom.
clip_image005
Die huis op Leeuspruit waarin ek gebore is op 03 Mei 1942
clip_image007
Ek en Sannie en Uysie saam met Oupa Giel en Ouma Santjie. Ek vermoed die Baba by Ouma is Sybrand Strauss
clip_image009
My fris boerevoorste. Oupagrootjie Piet Rademan met sy vyf dogters. Voor: Annie (Crause) en Santjie (Uys). Agter: Sarah (Smit), Kowa (Marx) en Nelie (Schoeman).
clip_image011
Oupa Giel en Ouma Santjie saam met hulle 7 Kleinkinders. Sannie, Sybrand, Uysie, ek, Santjie, Giel en Marietjie.
clip_image013
Sannie as klein dogtertjie met ‘n hanslam wat aan ‘n bottel drink
clip_image014
Sannie, Uysie en ek by die Vuurtoring by Kaappunt met ons besoek in 1948.
clip_image016
Die Blou Chef waarmee ons in 1952 die woonwa Winklespruit toe gesleep het.

clip_image018

Met vakansie by Bananabeach. VLNR : Cecil, Miemie, Myra en Mike Webb, Sannie, Ma het ek en Pa. Ek vermoed Uysie het die foto geneem. Let tog op die das van Cecil op vakansie geddra het. Ek en Uysie roei saam met maats op ‘n boot in die Riviermond. Ek dink hulle was Opperman.

clip_image019
Oom Jan staan by die plaalhek naby die huis op Leeuspruit

My Mom’s Photo Album 1 and 2


My Mom’s Photo Album 3 – Photos of my dad, his side of the family, the Kokke and my mom and dad’s wedding.


Photos of Mom and Dad


Elmar & Juanita’s Photos

Julie’s Beckmann Photos,

Many more to follow.


Eloise and kids

To be populated by Eloise & family with a selection of our own family photos.

The bottom left is Mikhail at one of his rugby matches.

IMG_1828

Many more to follow.


Minette’s Photos


Johann Otto’s side of the family

He prides himself that he went through high school and did not have one photo taken off him. To say he is camera shy is an understatement. 🙂 Here are a few of the photos I have of him and his family and what La has.


Further reading

Ander werk van Oom Jan is waar hy familie geskiedenis en fotos deel:

Oom Jan onthou

Oupa Eben Kok

Fotos van Oom Jan

Oom Jan onthou vir Sannie


 

green-previousgreen-home-icongreen-next


(c) eben van tonder

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture