Fotos van Oom Jan

Sien Bacon & the Art of Living, Chapter 16.00: Family Photos

 Fotos van Oom Jan

Oom Jan stuur hierdie fotos vir ons op 28 Desember 2017.   


image015

Sannie se doop, 1940.  Oupa Eben, Ouma Susan, Tannie Meraai en Oupa Giel. Ouma Santjie met haar naamgenoot. Foto geneem op Leeuspruit.

image016

My Oupa Grootjie, Piet Rademan by sy perdekar waarmee hy tot kort voor sy dood op 99 nog gery het.

image017

Ouma Susan, Sannie en Uysie en My hond Karools.  Foto geneem op Leeuspruit.

image018

Met Oupa Jan Kok se 70ste verjaarsdag by die rivier op Parys.  Die familie het daar saamgetrek vir die okkasie.  Agter: Sannie, Myra Kok, Gill Kok, Mariet Bosman, Ronnie Bosman, Jantjie Bosman.  Voor: Jan Kok, Ouma Hannie Oupa se tweede vrou), Uysie Kok, Oupa Jan en Leon Kok.

image019

Met my doop, 1942.  Agter: Oom Dolf Bosman met Jantjie, Tannie Meraai, Ouma Santjie Uys, Ouma Magrietha (Oupa se eerste vrou), Oupa Eben met Sannie.  Middel: Oupa Giel Uys, Ouma Susan Kok met my op haar skoot, Oupa Jan Kok (Wat my gedoop het)  Voor: Mariet en Ronnie Bosman.  Ek was seker een van die eerste blanke kinders wat in die Swart kerk gedoop is, en as gevolg van die Apartheidswette mag my doop nie in die boeke van die Sendingkerk opgeteken word nie, maar wel in die “Wit” gemeente, Heilbron Suid.

image020

Moet darem die foto van hierdie aantreklike jong man byvoeg. 21 Jaar oud in 1963.

image021

Vier geslagte Kok

Van Agter:

  1.  Ek vermoed dit was Oupa Jan se ma met die name Jacoba Johanna Elizabeth (Geb Theron op 04 Januarie 1855)
  2. Oupa Jan Kok (Gebore 04 April 1880)
  3. Oom Johan Kok (Oupa Eben se oudste broer, gebore op 02 Mei 1908)
  4. Ek vermoed dit is oom Johan se oudste dogter, Gillian Louise Kok, Gebore op 18 Oktober 1934. Sy is getroud met Roy Tustin. Hy was ‘n prof in Veeartsenykunde aan  Tukkies)
F1540004.JPG

Joretha en Oups Eben op Lady.

(c) Jan Kok


Die Kompleet Werke van JW Kok (Oom Jan/ Kokkie)


The Collective Works of JW Kok (Oom Jan/ Kokkie)