Sien Bacon & the Art of Living, Chapter 16.00: Family Photos
Fotos van Oom Jan
Oom Jan stuur hierdie fotos vir ons op 28 Desember 2017.

Sannie se doop, 1940. Oupa Eben, Ouma Susan, Tannie Meraai en Oupa Giel. Ouma Santjie met haar naamgenoot. Foto geneem op Leeuspruit.

My Oupa Grootjie, Piet Rademan by sy perdekar waarmee hy tot kort voor sy dood op 99 nog gery het.

Ouma Susan, Sannie en Uysie en My hond Karools. Foto geneem op Leeuspruit.

Met Oupa Jan Kok se 70ste verjaarsdag by die rivier op Parys. Die familie het daar saamgetrek vir die okkasie. Agter: Sannie, Myra Kok, Gill Kok, Mariet Bosman, Ronnie Bosman, Jantjie Bosman. Voor: Jan Kok, Ouma Hannie Oupa se tweede vrou), Uysie Kok, Oupa Jan en Leon Kok.

Met my doop, 1942. Agter: Oom Dolf Bosman met Jantjie, Tannie Meraai, Ouma Santjie Uys, Ouma Magrietha (Oupa se eerste vrou), Oupa Eben met Sannie. Middel: Oupa Giel Uys, Ouma Susan Kok met my op haar skoot, Oupa Jan Kok (Wat my gedoop het) Voor: Mariet en Ronnie Bosman. Ek was seker een van die eerste blanke kinders wat in die Swart kerk gedoop is, en as gevolg van die Apartheidswette mag my doop nie in die boeke van die Sendingkerk opgeteken word nie, maar wel in die βWitβ gemeente, Heilbron Suid.

Moet darem die foto van hierdie aantreklike jong man byvoeg. 21 Jaar oud in 1963.

Vier geslagte Kok
Van Agter:
- Ek vermoed dit was Oupa Jan se ma met die name Jacoba Johanna Elizabeth (Geb Theron op 04 Januarie 1855)
- Oupa Jan Kok (Gebore 04 April 1880)
- Oom Johan Kok (Oupa Eben se oudste broer, gebore op 02 Mei 1908)
- Ek vermoed dit is oom Johan se oudste dogter, Gillian Louise Kok, Gebore op 18 Oktober 1934. Sy is getroud met Roy Tustin. Hy was βn prof in Veeartsenykunde aan Tukkies)

Joretha en Oups Eben op Lady.
(c) Jan Kok

Die Kompleet Werke van JW Kok (Oom Jan/ Kokkie)
The Collective Works of JW Kok (Oom Jan/ Kokkie)