Chapter 21: Appendix B – Johannes Willem Kok War Diary

Introduction to Bacon & the Art of Living

In this book, I tell the story of bacon, but also that of my family. The story itself is set in the late 1800s and early 1900s when most of the important developments in bacon took place. The plotline takes place in the 2000s with each character referring to a real person and actual events. The theme is a kind of “steampunk” where modern mannerisms, speech, clothes and practices are superimposed on a historical setting.  Modern people interact with old historical figures with all the historical and cultural bias that goes with this. In this Annexure, I post the War Diary of JW Kok, the father of JW Kok who’s war diary is contained in Chapter 20: Appendix A – JW Kok War Diary. Both works have been translated from Dutch into Afrikaans by JW Kok, their grandson and great-grandson respectively. I undertake to translate it into English at some future time.


Chapter 21: Appendix B – Johannes Willem Kok

‘n Woord vooraf van die vertaler.

     Die skrywer van hierdie Dagboek, of Joernaal, soos hy dit genoem het, was Kommandant Johannes Willem Kok. Hy was my oupagrootjie  aan my pa se kant van die familie. Ek is trots daarop dat ek ‘n naamgenoot van hom kan wees. Ek het hierdie dagboek in Afrikaans vertaal sodat die huidige geslag kan weet waar ons vandaan kom en wat ons familie se rol in die geskiedenis van Suid Afrika was.  

     Die skrywer van die dagboek, Johannes Willem Kok,xx  is gebore op 29 Julie 1848 te Swellendam en oorlede op 14 Junie te 1918 te Kransdrift,  Winburg. Hy was getroud met JACOBA JOHANNA ELIZABETH THERON, gebore op 04 Februarie 1855 en oorlede 05 Januarie 1938 op Wynandsfontein, Theunissen. Sy was die dogter van THOMAS FRANCOIS THERON en SUSANNA CATHARINA JOSEPHINA LACOCK van Leeuwfontein. Albei van hulle is op die plaas, Kransdrift, begrawe. Hy was die vyfde geslag sedert die eerste Kok (Kock) in die Kaap voet aan wal gesit het uit Waldeck in 1745.               

     Dit was baie moeilik om oupagroortjie se handskrif te lees en ek moes op baie plekke raai wat hy geskryf het. Dit is baie duidelik dat hy nie baie skoolopleiding gehad het nie en daar het gevolglik baie spel- en taalfoute in sy joernaal voorgekom. Sommige plekname, eiename en vanne is so geskryf dat ek dit amper  nie kom ontsyfer nie. Ek vertrou dat ek ‘n  korrekte weergawe van wat hy geskryf het aan julle oordra.

     Ek het oral waar persone se eiename en vanne voorgekom het, probeer om dit volgens die hedendaagse skryfwyse en spelling weer te gee. Ek het my dit ook  veroorloof om die inhoud in paragrawe in te deel sodat dit makliker kan lees. Die hele dagboek is geskryf sonder om die inhoud te verdeel in paragrawe. Selfs as hy oor ‘n nuwe dag begin skryf het, het hy sommer in dieselfde reël voortgegaan waar hy laas opgehou het.

     Verder het ek my dit veroorloof om al die teksverse waarna hy in die Joernaal verwys het – en daar was baie van hulle –  volledig uit te skryf soos in die 2020 vertaling van die Bybel. Ek het die ingevoegde teksverse tussen hakies en  in  kursief gedruk, bygevoeg.

     By die lees van hierdie dagboek was dit baie duidelik dat Jan Kok ‘n diep gelowige mens was, en in sy omgang met die Woord van God, altyd gesoek het na antwoorde op die baie vrae wat ontstaan het as gevolg van die oorlog, sy gevangeneming as krygsgevangene en sy moeilike aanpassing in die kampe waar hy aangehou is.

     Ek het ook onder die indruk gekom van die enorme rol wat predikante en sendelinge, nie net die wat self krygsgevangenes was nie, maar ook die plaaslike predikante in Kaapstad en Simonstad en omgewing, in die lewe van die krygsgevangenes gespeel het. Eredienste, Bybelstudies en biduure was deel van elke dag se gebeure.

     Geloof het ‘n baie belangrike rol gespeel in die lewe van die boerevegters en later ook as krygsgevangenes. Eredienste is tot drie keer op ‘n dag gehou, biduurgroepies het gereeld bymekaar gekom en vir elkeen wat oorlede is, is daar ‘n roudiens gehou – deur oupa ‘n lykdiens genoem.

     Jan Kok het elke geleentheid waar die Woord van God verkondig is, waar dit vir hom moontlik was,  getrou bygewoon en die teks waaroor daar by die geleenthede gepreek is volledig weergegee en by sommige preke het hy selfs punte waarin die prediker sy preek ingedeel het, noukeurig opgeskryf.

     Ek het ook die voorreg gehad om ook die dagboek van sy seun, ook Johannes Willem Kok, tydens sy deelname aan die oorlog  te vertaal.

     Ek dra die name van hierdie twee voorsate van my met groot tots.

     Ek vertrou dat hierdie vertaling ‘n egte weergawe is van Jan  Kok se Dagboek (Joernaal) en ek vertou dat elkeen wat dit lees sal besef dat ons voorgeslag vir ons die fondamente vas en stewig gelê het waarop ons kan voortbou.

Johannes Willem Kok (Vertaler)
15 Junie 2021

Dagboek van Johannes Willem Kok

In lewe kommandant van die Wiburg-Kommando in die Anglo Boere-oorlog

(‘n Vryvertaling uit Nederlands.)

************

Die volgende offisiere van die Oranje Vrystaat is op 27 Februarie 1900 naby Paardenberg teen die Modderrivier krygsgevange geneem:

– Kommandante:

J.P. Jordaan
J.W. Kok
Izak de Villiers
Jacobus Snyman
Schalk Meintjies
Jacob Greyling
Adriaan Smit
Johannes Boshoff
Winburg
Winburg
Ficksburg
Ladybrand
Kroonstad
Hoopstad
Jacobsdal
Bloemfontein

– Veldkornette:

Izak Cronje
Jan Cronje
C. Oosthuizen
T. Nieuwoudt
Winburg
Winburg
Winburg
Hoopstad

OVS Artillerie:

– Majoor:                      

Albrecht

– Luitenante:                 

Von Heister

De Wit

Augostine

Uys

 Transvaalse offesiere:

– Generaal:

P.Cronjé

– Kommandante:

M.J. Wolmarans

F.J. Roos

J.F. Maartens

J.D. Woest

     Ter herinnering aan die nageslag, het ek  gevoel om iets te skryf oor ons lotgevalle in die oorlog van die begin van Oktober 1899 af tot 1900. Ek wil dit nie ‘n geskiedenis noem nie, maar wat ek hier neerskryf, skryf  ek uit geloofwaardige getuies en verder uit eie ervarings.

     Dit was in die maand Oktober toe ons burgers opgekommandeer is. ‘n Gedeelte van die burgers was onder kommandant H. Theunissen en het vertrek na die grens van Natal terwyl ‘n ander deel onder leiding van  kommandant J. Jordaan vertrek het na die grens van Griekwaland-Wes. Laasgenoemde was almal van die distrik, Winburg.

     Wat alles aanleiding gegee het tot hierdie oorlog, laat ek in beter hande om te beskryf. Ekself was nog nie opgekommandeer nie, maar ‘n maand later het ‘n tweede oproep gekom. Toe was dit ook my beurt  om aan te meld en by die kommando aan te sluit.

14 November 1899

     Die burgers by wie ek was, kom op 14 November 1899 op Winburg bymekaar en ons moes ‘n veldkornet kies. Ek is met ‘n meerderheid van stemme verkies. Alhoewel ek maar min hiervan geweet het, het die burgers anders gevoel.

15 November 1899

     Ek vertrek vandag saam met die burgers terwyl veldkornet C. Froneman van die wyk Onder-Witteberg en veldkornet A. Swanepoel van Winburg  ook almal saam met my na Kafferrivier gaan om daar te wag op verdere opdragte van die regering om elders heen te vertrek en om ‘n kommandant te verkies.

     Toe al die burgers bymekaar was, het ons met die verkiesing begin. Daar moes tussem my en veldkornet Froneman gestem word en ek word verkies. Die jong man, Izak Cronjé, word in my plek as veldkornet verkies en velkornet Froneman word verkies as onder-kommandant. Ons moes sake by Kafferrivier ondersoek. Etlike burgers het nog by ons aangesluit soos veldkornette J. van der Merwe en W. Ebersohn en ook ‘n gedeelte van die Bloemfontein distrik. My kommando het bestaan uit verskillende distrikte en was ongeveer 500 man sterk.

     Nadat ons omtrent twaalf dae by die Kafferrivier vertoef het, het ek  opdrag ontvang om met my kommando by veg-generaal Prinsloo aan te sluit. Ek het so gou moontlik met die perdekommando vertrek. Ek het gedink ek trek in opdrag van die regering in die rigting van  Betanië oor Jagersfontein, Faurismith en Koffiefontein.

27 November 1899

     Ons kom die aand by Koffiefontein aan waar ek ‘n telegram van die regring ontvang om nog dieselfde aand te vertrek na generaal Cronje, aangesien daar ‘n vermoede was dat daar op die 28ste ‘n geveg sou wees.

28 November 1899

     Hoewel ek en die burgers baie moeg en afgemat was, het ons onmiddellik die oggend  vertrek. Ons was  omtrent 4 myl van Jacobsdal af toe ek die eerste kanonskote hoor. Toe ons by Jacobsdal kom, moes ons ons perde afsaal om ‘n bietjie te rus. Almal het besef dat die perde en die burgers rus nodig gehad het. Ek het my klein keteltjie van my saal afgehaal en dit so gou as moontlik laat kook. Die ketel het pas gekook toe daar berig kom dat die vyand reeds die brandwagte van Jacobsdal aangeval het. Ek het alles net so gelos en onmiddellik vertrek sonder om iets te geniet.

     Toe ek daar kom was die vyand nog nie in sig nie, maar ek het dit nie nodig geag om die hele kommando saam te neem nie. Ek het egter ‘n deel van die burgers van Bethlehem onder leiding van veldkornet H. Ebersohn en ‘n gedeelte van die burgers van Bloemfontein, laat agterbly as versterking terwyl ek met die res vertrek het na die gevegsterrein om my by generaal Cronje aan te sluit.

     Die geveg was reeds aan die gang en dit was vir my en my burgers moeilik om net in te val. Ek het ‘n berig aan generaal Cronje gestuur dat ons gearriveer het, maar nie weet waar ons moet inval nie. Hy het self gekom en my instruksie gegee om posisie in te neem by die rivier. Ons het nie veel te doen gehad nie. Die voordeel van die dag was dat, toe die vyand my kommando sien, hulle nie gewaag het om ons te omsingel nie. Ons het die hele dag daar gebly en terwyl ons so nou en dan onder geweervuur deurgeloop het, is nie een van my manskappe beseer. Om ‘n volledige verslag van hierdie geveg te beskrywe, laat ek in ander se hande. Ek het met my burgers ‘n entjie terug getrek en ons het daar gebly tot die aand toe.

29 November 1899

     Ons is na die laer van Generaal Prinsloo waar ek nuwe opdragte ontvang het. Ons was baie honger en die generaal het vir ons ‘n bees laat slag en het ook vir ons meel gegee, maar dit moes nog op die een of ander wyse gaar gemaak word. Ons het dit vinnig gedoen want almal was baie honger. Party van die burgers het op kole gebraai, van die ander het iewers ‘n pot geleen terwyl sommige na die Modderrivier gegaan het om op die klippe die deeg aan te maak en op die kole te braai.

     Ons het die kos met dankbare harte geëet. Ek was nie heeltemal klaar geëet nie, toe het   die beuel weer geblaas dat ons moet opsaal. Ons het vertrek na Scholtznek om ons posisies in te neem. Ek het baie van my vriende van my distrik, soos veldkornet W. Pretorius en Jan Cronje raakgeloop. Die burgers het nie veel belanggestel in watter posisie hulle moes inneem nie. My posisie was aan die noordekant. Elkeen het sy plek ingeneem, want ons het enige oomblik ‘n aanval verwag. Dit het egter nie so gou gebeur nie. Na ongeveer agt dae het die krygsraad besluit dat 1000 manskappe moes teruggaan in die rigting van Rooilaagte om die spoorlyn op te breek.

    Ek en my burgers was ook onder hierdie kommando. Toe ons in die omgewing van Rooilaagte kom, het die krygsraad besluit dat ek saam met  kommandant Van der Merwe sou gaan om aan die oostekant van die rante die spoor op te breek. Kommandant Ferreira van Ladybrand  en kommandant Boshoff van Bloemfontein sou na die westekant gaan. Baie van die manne was van Ficksburg afkomstig.

     Ek het opdrag gekry om posisie in te neem aan die Oostekant en het in ‘n geveg beland. Die vyand het in skanse gesit terwyl die burgers oral verskillende ander rantjies ingeneem het. Majoor Albrecht het sy bes gedoen om in die bosse in te skiet, maar niemand het eintlik geweet wat die effek van die kanon was nie. Ek het daar by die burgers gebly  en so ook veldkornet Venter van Harrismith.

     Teen die middag het ek besef dat die vyand besig was om nader te kom van die kant van die Engelse kamp af. Ek kon ook goed sien dat die vyand kanonne by hulle het. Ek het ook gesien dat die burgers oral hulle posisies verlaat het aangesien hulle ook maar klein groepies was. Ek het gedink dat die burgers almal in een rigting trek, aangesien hulle by mekaar wou aansluit, want hulle het almal agter dieselfde rant in beweeg waar ek my die oggend bevind het. Intussen het die vyand  ook al hoe nader gekom. Ek het vir veldkornet Venter gevra of ons nie asseblief ons posisie kon verlaat nie aangesien ons in gevaar was en ons geen teenstand sou kon bied nie omdat ons geen beskutting gehad het teen die kanonne nie.

     Velkornet Venter wou dit nie toelaat nie, aangesien ons geen bevel gehad het om dit te doen nie. Ek het nie gehoor gegee nie en ek het my manne teruggeroep. Veldkornet Venter het my hierna gevolg. Ek het bevel gegee om ‘n ander posisies in te neem waar ek gedink het die ander burgers was. Ek het die burgers geroep om my te volg onder koeëls deur.Toe ek daar kom was ek teleurgesteld om te sien dat die burgers teruggeval het. Ek het veldkornet Pretorius met ‘n groepie van sy manne teegekom. Vir ons was daar geen moontlikheid om daar te bly nie aangesien die burgers reeds weg was. Ons het toe ook besluit om terug te val na die ander burgers en neem toe ‘n heel ander posisie in  waar ons ook die burgers van Ladybrand  raakgeloop het.

      Daar hoor ons toe dat die generaal die burgers teruggeroep het. Ons het ons posisie verlaat en ook teruggetrek. Terwyl ons ons posisie verlaat het, het die kanon op die burgers begin skiet. Party het sommer begin wegjaag en gevlug na Rooilaagte. Ons het die dag vier manne aan die dood afgestaan en ‘n paar is gewond, maar drie van my eie manskappe is ook krygsgevange geneem saam met ‘n gewonde burger.

     Almal het nou teruggetrek . Sommige van ons was verontwaardig oor hierdie optrede. Ek kon my nie daarmee vereenselwig  dat die generaal dit gedoen het nie, maar ek het later tot die besef gekom dat hy nie fouteer het nie aangesien ons tog nie ons posissies sou kon behou nie, want water was daar baie skaars  en dit was ook  ondrinkbaar  omdat dit modderrig was.

       Toe is ons na Ramdam en het vir ‘n dag daar gebly. Die burgers en die perde het rus nodig gehad en ons moes nou  ander planne beraam oor wat ons verder te doen gestaan het. Toe ons klaar besluit het, het daar ‘n opdrag gekom van generaal Cronjé dat ons dadelik moes terugkom omdat daar ‘n geveg verwag word te Magersfontein. Ons moes wag tot sononder sodat ons in die aand kon reis.

     Veldkornet Froneman het met ‘n klein groepie burgers vooruit gegaan om die pad voor ons te ondersoek omdat daar sprake was dat daar uit die rante op ons burgers geskiet is. Dit het geblyk dat dit nie waar was nie. Ons het toe die hele nag gery en ons het die volgende dag, Sondag, by Jacobsdal aangekom waar ek vir Veldkornet Froneman, wat die vorige aand reeds vertrek het, ontmoet het. Ek het ook generaal Prinsloo ontmoet. Hy het ons beveel om uit te sprei met die terugtog. Ons het by Modderrivier aangekom waar ek vir die eerste keer by my waens gekom het. Ons het omtrent nege uur daar aangekom. Ek het generaal Prinsloo by die drif ontmoet. Hy het gesê dat ons tien uur bymekaar moet kom vir ‘n krygsraad, maar teen tien uur was die offisiere nog nie almal bymekaar nie en ons het besluit om twee uur bymekaar te kom.

     Ek is toe terug na die laer en daar het ek Ds.  Marquard ontmoet. Ek het skaars tyd gekry om my skoon aan te trek, toe die burgers bymekaar geroep is sodat Ds.  Marquard ‘n diens kon hou. Ek wou dit nie op daardie heilige dag misloop nie. Ek het ‘n paar woorde met Ds. Marquard gewissel en gaan toe terug na die rivier waar ek die krygsraad moes bywoon. Die krygsraad het pas begin.

     Generaal Prinsloo het bedank uit sy pos en in sy plek is J. Ferreira van Ladybrand gekies as veg-generaal. Ons besluit toe om teen sononder te vertrek na Magersfontein om ons posisies in te neem, want die lankverwagte geveg by Magersfontein sou binnekort  plaasvind. Teen die middag is 800 burgers oral opgemerk. Teen sononder het ek ‘n nuwe opdrag gekry om terug te gaan deur die Modderrivier waar die Jacobsdal-kommando was om my daar by kommandant A. Smit aan te sluit. Ons het byna die hele nag gery en het teen sonop by kommandant Smit aangekom. Ons het toe op ‘n klein plat randjie stelling ingeneem.

11 Desember 1899

Daar was die dag geen geveg nie, maar ons moes daar bly vir ingeval die vyand miskien die burgers wou omsingel. Dit was vir ons ‘n teleurstelling om te aanskou hoe ons burgers moes veg sonder dat ons hulle kon ondersteun. Die geveg het van die oggend vier uur af geduur tot donker toe en die vyand is met groot verliese teruggedryf. Ek het vergeet om die datum van die geveg te noem. Dit het plasgevind op die 11de Desember 1998.

12 Desember 1899

Op die dag het die vyand weer aangeval, maar hulle het nie binne bereik van die kleingeweervuur gekom nie. Hulle het gedurig met die kanon gevuur tot  die  namiddag toe. Toe het die vyand teruggetrek tot in hulle kamp. Die getal wat gedood is aan ons kant was, saam met die gewondes meer as 200 manne. Aan die kant van die vyand was die verlies aan dooies en gewondes tussen 2000 en 3000. Ek kan nie instaan vir die korrektheid van hierdie getalle nie.  Die geveg was dus nou oor en ek en kommandant Smit het ons posisie ingeneem naby die rivier en het toe bymekaar gebly vir 8 of 10 dae.

     Toe het veg-generaal C. de Wet van Natal gekom  om hier sy posisie in te neem en hy het my gestuur na die Modderrivier. Kommandant Ferreira is toe later verkies is as hoof-kommandant aangesien die dienstyd van hoof-kommandant Wessels verstryk het. Om al die besonderhede weer te gee van al hierdie gebeure voor ek Modderrivier weer verlaat het, sal te veel besonderhede wees. Tog wil ek net hier noem dat ‘n deel van my manskappe van Bethlehem onder veldkornette W. Ebersohn en Japie van der Merwe deur die krygskommissie teruggestuur is na Colesberg  toe en ek het net met 120 manskappe oorgebly. Dit het my hartseer gemaak, want ek het altyd die indruk gehad dat hulle my ondersteun en my vertrou het met hulle burgers. Ons was so gewoond  aan mekaar dat dit geen geringe saak  was om nou uitmekaar te gaan nie. Ek  het baie vriende onder hulle gehad.

     Dit het my gedagtes laat teruggaan na die gebeure by Modderrivier. Ons het ons posisies aan die suidekant ingeneem onder die kanongeskut,  maar dit het nie op ‘n  geveg uitgeloop nie. Veldkornet Froneman is  hierdie tyd verkies is as kommandant van die Ladybrand-kommando, aangesien hulle kommandant as hoof-kommandant gekies is. Ek moet ook nog sê dat, met die slag van Magersfontein, die  kommandant van Ficksburg gewond was en Izak de Villiers is as  sy opvolger  gekies.

     Aan die begin van Februarie kom die berig dat die vyand versit het  na Koedoesberg. Generaal de Wet het met ‘n afdeling burgers ingegaan en het met die vyand in ‘n geveg betrokke geraak. Ek moes weer 50 manskappe en ‘n veldkornet afstaan. Ek het toe vir Izak Cronje saam met die manskappe gestuur, maar voor hy daar kon kom, was die geveg verby en hulle het weer teruggekom. Hulle was pas terug toe die berig van kommandat Lubbe gekom het dat die vyand tussen Jacobsdal en sononder trek. Ons was gevestig by Magersfontein.

     Soos reeds gesê, was my posisie by Modderrivier. Ook het ek nog die plat randjie, wat vroeër deur my en kommandant Smit ingeneem is, behou as branwagpos. Ek moes dit elke aand bewaak  met 100 manskappe. 10 manskappe by elke pos bymekaar te perd. Dit was duidelik  dat my posisie onbenydenswaardig was. Tog het ons teruggekeer deur ons posisies te verlaat. Dit was Sondag in  die begin van Februarie. Ek kan nie die presiese datum onthou nie.

     Ek het opdrag van generaal de Wet ontvang dat 50 van my manskappe met ‘n veldkornet hulle moes gereed maak om hom te vergesel aangesien die vyand reeds tussen Ramdam en Jacobsdal deurgetrek het. Ek het veldkornet Swanepoel van Winburg en vedkornet Sarel van Zyl met die aangevraagde burgers gestuur .

     Hulle het onmiddellik vertrek nadat ek hulle almal gegroet het en enkele woorde met hulle gepraat het om hulle te bemoedig. Niemand het toe gedink dat ons  op so ‘n wyse  uitmekaar sou gaan nie  om sommiges dalk nooit weer te sien nie. Ek het toe met 70 burgers oorgebly om my posisie te beskerm. Uit al die ander posisies is ook burgers aangesê om by generaal De Wet  aan te sluit. Sodoende is ons eie posisies baie verswak.

     Ek het verder niks van generaal De Wet gehoor nie. Na ‘n paar dae het ek gehoor dat ‘n deel van die troepe uit Jacobsdal  ook betrek is en ek en  my burgers het aan die bokant van die Transvaalse hooflaer met mekaar in aanraking gekom. Ons het almal besef dat ons reeds byna omsingel was en dat daar na alle kante toe burgers gestuur moes word as versterking. Ek het my sekretaris, H. van der Merwe, na die hooflaer gestuur om te hoor of daar enige nuus was, maar hy het geen nuus gekry wat my gerusgestel het nie. Ek het weer een van my burgers, Gert Beukes, na die hooflaer gestuur om nuus by generaal Cronje te kry. In die tyd is daar weer hulp gevra uit Jacobsdal en alhoewel my manskappe toe al baie min was, het ek veldkornet Izak Cronje met ‘n klein klompie gestuur. Voor hy egter daar kon kom het die vyand reeds Jacobsdal ingeneem en hy het toe teruggekom. Ek het pas vir Cronje weggestuur toe het my brandwag aangejaag gekom om my te vertel dat die vyand uittrek uit die kamp wat sowat 2 myl van ons af was en reeds die agterkant van die brandwag koppie in besit geneem het. Ek het onmiddellik my perd en verkyker geneem om te gaan verkenning doen. Terwyl ek daar so gesit en rondkyk het, het my rapportryer, Gert Beukes, aangejaag gekom met die berig dat ons ons posisies moes verlaat en na die hooflaer moet gaan en dat ons in die rigting van die  Koedoesrant moes gaan. Ons het besef dat hierdie berig na al die ander posisies gestuur moes word.  Almal het besef dat ons hier geen wa gehad het nie en kos en ander goed moes alles agtergelaat word. 

     Omdat ek nog baie gehad het om te doen, kon ons eers teen donker van Modderrivier wegkom en aangesien die Transvaalse hooflaer nog ‘n uur se ry van my posisie af was, het ons eers laat die aand daar aangekom. Die burgers van die verskillende afdelings het bymekaar gekom en nadat ons alles afgehandel het, het ons vertrek. Ons het die hele nag deur getrek  en ons kon voor die vyand bly. Ons was spoedig in ‘n hele geveg betrokke wat sou voortduur tot donkernag. Toe die laaste manne hulle  posisies verlaat het, het en ons weer met die laer voortgetrek. Ons het die hele nag deur getrek tot die volgende dag. Nadat ons uitgespan het, het ons brandwagte uitgesit. Hulle was nie lank op hulle poste nie toe hulle berig  dat die vyand steeds naderkom en dat ‘n groot deel van die vyand ons reeds amper omsingel het.

      Elke offisier in die laer het toe opdrag gekry om dadelik in te span en ek het die opdrag gekry  om my  aan die agterkant van die laer by kommandant Jordaan aan te sluit. Die vyand het toe met rasse skrede nader gekom. Die burgers het oral posisies ingeneem. Ek en kommandat Jordaan het ons posisie ingeneem aan die noord-westelike kant van die laer. Die laer het al weer begin uitspan. Die vyand het reeds met die kanon op die laer begin skiet en ek en kommandant Jordaan het in ons posisies gebly tot dit donker was, maar ons kon  nie daar bly nie aangesien ek en die manne so verskriklik dors was dat ons dit nie meer kon uithou nie. Ons het opdrag gekry om ons posisies te verlaat. Ons het ons nie twee maal laat sê nie, en elkeen het sy bes gedoen om by water uit kom om hulle brandende dors te les. Ek sou dié aand ‘n goue pond wou betaal vir ‘n beker water.

     Ek en kommandat Jordaan het laat die aand in die laer gekom en aangesien die geveg die volgende dag, Sondag, sou voortduur, het almal besef dat ons vinnig ons verdedigingsplanne moes regkry.

     Die grootste geveg van Paardeberg was juis die Sondag. In ‘n groot deel van die laer is die dag iets aan die brad gesteek. Terwyl die vyand  gedurig gepoog het om ons te omsingel, het hulle gedurig daarvan gebruik gemaak. Die geveg het tien dae lank aangehou. Die kanonne het onafgebroke op die burgers bly skiet. Die laer was  al omtrent vernietig toe ons die aand van 26 Februarie besluit het om die oggend van 29 Februarie 1899 oor te gee.

     En nou my lesers wil ek, voordat ek afskeid neem van hierdie oorlog, praat met diegene wat nie hierdie ramp gesien het nie. Geen pen kan beskryf van die weemoed  wat ons verduur het en wat ons oë aanskou het nie. Ons perde was byna almal doodgeskiet en het die laer vol gelê. Selfs in die water wat ons moes drink het dooie diere gelê. Ons gewondes het oral in slote onder bokseile gelê sonder dokters om hulle te verpleeg. Ja dit het ek met eie oë aanskou en sommige met water bedien om hulle dors te les. Ek het onder andere by iemand gekom wie se been afgeskiet was. Ek het vir hom gevra: “Hoe gaan dit?” Hy het my geantwoord: “My oom, dit gaan sleg.” Ek het hom moed ingepraat. Hy het my beleefd versoek  om  by hom in te kom  en vir vir hom ‘n gebed te doen. Ek het ek aan sy versoek voldoen en van hom afskeid geneem.

     Ek sou nog meer kon vertel van hierdie ramp by Paardeberg, maar my pen weier om meer oor hierdie ellende te skryf, of liewer, ék wil nie meer daarvan skryf nie. Dit is genoeg vir die nageslag om ‘n idee te kry van wat ons moes verduur.

      Die getal  burgers wat saam met generaal Cronje krygsgevange geneem is was 3 700 en die getal wat by Paardeberg gesneuwel het,  was 350.

     Laat ons nou terugkeer na die gebeure van ons oorgawe. Ons het aan die anderkant van Modderrivier bymekaargekom. Ek het ook burgers van kommandant Theunissen ontmoet, onder andere J. Adams van Winburg . Ek was verbaas om hom te sien aangesien ek gedink het hy is in Natal. Ek het vir hom gevra hoekom hy dan hier is. Hy het my vertel dat hy uit Natal uit gekom het om ons te kom help en dat hy krygsgevange geneem is met 70 ander burgers saam met kommandat Theunissen. Hy het my ook vertel dat een van my seuns  en my broer gevang was en dat baie gesneuwel het. Ook my swaer Hendrik Pienaar het gesneuwel.

Donderdag, 1 Maart 1900      

     Ons is toe na Tweerivier gestuur. Die kommandante het perde gekry om op te ry en die burgers moes maar die ent te voet aflê. Ons het vandag daar aangekom.  Die burgers en die offisiere is van mekaar geskei. Die burgers word toe in groepe weggestuur terwyl die offisiere agtergebly het.

Sondag, 4 Maart 1900

     Vandag word ons meegedeel dat ons dié dag na Kaapstad gestuur sou word. Ons het 5 minute oor twaalf vertrek en toe ons by Touwsrivierstasie kom,  het ek die kolonel gevra of ek  vir my seun wat op Wellington op skool was, ‘n telegram kon stuur. Het het my versoek toegestaan. My seun het my telegram gekry en my by Wellingtonstasie kom sien. Hoe bly was ek nie om hom nog lewendig en gesond te sien nie en ek het die liewe Here in my hart gedank daarvoor. Hy het my vertel dat my broer Thomas as krygsgevangene in Simonsbaai was en dat hy van hom ‘n brief ontvang het. Na my gesprek met hom, het ons na Kaapstad vertrek. Ons het die aand in Soutrivier aangekom en is toe gestuur na Simonsbaai. Ons is nog dieselfde aand na die skip, Mongolion oorgeplaas.

     Nou moet julle besef hoe ons moes gevoel het. Ons was mense van die land wat groot en uitgestrek is, en  is nou op die water gesit.

Dinsdag, 6 Maart 1900

Vandag is ons op die skip gesit.

Woensdag, 07 Maart  1900

Vanoggend het ek siek wakker geword met hoofpyn. Ek het ook hartseer gevoel. Ek het na die dek gegaan en het rondom ons al die skepe gesien. Ek het gekyk of ek nie kon sien op watter skip my burgers en die van kommandant Jordaan was nie, maar ek het niemand gesien nie. 

Donderdag, 8 Maart 1900

Vandag  was sommige van die offisiere ontevrede oor die behandeling op die skip. Ek het ook gehoor dat daar masels op die skip was en dat die skip nou onder kwarentyn was en dat ons gladnie op die land sou toegelaat word nie.   

     Ek het verlang na my burgers en my seun wat ook hier in Simonsbaai ‘n krygsgevangene was, maar ek weet nie waar hulle op die oomblik is nie. Maar ek vertrou op die Here met Ps 40:18. (Ek is magteloos en behoeftig, maar die Here sal aan my dink. U is my hulp, my bevryder. My God, moenie talm nie)

Vrydag, 09 Maart 1900

     Vanoggend is die see kalm. Sommige van die offisiere was ontevrede oor die geel vlag wat aan die skip hang as teken dat ons onder kwarantyn is. Ons begin die oggend met Ps 23 (Die Here is my Herder) wat vir ons ‘n groot troos was. Met die etes op die skip was hulle ook ontvrede. Ons brekfis was tee en brood. Vir middagete het ons vleis en ongeskilde aartappels gekry en in die aand weer tee en brood. Ek het my boek geneem en na die dek gegaan.

      Vanoggend het majoor Albrecht voorgestel dat almal wat op die dek spoeg, ‘n pennie as boete moet betaal. Ons het vandag ook tyd gekry om briewe te skryf en ek het een aan my vrou geskryf.

Saterdag, 10 Maart 1900

     Die dag het sy gewone gang gegaan. Amper al die offisiere was  op die dek en was heel kalm. Ek het in stilte vir my dierbares gebid. Vandag het ons ook vir die eerste keer koffie gekry wat aan ons deur kommandant Snyman verskaf is.

Sondag, 11 Maart 1900

     Sondag. Vanoggend was ek weer siek en so ook van die ander aan boord. Die see het my aangetas en ek was dronk in my kop. Ek kon dit ook nie op die dek uithou nie. Ons het die eetkamer van die skip gekry om godsdiens te hou. Kommandant Wolmarans het die verrigtinge ge-open met die sing van Psalm 25: 1.  Daarna het kommandant Thomas Martins  ‘n ernstige gebed gedoen. Kommandant A Smith het Ps. 71 gelees en daarna het ons Ps. 42 gesing en ek het die dankgebed gedoen. Ten slotte het ons Ges. 12: 6 gesing en ook Ges. 22: 1, 3. Ons het ook die  dag by die ete poeding gekry wat werklik vir ons in die tyd, ‘n groot verandering was.

Maandag, 12 Maart 1900

     Ons het vanoggend Ps 91 gelees en het na die dek gegaan. Kommandant Jacobus Snyman wat vir ‘n paar dae siek was, was vandag baie beter. Vandag verlang ek vreeslik na my vrou en kinders, maar ons sal op die Here vertrou. Ek het vir die eerste keer op die skip gebad en het lekker verfris gevoel. Ek het alleen op die dek gesit en oor alles nagedink  en in stilte gebid tot die God van my heil om uit hierdie ballingskap verlos te word. Terwyl ek so eensaam gesit het, het ek twee briewe van my seuns ontvang en ook een van Kommandant Helgaard Theunissen. Dit was vir my soos koel water op ‘n vermoeide siel.

Dinsdag ,13 Maart 1900

Na ons oggendgodsdiens is ons weer almal na die dek toe. Ek het verskillende bote op die see gesien. Heel waarskynlik vissersbote. Ek het die oggend aan Kommandant Theunissen ‘n brief geskryf as antwoord op sy brief van die elfde Maart. Die see is vandag baie stil en dit was meer aangenaam op die dek as gewoonlik. Verder het alles soos gewoonik verloop. Wat ons vanoggend besef het is dat die see kalmer is, maar die skip is vir geeen oomblik stil nie, maar het gedurig gewieg. Ek het afgegaan in die skip. Kommandant Maartens was juis besig om uit Luk 9 te lees. Daarna het ons saaam gebid. Wat ‘n voorreg was dit nie my liewe lesers. hierna is ons weer almal na die dek toe. Half een  het daar ‘n boot van die land af na ons skip gekom en  vir ons brood, koffie, suiker en konfyt en rosyne gebring wat deur vriendelike mense uit Goudine vir ons gestuur is. Ons het dit met dankbare harte ontvang. Ek het ook die aand ‘n Kerkbode  gekry wat my seun vir my gestuur het op die twaalfde Maart.

Woensdag, 14 Maart 1900   

Vandag is ek vier maaande van my huis af weg. Ons het op die dek Ps. 44 gelees  en gesing. Ek het Die Kerkbode geneem en het die stuk gelees wat deur Ds. Pearhold geskryf is met die titel “In sware lyding”. Ek het ook die stuk van Ds.  A. Murray  getitel “Oorlogsgedagtes” gelees. Ek kon my hiermee vereenselwig deur te sê: “Ruwe storme breek in woede, alles om my heen is nag. God my God sal my behoede, God hou oor my siel die wag.”

     Vandag het die heer Arnoldie, krygskomommissaris van die krygsgevangenes van Transvaal ons besoek om ons  handtekeninge as ‘n herinnering te gee. Ons het dit vir hom gegee. Ek het het die verkyker van Kommandant Boshoff geneem om op al die skepe te kyk of ek nie dalk kon sien op watter skip my eie manskappe was nie, maar dit was tevergeefs. Tot my teleurstelling kon ek niemand sien nie. Ek het ook die dag iets besonders gesien. Ek het gesien hoedat iemand  in die water induik met ‘n soort van helm op sy kop en ‘n lang pyp om deur asem te haal.

Ek het die dag weer terneergedruk gevoel. Ek het na my binnekamer gegaan en tot die Here gebid. Ek het my Bybel oopgemaak en Ps. 88 (Here, my God wat verlos, bedags roep ek om hulp, snags bly my hulpgeroep voor U.) gelees en ook ‘n gedeelte uit Ps. 89:14 – 19. (U het ‘n magtige  arm ; u hand is sterk, u regterhand is verhewe.) Dit was ‘n troos vir my siel.

Donderdag, 15 Maart 1900

     Vandag het daar weer ‘n skip in Simonsbaai ingekom. Ons het ook die dag gehoor dat Bloemfontein ingeneem is. Dit was nie vir ons goeie nuus nie. Die rooi vlag het ook op verskillende skeppe gewapper.

Vrydag, 16 Maart 1900

     Vanoggend was die wind ontstuimig. Ek het vandag twee briewe gepos. Die een was aan my vrou. Terwyl ons op die dek gesit het, het daar visse gekom wat rondom die skip geswem het. Van die offissiere het hoeke in die water gegooi, Maar dit was tevergeefs. Ek het vergeet dat daar gister ‘n oorlogskip met die naam van Pourville uitgeseil het. Ons het nou koffie gekry in plaas van tee, wat natuurlik vir ons baie lekkerder was. Die aand is ons weer op dek toe. Die wind was baie koud. Ek is kamer toe terwyl die ander offessiere nog op die dek was. Ek het my Bybel gevat en Ps. 94: 12 – 14 gelees om my te bemoedig. (Gelukkig is die mens vir wie U teregwys, Here, vir wie U leer uit u wet, om aan hom verligting te gee in dae van onheil, totdat ‘n graf gegrawe is vir goddeloses.Ja, die Here sal sy volk nie in die steek laat nie; sy erfdeel sal Hy nie laat vaar nie.)

Donderdag,  15 Maart 1900

     Vandag het die Suidewind so gewaai dat niemand dit op die dek gewaag het nie. Ek het nog nooit so ‘n storm belewe vandat ons hier is nie. Vandag het ons ook geen skuite gesien nie.  Ek was alleen in my kamer. Ek het my Bybel geneem. My oog het op Eseg. 12 geval  en ek het gedink oor wat ek gelees het. Dit het by my opgekom dat dit net was wat ons nodig gehad het. Ons kamer is elke dag aan die kant gemaak deur een van die jong krygsgevangenes met die naam van M.J. Willemse, vroeër van Ficksburg. Ons het ons op dié dag afgsonder om saam te bid. Nadat ons saam gebid het, het ons met mekaar gepraat oor ons gevangeneskap. Verskillende mense het saam gepraat. Ons het ons gesprek gestaak toe Kommandant J. Jordaan die vraag gevra het: “Wat moet ons doen om uit hierdie situasie uit te kom?” Die een antwoord was dat dit ons geleer het om weer kinderlik te bid en ‘n tweede antwoord was dat ons met blydskap gevul moes word soos in Ps. 51.

Sondag,  18 Maart 1900

     Vanoggend is ek vroeër na die dek toe as gewoonlik waar dit dié oggend stil was en die lug heerlik was. Ek het ook die oggend van Kommandant Boshoff verneem dat 50 van ons burgers siek was met maagprobleme.

     Ons het weer half tien in die kamer bymekaar gekom vir ons Godsdiensoefening. Kommandant Smit het die verrigtinge ge-open en Gesang 91 laat sing. Hierna het ek in gebed voorgegaan en vervolgens is Rom. 8 (Lewe onder beheer van die Gees) gelees deur Kommandant Smit. Die dankgebed is gedoen deur Kommandant Maartens. Ten slotte het ons Gesang 33 gesing. Hierna is ons almal na die dek toe. My aandag is getrek deur die pragtige sang van ons burgers so oor die oseaan. Ons het saam besluit om elke aand bymekaar te kom vir Godsdiensoefening.

     Ons het ook die dag verneem dat ons weggestuur gaan word na St Helena.  Die vrees en angs was op almal se gesigte merkbaar. Ek is na my binnekamer toe en het tot die Here gebid. Vervolgens het ek my Bybel gevat en Ps. 20 gelees (Mag die Here u antwoord op die dag van benoudheid; Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm – Vs. 1). Ek is weereens vertroos.

Kaptein Schiel  het die dag aan boord gekom. Hy was ‘n krygsgevangene van Elandslaagte by generaal Kock en was Kaptein van die Transvaalse artilirie.

Maandag, 19 Maart 1900

     Vanoggend het niks belangriks gebeur nie. Dit was heerlik op die dek. Die geel vlag is afgehaal  as bewys dat die skip nie meer onder kwarantyn was nie. Dit is jammer dat Kommandant Snyman nou swakker was as wat ‘n mens sou verwag. DIt is nou omtrent half tien en dit het gemisreën en ons kon die land skaars sien. Teen vier uur het ‘n oorlogsskip die hawe van Simonsbaai binnegevaar en het 13 skote met ‘n kanon afgevuur. Hy is beantwoord met 7 skote uit Simonsbaai. Dit het my laat dink aan die kanonvuur by Paardeberg. Teen kwart oor vier het ‘n tweede skip die baai binnegevaar. Die naam van die skip was Roma.

Dinsdag, 20 Maart 1900

     Op die dek het die mense in groepies gesit en gesêls  terwyl ander meul gespeel het om die tyd te verdryf, terwyl ek alleen gesit en skryf het. Ek wou graag besonderhede neerskryf vir die nageslag sodat hulle kon weet wat ons moes verduur in hierdie eeu. Nege uur het ons weer afgegaan om met mekaar saam te bid. Kommandant Maartens het Luk.13: 1 – 13 gelees (‘n Oproep tot bekering, en die gelykenis van die vyeboom en ‘n genesing op die Sabbat.). Hierna het ons saam gebid.

     Die dag het ons vir ons hoeke gekoop en probeer om visse te vang. Dit is ‘n goeie tydverdryf, maar ons het ongelukkig niks gevang nie alhoewel die visse by dosyne rondom die skip geswem het. Teen vyf uur het een van die skepe met van ons burgers aan boord na Kaapstad vertrek.

Woensdag, 21 Maart 1900

     Ek het op die dek gesit en gedink oor wat ons lot as krygsgevangenes sou wees. Ek het daaraan gedink hoe vreemd dit soms met ‘n mens gaan. Ek het gedink aan my een  seun wat nie twee myl van my af was nie, maar ek het hom in vyf maande nog nooit gesien nie. Ek het ook gedink oor  hoeveel gevare nog vir ons voorlê gedurende die oorlog en ek het nie die voorreg gehad om hom te gaan sien nie. Ek het gedink aan die woorde van ons Heiland aan Petrus: “Toe jy jonger was het jy jouself omgord en gegaan waar jy wou, maar wanneer jy oud geword het sal iemand anders jou omgord en jou bring waar jy nie wil wees nie”.

     Ek het nog so gesit en skryf toe ek ‘n Gereformeerde maandblad gekry het wat my seun vir my uit Wellington gestuur het. Gelyktydig het daar ook die berig gekom dat al die Vrystaatse offisiere more aan land sou gaan. Dit was natuurlik groot nuus vir my. Ek het ook die dag ‘n brief van my seun  ontvang wat ook hier in Simonsbaai ‘n krygsgevangene was. Die brief het my weer sterk gemaak.

Donderdag, 22 Maart 1900

     Vanoggend was ek besonder vroeg op die dek. Dit was baie bedrywig, want ons het gister berig ontvan dat ons vandag  aan land sou gaan en dit is waarom ek so vroeg op die dek was om te sien of die boot wat ons  aan land sou neem, nie al naby was nie. Jy kan begryp dat vir my,  wat vir 51 jaar op droë grond deurgebring het en oor my eie liggaam beskik het, dit nou ‘n vreemde ervaring was om my dae hier op ‘n skip deur te bring  waar die hele ruimte  sleg sewentien  treë lank was  en waar jy buitendien deur gewapende wagte opgepas word.  Ja, so gaan dit met ‘n krygsgevangene.

     Ek was een van die eerstes wat die boot sien aankom het om ons af te haal. Dit het egter vir my gelyk of hulle  met die boot getalm het. Die lankverwagte tyd het aangebreek en ons het vyf minute oor twaalf van die skip af vertrek. Toe ons by die kamp kom was daar groot blydskap toe ons Kommandant Theunissen en sy manskappe hier ontmoet het. Dit was lekker om met mekaar te gesêls. Ek het ook hier my seun en my broer raakgeloop wat ek vyf maande laas gesien het. Ons het hier ook ‘n krygsgevangene, F. Pieterse van Belmont en sy manne ontmoet. Ek  het hier ook drie krygsgevangenes  van Rooilaagte raakgeloop wat van my burgers was. Dit was jammer dat my broer en my seun en baie van my vriende dieselfde dag nog na Groenpunt vertrek het. Hieroor was ek baie hartseer. In sulke omstandighede kan ‘n mens eers besef wat dit beteken om vry te wees. Baie van my vriende het nog agtergebly. Van my burgers het ek op die dag nog niks verneem nie.

Vrydag, 23 Maart  1900    

Vanoggend het ek baie van my vriende gaan besoek, veral die vriende wat uit Natal gekom het van die Winburg Kommando. Ongeveer half elf het hulle al die tente afgebreek. Die rede hiervoor was dat van die krygsgevangenes wou ontsnap deur ‘n tonnel in een van die tente te grawe. Dit was al 86 voet toe dit ontdek is.  Dit was die rede vir hierdie optrede.

     Kwart oor drie het die beuel geblaas. Hulle het ons laat aantree en hulle het almal wat in die tent gewoon het, voor die tent laat aantree om getel te word . Majoor Albrecht het ook weer by ons aangesluit. Ons het hom op die Mongolion agtergelaat.

Saterdag, 24 Maart 1900

     Vandag was ek en Kommandant Jordaan albei siek. Ons het altwee verkoue gehad. Ek het die dag ook ‘n brief van my vriend, W. Marais, van die Paarl ontvang. Hy het geskryf dat hy vir my en Kommandant Jordaan elkeen ‘n kussing en ‘n broek gestuur het as geskenke. Ons het dit baie nodig gehad en het met groot afwagting daarna uitgesien.

Sondag , 25 Maart 1900

     Ds. Van Blerk het ons vandag  nege uur in die kamp besoek om vir ons ‘n diens te hou. Ons het vooraf Ps. 146: 3, 6  gesing. Vervolgens het hy Lukas 23 gelees en ons het Ps,  84: 6 gesing. Hy het as teks Luk.  23: 18 gebruik (Maar hulle het almal saam geskreeu: “Weg met Hom! Laat Barabbas vir ons vry!)  en ten slotte het ons Gesang 120: 2, 3 gesing. Dit was vir ons almal tot groot seën. Dié middag het dit begin reën sodat  ons nie in die kamp kon rondbeweeg nie.

Maandag, 26 Maart 1900

     Vandag voel ek baie siek. Ek het gesien dat Kommandant Jordaan masels het aangesien hy rooi uitgeslaan was.

     ‘n Paar dinge kan ek nie ongenoemd laat verbygaan nie. Terwyl daar in die een tent godsdiens gehou is, is daar in die ander tent kaart gespeel is. Dit was natuurlik nie lekker vir iemand wat in die tyd wou stil wees nie. Kwart oor agt die aand was daar iemand  in die tent langs ons besig om musiek te speel. Kommandant Jordaan het my gevra om hulle beleefd te gaan vra om op te hou om musiek te speel. Ek het dit gedoen, maar dit het niks gebaat nie. Die musiek het aangegaan en hulle het nie soos krygsgevangenes opgetree nie.

Dinsdag, 27 Maart 1900

     Kommandant Jordaan is vandag hospitaal toe geneem. Ek pos ook die dag ‘n brief aan my vrou. Verder het alles maar hulle gewone gang gegaan. Teen sononder is ek na die hospitaal toe om Kommandant Jordaan te besoek. Ek het teruggekom met gemengde gevoelens en ek het naby ‘n klompie burgers gaan staan wat met hulle Bybels en Gesangeboeke gestaan het. Ek het saam met hulle gegaan en gehoor dat hulle ‘n Christelike Jongelinge vereniging gestig het en dat hulle oor die onderwerp “Geloof” gaan praat. Ek het tot met die einde van die byeenkoms daar gebly en het ook kennis gemaak met ‘n jong man met die van Schoeman. Hy was die stigter van die vereninging en ek was verbaas en getref om so baie jongelinge te hoor bid. Hulle het ernstig gebid dat ons in hierdie beproewing in ons geloof versterk  moes word.

Donderdag, 29 Maart 1900

     Vanoggend het ons ontdek dat Kommandant Boshoff ook masels het. Vandag het ek ook by een van die krygsgevangenes, ene Marthinus van Rensburg, wat vandag hier ingekom het, gehoor dat My swaer, Hans Naude, op die 24ste gesneuwel het. Dit was vir my  ontstellende nuus.

Vrydag, 30 Maart 1900

Ons het op die 30ste berig ontvang dat Generaal Joubert oorlede is.

     Ek het vanoggend een van my vriende gaan besoek. Ek is ook hospitaal toe om almal wat masels het te gaan besoek. Ek het gehoor dat hulle almal beter is. Ook Kommandant Boshoff was baie beter. Ek het ook weer die jong man, Schoeman,  raakgeloop en ons het ‘n heerlike gesprek gehad oor wat ons roeping as Christene was. Ek het fouteer met die datum. Dit was vandag die 31 ste en nie die 30  nie.

Sondag, 1 April 1900

   Teen nege-uur het Ds. Neethling van Stellenbosch ‘n diens gehou. Hy het Ps. 68: 10 laat sing en toe Matt. 26 gelees. Hierna het ons weer Ps. 25: 6 gesing. Sy teks was Matt. 26: 58 oor Petrus. (Petrus het Hom op ‘n afstand gevolg, tot in die voorhof van die hoëpriester . Hy het na binne gegaan en by die dienspersoneel gaan sit om te sien hoe dit gaan afloop.) Ten slotte het ons Ps. 118: 13 gesing. Die diens was vir ons ‘n groot seën. Na die diens het ons by mekaar gekom en gepraat oor wat ons te doen staan. Ons het toe besluit om elke aand ‘n diens in die opelug te hou om sodoende die burgers van hulle ydelhede weg te hou. Ons het almal benoem wat sou voorgaan. Ek het die diens vir die aand gehou. Ek het 1 Korintiers gelees in die diens wat deur baie, ten minste  300 mense, bygewoon is. Die lieflike sang was baie bemoedigend.

Maandag, 2 April 1900

     Die oggend het een van my vriende vir my vertel van ‘n droom wat hy gehad het. Hy het gedroom hy was aan die anderkant van die see  en is daar op ‘n skip gelaai is. Aan die anderkant van die see het ‘n helder lig geskyn waarheen hulle hom geneem het. Hy het vertel dat die reis ‘n hele dag geduur het. Hulle het hom van die skip afgelaai en hom op ‘n trein gesit en het hom  teruggeneem na sy huis. Die reis het die hele dag geduur. Hy het eerste sy vrou ontmoet. Sy was swart aangetrek. Hy was ontsteld toe hy wakker word en het die Here gevra om hom uit sy Woord te troos. Hy het sy Bybel oopgemaak en sy oog het geval op Esegiël 39 en is daardeur vertroos.

     Ons het die aand ook opdrag gekry om op Dinsdag, 3 April na Groenpunt te gaan waar al die ander burgers is.

Dinsdag, 3 April 1900

     Ons was  agt uur almal gereed, en ons het half nege te voet vertrek deur Simonstad met ons bagasie op die rug. Ons was nege-uur op die spoorwegstasie. Dit was maar moeilik om die ent te loop en die swaar vrag  te dra. Gewapende manne was ronom en ook tussen ons. Baie van die mense van Simonstad het voor hulle deure gestaan om na ons te kyk, maar dit het gelyk of daar niemand was wat met ons simpatie gehad het nie. Met agt mense in elke kompartement het ons half tien in Kaapstad aangekom en moes toe weer aan boord gaan  na Groenpunt. Dit was groot blydskap om mekaar weer te sien. Ek het my burgers ‘n maand laas gesien. Half drie het ons saam met ‘n klompie vriende bymekaar gekom om die Here te dank. Ons was nog nie klaar nie, toe het Ds. du Plessis hier aangekom en het en vir ons ‘n diens gehou het. Hy het gepraat oor die woorde: “Wees geduldig in die verdrukking, volhard in die gebed.” Dit was vir ons tot groot seën. Die aaand het ons weer bymekaar gekom vir Godsdiens. Dit is gelei deur broer Bert Wessels. Ook hierdie byeenkoms is goed bygewoon.

Woensdag , 4 April 1900

     Om tien uur is daar weer ‘n byeenkoms vir jong mense gehou deur die broer, Jan Cronjé. Ons het ook besluit om elke eerste Woensdag van die maand om twee uur ‘n biduur te hou. Ek het hierdie biduur afgesluit. Op die dag het iemand my vertel van die laaste woorde van ‘n sterwende burger. Hy het volgens broer Hennie gesê: “Sê tog aan my pa dat as ek aan hom ‘n druppeltjie water kon gee, sou ek bly gewees het, maar sê tog aan hom dat ons almal weet hoe ons op die aarde moet lewe. Hulle moet tog so lewe. Ek is swak en die Here  Jesus wag op ons almal.” Na enkele sekondes is hy oorlede.

Donderdag, 05 April 1900

     Die gewone Godsdiens is gereeld gehou.  Om half tien het ons saam met ‘n paar vriende  bymekaar gekom vir Biduur. Ons was nognie klaar nie, toe het daar  leraars  van ons kerk in ons kamp ingekom, Ds. McGregor, Ds. de Beer en Ds. Alheit. Ds. Mc Gregor het met ons gepraat oor die woorde: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee. Dit was vir ons soos koue water op ‘n vermoeide siel. Daarna het Ds. De Beer enkele woorde gesê wat vir ons tot groot troos was: “Verheerlik die Here in die valleie.”

     Die aand het ons weer diens in die buitelug gehad gelei deur ‘n jong man, Fourie. Hy het met ons gepraat oor die besluit van die verlore seun wat nie net ‘n besluit geneem het nie, maar dit ook uitgevoer het.

Vrydag, 06 April 1900

     Vanoggend het ek siek wakker geword met ‘n erge hoofpyn. Die middag het Ds. Alheit in ons kamp gekom en aangekondig dat daar ‘n begrafnisdiens gehou sal word, waartydens  7 van ons burgers, wat aan koors oorlede is,  begrawe sal word. Hy het gepreek uit Ps. 39: “Ons is gaste en vreemdelinge op aarde.

Saterdag, 07 April 1900

     Ek het vanoggend baie beter gevoel en het ‘n paar vriende gaan besoek. Koors het in die kamp gewoed. Ek het vir my brood gaan koop aangesien die brood wat hulle vir ons gege het nie met my maag ge-akkodeer het nie. Ek het nooit tevore sulke growwe brood geëet nie en dan was dit nog swak gebak ook. Terwyl ek geëet het, is beskuit en koek aan ons uitgedeel. Dit is natuurlik deur vriendelike hande aan ons gestuur. ‘n Paar sigare is ook uitgedeel.

Sondag, 08 April 1900

     Dit was ‘n lieflike dag. Teen tien uur het Ds. Alheit ‘n diens kom hou en hy het as teks gebruik Luk. 23: 26. (“Toe die soldate Jesus weglei, het hulle ‘n sekere Simon van Sirene gegryp wat van die platteland af gekom het. Hulle het die kruis op sy rug gesit om dit agter Jesus aan te dra.”)  Ek ‘n paar siekes gaan besoek. Ds. Alheit het ook twee uur ‘n katkisasieklas aangebied wat goed bygewoon is. Teen drie uur het hy weer met ‘n middagdiens begin en gebruik as teks Gen. 28:19 – “Hy het die naam van die plek Bethel genoem.”

     Daar is ook die dag 29 burgers wat die koors gehad het met draagbare weggedra.

Maandag, 09 April 1900

     Vanoggend is nog van ons burgers op draagbare uit die kamp uitgedra na die hospitaal toe. Daar het die middag ook weer krygsgevangenes aangekom, waaronder ook een van my eie burgers, C. Nel. Ek het ook van een van hulle verneem dat een van my veldkornette, Japie van der Merwe, swaar gewond is. Daar is ook weer ‘n diens gehou vir Eben de Villiers van Ladybrand wat die middag begrawe sou word. Hy was die broer van Kommandant De Villiers van Ficksburg. Ds. Du Plessis het gepreek oor die woord: “Here as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.” Dieselfde aand het ek gehoor dat my broer of my seun gesneuwel het. Dit het my natuurlik baie ontstel.

Dinsdag, 10 April 1900

     Ds. Du Plessi het die middag gekom en het ‘n diens vir die burgers gehou. Hy het gepreek oor Jes. 23:10. (Bewerk jou grond soos by die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen skeepswerf meer nie.”

Woensdag, 11 April 1900

     Vandag was ‘n lekker stil dag en niks van belang het gebeur nie. 

Donderdag, 12 April 1900

     Teen half vier het Ds. Du Plessis vir ons ‘n diens kom hou. Hy het Ges. 43: 1 laat sing en het as teks gebruik Joh. 8: 54. (Jesus het geantwoord: “As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks werd nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, Hy van wie julle sê: ‘Hy is ons God’”.)

Vrydag, 13 April 1900

     Vandag was Goeie Vrydag. Ek het vandag weer ‘n brief aan my liewe vrou gepos. Die burgers het heen en weer geloop elkeen besig met hulle eie dinge. ‘n Orkes het om die kamp geloop en speel. Die liewe Here skenk elke dag aan ons genade, anders was daar vir ons gevaar. Hier was soveel dinge wat ons aandag kon aftrek. Daar word elke dag siekes uit die kamp uitgedra.

Saterdag, 14 April 1900

     Vandag was ek 5 maande van die huis af weg. Ek het vriende gaan besoek en kom in my tent en lees uit die dierbare Woord van die Here Gen. 28: 15. (Kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou beskerm oral waar jy gaan. Ek sal jou laat terugkeer na hierdie land, want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek geoen het wat Ek jou beloof het)  Dit het my baie verkwik. Ek het ook vandag die droewige tyding ontvang dat een van my burgers, die jong man, Wybrand Geldenhuys, wat enkele weke gelede hospitaal toe gestuur is, oorlede is. Die Here self sal sy treurende moeder vertroos. Hulle sal almal in vrede rus.

Sondag, 15 April 1900

     Vandag is Sondag en dit het so gereën dat baie min hulle tente kon verlaat tensy dit baie dringend was. Dit was ‘n goeie geleentheid vir stille oordenking, Ges. 25: 5.

Maandag, 16 April 1900      

     Vanoggend was dit baie mistig. Byna elke oggend is dit mistig. Ek het vandag ons siekes in die hospitaal gaan besoek. Ek het gehoor dat daar ongeveer 50 in die hospitaal was, behalwe die wat in die kamp siek was en  by wie ek natuurlik nie kon kom nie. Vandag het hier weer krygsgevangenes aangekom waaronder  ene Coleman  van Bloemfontein. Namiddag is daar weer een van ons oorledenes uitgedra –  ‘n Jong man, Brits, van  Bloemfontein didtrik. 

     Ek het met ‘n paar vriende gesit en gesêls. Ek het buite ons kamp honderde mans en vroue gesien wat hulle besig gehou het met vermaaklikheid terwyl ‘n orkes gespeel het.

Dinsdag, 17 April 1900

     Ek het vandag niks gehad om neer te skryf nie. Ds. Alheit van Bloemfontein het ons die dag weer besoek. Daar is ook vandag weer mandjies druiwe gebring wat deur goedgesinde vriende in die Kolonie vir ons gestuur is.

Woensdag, 18 April 1900

     Dit is ‘n heerlike stil dag en daar is ook geen mis nie. In die namiddag het Ds. Alheit vir ons ‘n diens gehou. Ons het vooraf Ps. 42: 3, 5  gesing. Dit was pragtig om na die burgers te luister wat  uit volle bors gesing het. Hierna het hy uit Joh. 20 gelees en sy teks was vers 19:  “Vrede vir julle.” Vervolgens het ons Ges. 28:5 gesing en toe afgesluit met Ges 28: 1 – 7 en 9.

Donderdag 19 April 1900

     Voor ek verder gaan met my dagboek, wil ek eers die name noem van diegene wat saam met my krygsgevangenes was. Dit was die burgers wat in my afdeling was:

Veldkornet Izak Cronjé,  Johannes van Wyk, Jan Kriek, C. Henning, Frans Claasen, M. Ferreira, Gert Nel, Gideon Kok, Wijbrand Geldenhuys, Jan van Rooyen, Jan Meyer, J. Claasen, D. Maree, G.J. Beukes, B. Rautenbach, Hermanus le Roux, Johannes Maree, Jac Viviers, A. Delport, Jan Truter, Joh. Paker, Willem Nel en  G. Croezen.

     Van die wyk Onder-Wittenerg was daar Powell Maarten, V.KW.H. Sevenster, F.J. Smit, C.R. Bester, H.J. van der Merwe, I.W. Wentzel, J.J. Grobbelaar (jr), Pieter Bouwer, P.D. Marx, Ernst Sevenster, Johannes Venter, Rudolph Pretorius, Piet Wessels, A.J. Joubert, Thobias de Bruin, C. Le Roux, Petrus du Plooy, George Kleinhans, Pieter Human (Sr) en Jacobus Scheepers (later oorlede),

     Van die wyk Sandrivier was daar W.S. Breedt (Waarnemende veldkornet), L.A. de Beer, J.J. De Jager, D.D. Erasmus, J.J. de Beer, J.B. le Roux, G.M. Ferreira, A.G.Herbst, P.A. Venter, J.A. van der Linde, F.A. Coetzee, Gert Vogel, H. Stander, P. Erasmus, L. Vorster en W van der Geeft.

Van die dorp Winburg was daar A.S. Osch, Jan Mynard en Antonie Weber.

     Terwyl ek nog besig was om die name van my burgers in te vul, het ek die harde geluid gehoor van beuels wat in ons kamp speel. Ek het uit my tent uitgegaan en die troepe gesien marsjeer. In die namiddag het Ds. Alheit  ingekom en het vier uur ‘n lyksdiens gehou. Hy het gepreek uit Ps. 39: 5 (Here, maak my einde aan my bekenden die getal van my dae, hoeveel dit is) en Joh. 20 vanaf vers 11 (Jesus se verskyning aan Maria Magdalena). Die  plek wat ons gehad het vir Godsdiensoefening kon ten minste 600 mense huisves.  Dit was ons ‘n groot troos dat ons afgestorwenes in ordentlike kiste begrawe is.

Vrydag 20 April 1900

     Vanoggend was dit weer mistig en iets besonders het my aandag getrek. Ek het in die kamp rondgeloop en  by die kookplek gekom. Ek het ten minste 200 mans gesien wat besig was met hulle wek. Sommiges was by die potte en ander het hout gekap. Ek het gedink dat, na dese, elkeen van hulle hulle vrouens weer meer sal waardeer.

     Die orkes het weer gespeel terwyl hulle verby ons kamp is. In die middag het ons weer ‘n biduur gehad. Ek het met die mense gepraat oor die belangrikheid dat ons spesiaal vir vrede moes bid. Ons het besluit om, soos die Here wil,  dit môre om half drie as onderwerp te behandel.

Saterdag, 21 April 1900

     Alles het hulle gewone gang gegaan. In die namiddag het ons  toe ons biduur gehou en dit is deur Ds. Alheit gehou met bogenoemde as onderwerp. Daar is gelees uit Ps 66: 8. (Prys ons God, volke; laat die klank van sy loflied opklink)

     Daar het op die dag weer ‘n klomp Transvaalse burgers van Simonsbaai af aangekom.

Sondag, 22 April 1900

     Tien uur het Ds. Botha van Swellendam en Ds. Alheit na ons kamp gekom. Ds. Botha het vir ons  die groete van die gemeente Swellendam oorgedra. Hy het die woorde van ‘n broeder van Swellendam aangehaal: “Hou goeie moed. Die Here is met u.” Hierdie woorde het ‘n traan uit baie oë laat vloei. Ds. Botha het vervolgens gepreek uit Matt. 28: 5.(Toe antwoord die engel die vroue en sê: “Moenie langer bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus, die gekruisigde.)  Na afloop van die diens het Ds. Alheit namens ons krygsgevangenes ‘n woord van dank gespreek vir die broederlike groete uit Swellendam. In die namiddag het Ds. Alheit weer opgetree en gepreek uit Joh. 21: 7. (Daarop sêdie dissipel, die een vir Jesus liefgehad het, vir Petrus: ”Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bokleed omgebind – want sy bolyf was kaal – en in die see gespring”) Na die diens het ons kennis gekry dat ons môre afgeneem sou word.

Maandag, 23 April 1900

     Vanoggend het niks van belang gebeur nie. Teen elf uur is ons aangesê om te kom  om afgeneem te word, ses bymekaar. Ook moes ons name weer opgeskryf word met ons ouderdomme en daar is ook weer deeglik aantekening gemaak oor ons voorkoms: Hoe groot ons is, en hoe ons lyk.

Dinsdag, 24 April 1900

     Vanoggend het daar ‘n broer uit die gemeente Jacobsdal in ons tente ingekom. Hy het my vertel dat die gewoonte hier is dat die wagte rondom die kamp ‘n wagwoord het. Dit het begin by nommer een en so het elke wag dit beantwoord. Die ou broeder is daarvoor gestraf. Ons het met ons vriende gepraat oor die waarheid wat hierin opgesluit is. Die vraag het ook by ons opgekom: “Gaan dit goed met jou? Ook ek word weer by herhaling aan die woord herinner. Mag elkeen in ons kamp hulleself hierdie vraag afvra: “Gaan dit goed?”

     Ek het ook die dag van my seun in Wellington ‘n trommel ontvang vir my klere. Die trommel was ook volgepak  met klere, hoede en pette en hemde vir die burgers. Ek het dit namens hulle met groot dank ontvang vir die edele weldaad.

Woensdag,  25  April 1900

     Vandag het niks besonders gebeur nie. Ek het weer twee kiste  met goed van my seun in Wellington ontvang. Dit is natuurlik aan hom geskenk deur liewe vriende. Die liewe Here sal hulle vergeld vir hierdie weldaad. In die namiddag het Ds. Alheit weer hier opgetree en het gepreek oor Joh. 21: 15. (Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy my baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U lief het.”) Dit was vir ons tot groot seën.

     Dié middag het daar weer ‘n paar krygsgevangenes in ons kamp aangkom waaronder ook die baie geliefde Jan Richter uit die Bloemfonteindistrik.

Donderdag,  26 April 1900

     Ook vandag het niks van enige belang gebeur nie. Die burgers het net heen en weer geloop.

Vrydag, 27 April 1900

     Ook vandag het niks belangrik gebeur nie.  

Saterdag, 28 April 1900

     Ook vandag het niks van belang gebeur nie.  Ek het nagedink oor ons gevangeskap en die vraag het by my opgekom: “Sou dit vir elkeen wat hier in die kamp is ‘n saak van erns wees?” Indien dit so is, hoop ek dat ons na ons gevangeskap tot seën sal wees tot in die verre toekoms vir ons nageslag. Mag dit met ons so wees as die dag van verlossing aanbreek, dat ons dan soos goud sal wees wat uit die vuur kom.

     Die middag het Ds. Alheit weer na ons kamp gekom en bekend gemaak dat daar weer twee van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Hy het met ons gepraat oor die woorde in Joh. 21: 19. (Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir Petrus: “Volg My!”)  Ek was die dag bewoë in my siel en het nagedink oor ons lotgevalle by Paardeberg en hoe wonderbaarlik die Here ons gered het en langs watter weë die Here ons gelei het. Ek het ook gedink oor hoeveel van ons burgers al oorlede is en ek het gedink  oor die verlangende hart waarmee die familie uitgesien het na die terugkoms van hulle vriende en hoe hartverskeurend dit sal wees om te hoor dat hulle nie meer lewe nie. Maar laat ons nou die hand op die mond lê en sê: “Wat U doen liewe Here is alles wys en goed   en wat Ek nou doen verstaan julle nie, maar julle sal dit hierna verstaan.”

     Ek het ook die dag ‘n wonderlike geskenk ontvan – ‘n kas met baie lekkernye. Beskuit en baie ander van Jan G. Le Roux van Vinkrivier in Robbertson. Mag die Here ook hierdie weldaad seën. Dit is alles vir ons ‘n soete druppel in die skool van beproewing.

Sondag, 29 April 1900

     Ds. du Toit het vanoggend saam met Ds. Alheit na ons kamp gekom. Hy is die leraar van Prins Albert. Hy het die oggend gepreek oor 1 Sam. 30: 6 waar gesê word dat Dawid sy krag gevind het by die Here sy God. Ook hierdie diens was vir ons tot ‘n groot seën. Aan die einde van die diens het Ds.  du Toit ook aan ons die broederlike groete van die gemeente in Prins Albert aan ons oorgedra met die versekering dat hulle vir ons bid. Hoe verkwikkend was dit nie vir ons krygsgevangenes nie om te weet dat ander saam met ons die liewe Here aanroep soos ‘n waterstroom en die liewe Here gee op sy tyd die lankverwagte verlossing. Ook hierdie broederlike groete was vir ons tot ‘n groot troos in die skool van beproewing. Ds. Alheit het die middag gepreek oor Matt. 14: 12. (Sy dissipels het gekom, die liggaam geneem en hom begrawe; daarna het hulle dit vir Jesus gaan vertel.)

Maandag, 30  April 1900

    ‘n Heerlike stil dag. Vanoggend het ek berig ontvang dat een van my burgers, die jong man, Barend Rautenbach, in die hospitaal oorlede is. Vir enkele dae gelede was hy nog gesond en nou is hy nie meer by ons nie. Dit was vir ons almal ‘n roepstem: ”Maak jou gereed om jou God te ontmoet.” Mag die liewe Here ook sy dierbare ouers vertroos.

     Die aand het ons weer ons gewone diens in die opelug gehad op drie verskillende plekke. ‘n Onvergeetlike ramp het by een van die byeenkomste gebeur. ‘n Jong man van die gemeente Ficksburg, Phillip Cronjé, wat die byeenkoms gelei het, is deur een van die wagte geskiet terwyl hulle juis die pragtige lied uit die Kinderharp  gesing het (Lied 101)  – “Die Gees stry, o sondaar, en soek jou behoud. Hy klop aan jou hart nog so hard en so koud.” Dit was vir ons almal ‘n treurige gebeurtenis, aangesien die jong man by almal geag en geliefd was en geestelik baie vir die jongeres beteken het. Hy is nog dieselfde aand uitgedra na die hospitaal. Ons hoop sy wond was nie dodelik nie. Die jongelinge se godsdiensoefening is natuurlik nie voortgesit nie.

Dinsdag, 01 Mei 1900

     Vanoggend het ons die boodskap gekry dat die jongeling Cronje, wat gisteraand geskiet is, aan sy wond oorlede is. Mag die liewe Vader sy familiebetrekkinge en sy ouers vertroos. Daar is ook ‘n brief aan die outoriteite geskryf oor die saak. Daar is geld gekollekteer om blomme op sy kis te sit. Dit was ‘n bewys dat hierdie jong man geliefd was. Sy son het onder gegaan terwyl dit nog dag was.

     In die middag het Ds. Alheit na die kamp toe gekom en bekend gemaak dat nog twee van ons burgers in die hospitaal oorlede is en dat daar teen drie uur ‘n roudiens gehou sal word en dat die drie liggame te ruste gelê gaan word. Die jong man, Cronjé was een van hulle. Ds. Alheit het aan ons vertel hoe ‘n hegte verhouding hy met Cronje gehad het aangesien hy hom in Colesberg gedoop het en hoe hy hom daarna aangeneem het. Ds. Alheit het gepreek oor Openbaringe 2: 10, die laaste gedeelte van die vers. (Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal  aan jou die oorwinnaarskrans van die lewe gee)  Het hy daarop gewys dat die jong man werksaam was in diens van die Here todat hy geskiet is en dus was die jong broer getrou tot die dood en dat sy siel in vrede rus.

Woensdag, 02 Mei 1900

     Vanoggend is ek na die wasplek van die burgers. Ek het gesien hoe 62 van hulle besig was om hulle klere te was. Ek het gesien hoedat hulle een na die ander by die kraan gaan sit en hoe hulle met liefde en verdraagsaamheid hulle beurt afwag. Sommige het gelyk of hulle baie onhandig was met die was van hulle klere.

Donderdag, 03 Mei 1900

     Vanoggend was ek siek. Daar het ‘n Dr.gekom. Het het hom vertel dat ek nie goed voel nie. Hy het gesê dat ek môreoggend 10:00 na die Dokter toe moet kom. Ons moes ook die oggend weer ons tente afbreek. Ons moes die plankvloere uit ons tente uithaal, want dan word die plekke droog waar die tente gestaan het. Dit was goed vir ons geondheid. Die plankvloere is skoon gewas.

     Die middag het Ds. Alheit ons weer besoek om te sê dat een van die burgers weer in die hospitaal oorlede is en ons is bymekaar geroep vir die begrafnisdiens. Ds Alheit het oor Ps. 90: 10 gepreek en klem gelê daarop dat jou werke aan jou kragte gesien moet word. (Die dae van ons lewensjare – dit is maar sewentig jaar , en as die krag daar is, tagtig jaar.En die beste daarvan is is vol moeite en rampe; ja dit gaan gou verby.) Ek het ook die dag ‘n telegram van Ds. Marquard  ontvang.

Vrydag 4 Mei 1900

     Vanoggend het ek vroeg uitgegaan om my te gaan was aangesien ek gister ongesteld was en wou graag in die vroeë oggendlug wees. Vanoggend het die sing van Ges. 83: 6 my aandag getrek: “Wil u ter eer, steeds meer en meer geloof in ons versterk”. Dit was vir my asof elkeen wat daar was so ‘n behoefte daaraan het.

Saterdag, 5 Mei 1900

     Niks belangrik het vandag gebeur nie. Daar het die middag weer krygsgevangenes aangekom. Hulle is  deur hulle vriende omring, want elkeen wou nuus van die huis af hoor.

Sondag, 6 Mei 1900

     Vandag was ‘n heerlike aangename dag. Ds. Alheit het die oggend by ons opgetree. Ons het  vooraf Ps. 42: 3 en 5 gesing en hy het gepreek uit 2 Korintiers 5: 7 – “Want ons lewe deur geloof en nie deur aanskoue nie.” Hy het vervolgens daarop gewys hoe dat Abraham , toe hy die opdrag gekry het om sy seun, Isak, te gaan offer, hy  nie  aan sy geliefde Sara vertel het wat hy gaan doen nie. Ook nie aan sy diensknegte nie en ook nie aan sy seun nie. Dit was vir ons tot groot seën.

     Die middag het hy gepreek oor Eks 15: 26 – “Die Here is julle meester”. Dit was vir ons as gevangenes lekker om die blye boodskap van die Evangelie te hoor. Waarlik, ons kon uitroep: “Hoe sal ek die Here vergeld vir al sy weldade aan my ?” Ons het ook die dag gehoor van ons Transvaalse broeders en Generaal Cronjé van Bethlehem. Ons was bly om te hoor dat dit met hulle almal goed gaan. Vandag word ook weer een van ons burgers begrawe, die jong man, Jaap Viljoen. Hy was een van van Kommandant Theunissen se manskappe.

Maandag, 7 Mei 1900

     Niks besonders nie. Alles gaan hulle gewone gang.

Dinsdag, 8 Mei 1900    

     Vandag het ons berig gekry dat die Engelse in Winburg is. Dit was nie vir ons goeie nuus nie. Vandag was ek ook weer siek met ‘n swaar verkoue. Ek het besef dat hierdie plek nie vir my gesond was nie. Dit was hier te klam. Mag die Here ons gou verlos uit hierdie ballingskap.

Woensdag, 9 Mei 1900

     Vanoggend is ek weer effens beter. Alles gaan maar  hulle gewone gang. Vanmiddag het Ds. Alheit weer gekom om vir ons ‘n diens te hou. Hy preek oor 2 Thes. 3: 1 – Broeders laat die Woord sy vrye loop neem. (Ten slotte, broers, bid vir ons , dat die woord van die Here, vinnig sy loop sal neem, en net soos by julle geprys sal word.”)  Hy het vervolgens daarop gewys hoedat elke gelowige moet saamwerk om die Woord sy vrye loop te laat neem.

Donderdag, 10 Mei 1900    

     Vandag was ek nog ongesteld. Dit lyk vir my of hierdie plek nie vir my gesonheid goed is nie. Vandag het ek vir die eerste keer berig ontvang dat my goeie vrou ‘n brief van my ontvang het. Ek is bly dat sy nou weet waar ek my bevind.

Vrydag, 11 Mei 1900

     Vanoggend word al die tente weer deur die burgers afgeslaan om die staanplekke te laat droog word. Dit is lastig, maar tog goed vir die gesondheid. ‘n Erge verkoue heers nou hier onder die burgers.

Saterdag, 12 Mei 1900

     Vanoggend is hier nie veel te sê nie. Daar word baie gepraat oor dierbares en vriende. Dit is maar die gesprek van elke dag en aangesien ek nog niks van my dierbare vrou en kinders gehoor het nie, het ek ‘n telegram gestuur. Ek het gehoor dat die telegramverbindings weer oop is. Ek het ook vandag ‘n brief van my vrou gekry. Dit was goed om iets van haar te hoor. 

Sondag, 13 Mei 1900

     Daar het vandag weer 35 van ons burgers aangekom waaronder die baie geliefde Gingenatus de Bruin,  en ook die ou vader Hendrik van Wyk van Winburg. Hulle was almla uit die distrik van Winburg. Almal van hulle was krygsgevangenes. Teen half elf het Ds. Alheit ‘n diens gehou. Die oggend het hy as teks gebruik Jes 21: 11 en 12 –“Wagter, hoe lank is dit nog nag? Die wagter het geantwoord: Die oggendstond het gekom, maar ook weer die nag.”

Hierdie diens was vir ons tot groot seën.

     Die middag het Ds. Alheit  gepreek oor Heb. 4: 9 – “Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die Volk van God.”  Aangesien daar weer ‘n groep van die Transvaalse burgers teruggestuur gaan word na Simonsbaai, was die preek veral aan hulle gerig. As afskeidswoord aan hulle het Ds. Alheit ook  ‘n brief voorgelees van Ds. Albertyn van St. Helena waarin hy gesê het dat dit met ons gevangenes wat daar is, nog goed gaan. Ons het ook weer iets van Generaal Cronje gehoor en dit was vir ons almal ‘n troos dat dit met hom beter gaan.

Maandag, 14 Mei 1900

     Vandag is ek 11 maande lank weg van my huis af en die laaste tyding wat ek van my dierbares gehoor het, was op 18 Februarie. Ons almal besef dat, as die Here ons nie die krag gee nie, dit vir vlees en bloed maar moeilik is om so in ballingskap te lewe. Maar die Here is getrou en in sy lig sien ons die lig. Daarom sal ons swyg in die wete dat alles vir ons tot voordeel wees.

Dinsdag 15 Mei 1900

     Vandag het niks van belang gebeur nie. Die Vrystaatse burgers begin nou briewe van hulle huise af kry. Ek het tot op datum nog niks gekry nie. Ek verlang na nuus van my mense.

Woensdag, 16 Mei 1900

     Dit het anoggend begin reën en niemand het hulle tente verlaat tensy dit dringend was nie.  Na die reën het ek een  van my vriende gaan besoek. Hy het aan my ‘n blaadjie gewys uit die Sionsbank wat reeds op die 27 Februarie gedateer is. Dit is deur sy vrou aan hom gestuur. Die teks op die blaadjie was Ps 112: 7. (Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig  in vertroue op die Here.”) Ek was diep getref by die lees hiervan aangesien dit juis die datum was wat ek saam met Generaal Cronje en die burgers krygsgevange geneem is.

Donderdag, 17 Mei 1900

     Die gesêlskap gaan maar elke dag oor die oorlog en oor vrede. Almal het uitgesien na vrede, maar in ons kamp het dit meer daaroor gegaan dat  dit tot beswil van siele te wees. Katkisasie en Jongelingeverenigings en bidure in verskeie tente. Dit neem egter nie weg dat daar ydelheid ook voorgekom het nie.  Ons het ook maar min nuus ontvang. Die enigste koerant wat ons ontvang het was die Cape Times.

Vrydag, 18 Mei 1900

Vanoggend het dit weer gereën en deur die dag was daar misreën. Ek wil ook graag die name neerskryf van burgers wat gesterf het terwyl ons hier in Groenpunt aangehou is.

  1. Hercules P. Smit, Hoopstad, (30), oorlede 25 Maart.
  2. Gert Viljoen, Winburg, (46), oorlede 26 Maart
  3. Leonard F. Haasbroek, De Wetsdorp, (22), oorlede 27 Maart
  4. Stephanus J. Naude, Hoopstad, (21), oorlede 31 Maart

Later is nog te Groenpunt oorlede:

  1. L. D. Muller, Ladybrand, (23), oorlede, 02 Junie
  2. D. J. Kleingeld, Boshoff, (24), oorlede, 02 Junie
  3. Wynand Marthinus Pretorius, Hoopstad,(44), oorlede, 05 Junie
  4. Johannes Jurgens van Staden, De Wetsdorp (30), oorlede, 6 Junie
  5. Johannes Stephanus Maartins, Winburg, (28), oorlede, 10 Junie
  6. Petrus Johannes Esterhuisen, Hoopstad, (23), oorlede, 11 Junie
  7. Jacobus Paulus Scheepers, Senekal, (17), oorlede, 31 Maart
  8. Andries Henry Wessels, Hoopstad, (23), oorlede,  1 April
  9. B.J.J. van Vuuren, Bloemfontein, (20), oorlede, 1 April
  10. Lourens Petrus le Grange, Ficksburg, (24), oorlede, 5 April
  11. Louis Jacobus Boshoff, Jacobsdal, (22), oorlede, 4 April
  12.  Jacobus Frederick C. Rhynders, Hoopstad, (39), oorlede 5 April
  13. Petrus Jacobus Delport, Kroonstad, (21), oorlede 5 April
  14. Willem H. Knox, Potchefstroom, (29), oorlede, 5 April
  15. Johannes Christiaan Welmann, Kroonstad, (24), oorlede, 5 April
  16. Abraham Johannes Christiaan Louw, (27), Ladybrand, oorlede, 6April
  17. Paul Albertus Smit, Hoopstad, (33), Hoopstad, oorlede, 8 April
  18. Pieter de Wet, Bultfontein, (17), oorlede, 13 Junie
  19. Johannes Steyn, Phillippolis, (27), oorlede, 27 Junie
  20. Pieter Benjamin de Villiers, Ladybrand, (27), oorlede, 07 April 1900
  21. Abraham Christiaan Jansen, Brandfort, (17), oorlede, 11 April 1900
  22. Stephanus Joubert, Hoopstad, (19), oorlede, 12 April 1900
  23. Johannes Jurgens Rhynders, Hoopstad, (42), oorlede, 12 April 1900
  24. Wybrand Geldenhuys, Winburg (20), oorlede, 14 April 1900
  25. Johannes H. Swanepoel, Ventersdorp, (47), oorlede, 16 April 1900
  26. Casper Johannes H. Brits, Bloemfontein, (22), oorlede, 15 April 1900
  27. Jacobus H. Van der Merwe, Potchefstroom, (47), oorlede, 17 April 1900
  28. Abraham Petrus du Plessies, Bethulie, (17), oorlede 18 April 1900
  29. Hendrik Christiaan Strauss, De Wetsdorp, (27), oorlede, 20 April1900
  30. Johannes Jacobus Smit, Winburg, (16), oorlede, 22 April 1900
  31. Jan Adriaan Venter, Ficksburg, (28), oorlede, 25 Junie 1900
  32. Hendrik Johannes L. Conberang, Brandfort, (43), oorlede, 22 April 1900
  33. B van Niekerk, De Wetsdorp, (37), oorlede, 27 April 1900
  34. Willem Johannes Erasmus, Hoopstad, (19), oorlede, 23 April 1900
  35. Barend Johannes Rautenbach, Winburg, (24), oorlede, 29 April 1900
  36. Hendrik Kleynhans, Bloemfontein, (16), oorlede, 30 April 1900
  37. Petrus Johannes Nel, Johannesburg, (22), oorlede, 30 April
  38. Philippus G. Cronje, Ficksburg, (21), oorlede, 1 Mei 1900
  39. Petrus W. J. Van Wyk, De Wetsdorp, (27), oorlede, 2 Mei 1900
  40. Emile E. du Egan, Soutpansberg, oorlede, 3 Mei 1900
  41. Jacobus Johannes Viljoen, Winburg, (19), oorlede, 6 Mei 1900

Bogenoemde burgers is almal te Groenpunt oorlede. Die meeste van hulle aan die koors. Nog ander burgers van die Vrystaat was:

 42. G. Henn, Hoopstad, oorlede, 25 Maart 1900

Nou volg die name van die burgers wat in Simonsbaai oorlede is

  1. J.C. Vogel, Kroonstad, (27)
  2. Gysbertus Johannes Joubert, Klerksdorp (26)
  3. W. Jordaan, (20)
  4. H. Venter, Potchefstroom, (24)
  5. P.R. Botha, Geelbosspruit, Soutpan, (31)
  6. S.P. Yzelle, Potchefstroom
  7. E.B. le Roux, Potchefstroom (26)
  8. Phillipus Swanepoel (23)
  9. N. M. Van Rensburg, Koedoeslaagte, Potchefstroom, (24)
  10. A.L. Pretorius (21)
  11. R.P. Kruger, Rietpoort, Potchefstroom, (20)
  12. P. Steyn, (23)
  13. Pieter P. Human, (21)
  14.  Pieter D. Roux, (21)
  15. Samuel de Beer, (27)
  16. David Smit
  17. N. van der Merwe, (25)
  18. A.N. Pieterse, (25)
  19. S.H. Coetzee, (39)
  20. Pieter Basson, Potchefstroom, (21)
  21. O.J.J. Grobbelaar (48)
  22. Jacobus Reyneke, Christiana, (23)
  23. Henry White, Klerksdorp, (20)
  24. A. Van Rensburg, (17)
  25. E.F. Horn of Hoon, (19)
  26. Andries van Vuuren (19)
  27. G van Zyl, (20)
  28. Johannes van Rooyen, Klerksdorp, (21)
  29. J. Botha, (30)
  30. H.L. Porter, Christiana, (19)
  31. Hendrik Johannes Snyman, (25)
  32. J.J. of T.T. van Biljon of Viljoen, (32)
  33. H. van Blaauw, (23)
  34. G. Basson, (26)
  35. T.F.J. Bernardo, (46)
  36. Jacobus Dix, (17)
  37. B.P. Pretorius, Bloemhof, (50)
  38. C. Halgrein, Potchefstroom, (48)
  39. Joshua Joubert, Klerksdorp, (50)
  40. Daniël F. Visser, Potchefstroom, (16)      
  41. N.J. van Niekerk, Boshoff, (25)
  42. R.J.W. Meyer, Potchefstroom, (19)
  43. Stoffel J.J. de Beer, Klerksdorp, (23)
  44. Wilhelm Esterhuizen, Potchefstroom, (53)
  45. Paul J.J. Loots, Wolmeranstad (57)
  46. J.J.D. Mattthysen,  Christiana, (33)
  47. S.D. Naude, Klerksdorp, (37)
  48. Pieter du Toit, Boshoff, (37)
  49. H.E. Erasmus, Potchefstroom, (26)

Later nog oorlede te Groenpunt

  • Jan Johannes van Tonder, Winburg, (30), oorlede, 20 Mei 1900
  • Hendrik Ernst van Biljon, Bloemfontein, (24). Oorlede, 16 Mei
  • Willem Johannes Bronkhorst, Transvaal, oorlede, 29 Mei 1900
  • Jacob Pieter Minnaar, Ficksburg, (24), Oorlede, 30 Mei 1900
  • Phillipus Rudolph Botha, Ficksburg, (23), oorlede, 1 Junie 1900

Saterdag, 19 Mei 1900

     Vanoggend het ons  ‘n verskeidenheid vlagpale gesien met verskillende vlae aan. Later het ons verneem dat Mafeking ingeneem is en vandaar al die vlae.

Sondag, 20 Mei 1900

     Die gewone diens het weer  half elf begin. Ds. Alheithet as teks geneem Matt. 3: 11. (Ek doop julle wel met water met die oog op bekering,, maar Hy wat na my kom, is sterker as ek, en ek is nie eers werd om sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop)   In die middag was sy teks Luk 11: 1, 13. (Op ‘n keer het Jesus op ‘n sekere plek gebid, en toe Hy klaar was, het een van sy dissipels vir Hom gesê: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.” Vs 13 – As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra.)  Dit was vir ons tot groot seën.

Maandag, 21 Mei 1900

     Dit is ‘n heerlike oggend en niks besonders het vandag gebeur nie. Die jongmense het hulleself met speletjies besig gehou soos voetbal. Vandag het ons berig ontvang dat die burger, Jan van Tonder van die Winburg distrik in die hospitaal oorlede is en dat daar vanmiddag vir hom ‘n roudiens gehou gaan word. Hy was een van die krygsgevangenes van Belmont en het aan die Vrystaatse artilerie behoort. In die namiddag het Ds Alheit by die begrafnis opgetree. Hy het Ps. 39 en Ps 108 gelees en sy teks geneem, Joh. 14: 1, 2. (Laat julle harte nie ontsteld wees nie,. Glo in God, glo ook in My. In die huuis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou ek vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.) Ook het hy 2 briewe voorgelees van sy gemeente om ons te bemoedig. Dit was waarlik vir ons ‘n  vertroosting. Daar het vandag vir die eerste keer twee briewe van  die huis af gekom aan my broer. Daar was egter geen brief van my huisgesin nie.

Dinsdag, 22 Mei 1900

     Vandag was ek baie hartseer en het met ‘n paar vriende vir ‘n wandeling gegaan. Hierna het ek tussen die tente rondgegaan by ons burgers en het ontdek dat in etlike tente hulle besig was met oggendgodsdiens. Die sang van die burgers was pragtig en in die vroeë môre en ek  besef dat ons in die oggend vroeg ons offers moet bring. In die namiddag was daar ‘n Christelike Jongeling Vereniging wat ek ook bygewoon het.

Woensdag, 23 Mei 1900

     Vandag het daar ook weer ‘n groep Transvaalse burgers na Simonstad vertrek. Ek het gaan afskeid neem van ‘n paar vriende. Ek is getref deur die manne wat met hulle bagasie op die rug, gereed gestaan het om te vertrek en dit het my laat dink aan die uittog uit Egipte. Ek het ook gedink aan die teks wat sê: “Julle is gaste en vreemdelinge op die aarde en almal reisigers na die ewigheid”. Die Here self maak op sy tyd ‘n einde aan hierdie gevangeskap. Die liewe Here  vertoef soms, maar tog het ons die versekering dat Hy kom, en Hy kom verseker. Ek het nog gesit en skryf toe een van die gevangenes by my inkom . Hy was doofstom. Iemand met die naam van Rowe van Jacobsdal. Hy het met groot moeite gepraat. Vir hom moes ‘n mens alles beduie. Hoe groot is die voorreg nie vir almal wie se tonge los is om te kan praat nie. Mag ons maar met ons tonge praat tot lof van die Here se Naam. Die teks in Jakobus 3: 5 – 8 word in ons tyd tog al te waar. (So is die tong ook ‘n klein ledemaat wat op groot dinge roem.) 

     Ek het vandag ook ‘n brief-telegram gekry van een van my vriende met die teks, Jes. 40:31 –  “Wie op die Here wag, kry nuwe krag.” Dit is voorwaar vir ons ‘n groot troos.

     Ons het ‘n paar dae gelede ook ‘n harmonium in die kamp gekry en daar word elke dag op gespeel. Dit is ook iets nuuts vir ons as krygsgevangenes, want ons gedagtes dwaal soms so en ons verlang om iets van ons dierbares te hoor, en daar is ook die vrees dat ons slegte nuus kan kry.

Donderdag, 24 Mei 1900

     Vandag is die heerlike opstandingsdag van ons Heiland, of sy hemelvaart. Ek was op die dag terneergedruk. ‘n Vriend het weer vir my ‘n teks gebring om te lees uit die Sionsbank: Jos. 23: 10. (Net een van julle jaag ‘n duisend op loop; want die Here julle God, Hy is die Een wat vir julle veg soos Hy julle beloof het.)  Ek het besef hoe wonderlik is God se Woord. As ons maar net getrou sal wees om elke dag die dierbare Woord te gebruik.

     Ek het nog so gesit en skryf toe Kommandant Theunissen vir my ‘n brief gebring het van my huis af, geskryf deur my liewe dogter, Sannie. Ek was so bly, want dit was langer as drie maande wat ek laas tyding van die huis af gekry het.

     In die namiddag het Ds. Albertyn opgetree en Hand. 1: 1 – 14 gelees. As teks het hy gebruik Ps. 68:19.(U het opgevaar na die hoogte om daar te woon, Here God, nadat U gevangenes weggevoer het en skatplig gevorder het by mense, self by hardkoppiges.) Na die diens het ek my klein Bybeltjie vergeet. Ek is terug om dit te gaan soek, maar kon dit ongelukkig nie kry nie. Ek was baie hartseer, want dit was ‘n Bybel wat my klein dogtertjie as ‘n Sondagskoolprys ontvang het. Ek sou dit nie vir £ 5 verruil het nie, want gedurende die oorlog en in ons gevangeskap het ek altyd my troos daarin gevind.

Vrydag, 25 Mei 1900

     Vanoggend het ons met ons Pinksterbidure begin. In die middag het Ds. Alheit opgetree en preek oor Joh. 14: 16, 17. (En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ‘n ander Parakleet gee, sodat Hy vir ewig by julle kan wees. Hy is die Gees van die waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat die wêreld Hom nie sien nie en ook nie ken nie. Julle ken hom egter, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.)  Dié aand het dit begin reën en dit het amper die hele nag  lank geduur.

Saterdag, 26 Mei  1900

     Dit is ‘n lieflike dag. Die reë het opgeklaar en alles is verfrissend. Ons het vanoggend ook weer ons tente afgebreek om die staanplekke te laat droog word. Terwyl ons hiermee besig was het die lieflike lied uit die Kinderharp gespeel: “Ver van hier.”

Sondag, 27 Mei 1900

     Ons het vandag weer 2 dienste deur Ds. Alheit gehad. Voormiddag het hy gepreek uit Joh. 16: 7 – 11. (Die werk van die Heilige Gees) Sy preek het drie afdelings gehad.

  1. Sonde
  2. Geregtigheid
  3. Oordeel

     Namiddag het hy gepreek oor Joh. 4: 24. (God is Gees en wie hom aanbid, moet in Gees en waarheid aanbid.) Hy het ook in verskillende tente biduur gehou. Hierdie Sabat was vir ons tot groot seën.

Maandag, 28 Mei 1900

     In die middag was daar weer ‘n diens. Ds. Alheit het gepreek oor Efes.4: 30. (En bedroef nie die Heilige Gees van God, deur wie julle met die oog op die op die dag van die bevryding verseël is) Verder het alles hulle gewone gang gegaan.

Dinsdag, 29 Mei 1900

     Vandag het ons die nuus ontvang dat die Oranje Vrystaat ge-annekseer is en ons moet swyg in aanbidding  en sê: “As dit u wil is Here, gee ons dan genade om u wil te aanvaar. Die middag het ons weer ons Pinksterbiduur gehad en Ds. Alheit het gepreek uit Joh. 14: 25. (Dit het Ek vir julle gesê terwyl ek by julle gebly het) Ek het vandag ook weer ‘n Bybel as geskenk gekry van ‘n onbekende vriend uit Holland. Ek het dit met ‘n dankbare hart ontvang.

Woensdag, 30 Mei 1900

     Niks besonders het vandag gebeur nie. Namiddag het ons weer Pinksterbiduur gehad. Ds. Alheit het gepreek uit Gal. 5:13. (Julle broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde)  Daar word ook ‘n pragtige lied aan ons voorgelees deur Ds. Alheit. Die lied is deur ‘n suster van Ceres af vir ons gestuur om ons te troos en te bemoedig. Ek skryf die woorde van die lied:

Vs. 1 – Hou U my hand, ek is so swak so hulploos
            Ek neem geen tree as U nie met my gaan.
            Hou U my hand, want dan, o liewe Heiland,	  
            Word nooit my siel verlei tot sonde wat U haat.
Vs. 2 – Hou U my hand en trek my daagliks nader
            Ja, nader aan Uself, my hoop, my lus.
            Vat U my hand, sodat ek nêrens dwaal nie,
            My voet nie struikel en ek nimmer val.
Vs. 3 – Hou U my hand, die pad is styl en donker 
             As nie U lig my lewenspad bestraal.
             Maar as my hart die hemellig gewaar,
             Dan smaak ek vreugde, waar gee vreugd’ by kom.
Vs. 4 – Hou U my hand,  as ek aanland by die oewer
	Daar waar die dood seëvier
             Laat  die hemelslig dan skyn op die waters
             om my te bring aan die oorkant
             nog met die vertrostend’ lig waar U Lei.
“Geliefde vriende, laat hierdie lied julle daaglikse gebed wees. Dit is my hartewens, van M.E. Richter.”

Donderdag, 31 Mei 1900

     Ook vanoggend het alles hulle gewone gang gegaan. Die Transvaalse burgers wat nog by ons Vrystaers was, het ons verlaat en is na Simonstad gestuur.

     Namiddag was daar weer die gewone diens deur Ds. Alheit. Hy het gelees uit Ps. 39 en die gedeelte in  Joh. 16:4. (Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer hulle tyd aanbreek , julle kan onthou dat ek dit vir julle gesê het. Ek het hirdie dinge nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat ek nog by julle was.)Hy het bekend gemaak  dat daar  vanmiddag weer een van ons burgers begrawe sal word wat in die hospitaal oorlede is.

Vrydag, 01 Junie 1900

     Tienuur het ons met ‘n paar burgers bymekaar gekom om ‘n biduur te hou. Ons onderwerp was: “Here, maak ons stil.”

     Ons het vandag ook berig ontvang dat Pretoria oorgegee het. Dit het ons genoodsaak om te bid vir stilte in ons harte. Om half drie het Ds. Alheit weer opgetree en deel ons mee dat daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Hy het vir ons 2 Kor.5: 4 – 16   gelees en ook ‘n kort gedeelte uit Ps 119. Sy teks was 2 Kor. 4: 1 en 12. (Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die ontferming wat aan ons betoon is, gee ons nie moed op nie. So werk die dood dan in ons , maar die lewe in julle.) Hy het verder aan ons bekend gemaak dat vier van ons burgers by Woodstock oorlede is, vier by Wynberg en sewe op St Helena. Die getal burgers wat oorlede is vandat ons by Paardeberg oorgegee het was  tot op datum 100 manskappe.

Saterdag, 02 Junie 1900

     Vanoggend is dit weer reënerig. Namiddag het ons weer Pinksterbiduur gehad. Ds. Alheit kondig aan dat daar weer twee van ons burgers oorlede is. Hy gebruik as teks Gal, 4: 6. (En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die gees wat roep: “Abba Vader ”.)

Sondag, 3 Junie 1900

     Dit is ‘n heerlike rusdag. Ds. Alheit het vanoggend as  teks gebruik Hand. 1: 7, 8. (Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en die en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader is sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang as die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde)  Die diens was tot groot troos en bemoediging. Na afloop van die diens het ons ‘n biduur gehou en talle het die Here gedank vir wat Hy aan hulle siele gedoen het. Namiddag was daar weer ‘n begrafnisdiens deur Ds. Alheit. Hy het vooraf Ps. 103: 8  laat sing. Hierna het hy Openb. 7: 7 – 14  en ook Openb 21: 1 – 4 gelees. Sy teks was Gen. 24: 58. Hierdie diens was baie geseënd en elkeen het na die diens bemoedig en versterk gevoel.

Maandag, 4 Junie 1900

     Vanmiddag het ons ons gewone biduur gehad wat gelei is deur broer Hans du Toit. Dit is vir ons verkwikkend om elke dag so in gebed bymekaar te kom en mekaar te bemoedig en op te beur.

Dinsdag, 5 Junie 1900 

     Vandag is ek mildelik voorsien van klere en komberse. Dit het gekom van my swaer W. Burger. Van Murraysburg. Ek het ook ‘n groot kis patats gekry van die heer, C. Conradie van Klaasvoogdsrivier. Elke weldaat is ‘n soete druppel in my beker van beproewing.

Woensdag, 6 Junie 1900

     Vanoggend het ek met twee vriende, J. Jordaan en G. Greyling ‘n gesprek gehad oor alles wat ons in ons ballingskap ervaar het. Ons het ‘n teks gelees wat my besondere aandag getrek het. Die teks, Ps. 6: 10 (Die Here het my smeking gehoor; die Here aanvaar my gebed), het my

baie versterk. Die lesers van hierdie dagboek moet self die teks naslaan.

     Vanmiddag het Ds. Alheit weer na ons kamp gekom om vir ons te sê dat twee van ons siekes  weer in die hospitaal oorlede is en dat daar ‘n begrafnisdiens later die middag sal wees. Ds. Alheit het vervolgens 1 Kor 15 vanaf vers 35 gelees. Hy het as teks vs. 57 (Maar aan God die dank wat aan ons die oorwinning gee deur ons Here jesus Christus)  gebruik. Die lees van hierdie gedeelte was vertroostend. Die Ds. het vertel van ‘n gesprek met een van sy oudelinge in sy gemeente. Hy het gesê: “ Ek is bly dat u hier is maar gaan terug na my broers en sê vir hulle dat ek die voorreg het om my vrou en my kinders by my te hê. Dis ‘n voorreg  wat julle nie het nie. Maar sê vir hulle dat die Here met ons gevangenes is.”

Donderdag, 7 Junie 1900

     Ek het vanoggend Ps 42 gelees. Ek is getref deur vs. 5 (Hieraan moet ek dink terwyl ek my hart uitstort, hoe ek opgetrek het in ‘n magtige skare, hoe ek voor hulle uitgaan na die huis van God, met jubelkrete en dankliedere – ‘n feesvierende menigte),   en het gewonder of ons weer sal kan terugkeer om fees te vier saam  met die feesvierende skare. Dit is reeds agt maande sedert ons laas Nagmaal gevier het. Tog het alles op die aarde ‘n einde. So sal dit ook met ons gevangeskap wees. Dit is vandag nat nadat dit die hele nag gereën het. Dit is pragtig om te sien hoe die helder waterstrome vloei van Tafelberg af na onder.

     Vanmiddag het die sekretaris van die Buitelandse Bybelgenootskap, mnr. Nuthol na ons kamp gekom. Hy het ‘n klomp Bybels vir ons gebring  met die belofte om later nog meer te bring. Hy het ons toegespreek met ‘n paar trooswoorde. Ek het hom bedak namens die burgers.

      Vanaand teen donker het ons gehoor dat daar weer ‘n klomp burgers as krygsgevangenes in die kamp aangekom het. Ek het dadelik van hulle gaan groet om net iets van my huis af te hoor. Ek het ‘n jong man, Pienaar, uit my distrik ontmoet. Hy het my vertel dat hy op 15 Mei  op my plaas was en dat dit toe met al my familie goed gegaan het. Ek was natuurlik baie bly en dankbaar om iets van hulle te hoor.

Vrydag, 8 Junie 1900

     Ek het vanoggend nog krygsgevangenes ontmoet wat vertel het dat daar ‘n Engelse kamp op my plaas staan en dat, so ver as wat hy weet, daar geen skade aangerig is nie.

Saterdag, 9 Junie 1900

     Vanoggend is die lug hier lekker fris. Ons het ook die eerste sigbare ryp gesien vir die winter. Ek het vanoggend ook weer ‘n brief van my liewe vrou ontvang. Die brief is op die 7de April geskryf.

Sondag, 10 Junie 1900

     Vanoggend het Ds. Alheit weer hier gepreek oor Luk. 5: 4. (Toe Jesus klaar gepraat het, sê hy vir Simon: “Gaan uit na die siep water , en laat sak jou nette daar om vis te vang”) Vanmiddag het Ds. Snyman in die kamp ingekom om die groete van sy gemeente, Ventersburg, en ander vriende oor te dra. Ons was almal verheug om hom ‘n handdruk te gee. Almal wou graag iets van hulle familie  hoor.

     Ds. Snyman het in die namiddag die diens gehou, Hy het gepreek oor Heb. 12: 11. (Op die oomblik lyk elke tugtiging wel nie of dit blydskap bring nie, maar droefheid. Later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug op vir hulle wat daardeur geoefen is: ‘n vrug van geregtigheid.) Dit was vir ons as krygsgevangenes lekker. In die aand het ons weer ons biduur in die buitelug gehou. Die Sendeling van Senekal het gepraat oor die belangrikheid van gebed. So sorg die liewe Here  dat dit ons nie ontbreek het aan diensknegte om sy Woord aan ons te bring nie.

Maandag, 11 Junie 1900

     Vanoggend het hier ‘n Transvaalse predikant as krygsgevangene aangekom. Hy was Ds. Du Toit van Lichtenburg. Ons het nou al hier ‘n predikant sowel as ‘n sendeling en ‘n landdros. Dit is wonderlik hoedat die Here se weë partykeer is. Tog het alles ‘n doel en ons kan maar net stil wees en wag op die Here wat sy volk en sy kinders nooit sal verlaat nie.

     Namiddag het ons weer ons gewone biduur gehad wat gelei is deur eerwaarde Sprat  van Senekal. Ook Ds. du Toit was aanwesig  en dit was ‘n goeie byeenkoms. Teen twee uur het Ds. du Toit ‘n begrafnisdiens gehou aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Die eerwaarde het gepreek uit Ps 23: 4.(Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u stok en u staf wat my gerusstel.)

Dinsdag, 12 Junie 1900

     Vanoggend was dit so mistig soos ek dit hier nog nooit gesien het nie. Ek is terug na ons wasplekke. Die ligte om ons kamp het onmiddellik my aandag getrek. Dit was elektreise ligte, maar as gevolg van die mistigheid kon ek hulle omtrent nie sien skyn nie. Ek het dit vir my as ‘n les geneem dat ‘n Christen se lig soos ‘n lamp moet wees wat helder skyn en nie dof moet wees  soos in die mistige weer nie.

     Vanoggend is Ds. du Toit, wat gister hier aangekom het, weer na Simonstad gestuur waar ons  Transvaalse vriende is. Ook ons vriend, Hans du Toit van Phillippolis,  is die dag op parool vrygelaat of na sy huis gestuur.

     In die middag was daar weer ‘n roudiens deur Ds. Alheit. Een van ons burgers is weer in die hospitaal oorlede. Hy het uit 2 Kor. 4 vanaf vs. 15 gelees, en het as teks gebruik Heb. 12 die laaste gedeelte van Vs 1.(. . . laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop)

Woensdag, 13 Junie 1900

     Daar het vanoggend ook berig gekom dat van ons burgers in die hospitaal oorlede is. In die namiddag het Ds. Alheit weer ‘n lyksrede gehou uit 1 Kor. 15 vanaf vs. 19. (Indien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.)

     Ek het vandag ook weer ‘n brief van my liewe vrou af ontvang met ‘n bemoedigende woord wat ons ook maar hier in die kamp nodig het.

Donderdag, 14 Junie 1900

     Vandag was ek reeeds 7 maande van my huis af weg. Ek het met twee vriende gesit en gesêls oor ons gesondheid. Dit is wonderlik dat ons by ons huise elkeen ‘n spesifieke kwaal gehad het wat ons aan gely het en dat ons die afgelope maande baie moes verduur,  en tog het ons nie las daarvan gehad nie. Ons beskou dit as ‘n liefdeswerrk van die Here, want sy beloftes bly staan en Hy het gesê: “Ek sal julle nie begewe en julle nie verlaat nie.”

     Vandag het ek my ook weer met my twee mede-offissiere, Kommandante Jordaan en Greyling laat afneem; ook saam met my burgers wat saam met my by Paardeberg krygsgevange geneem is.

     Vanaand het ek ook weer saam met sendeling Sprat gegaan om ‘n diens in die buitelig te hou. Die eerwaarde het uit Markus 5 gepreek. Die diens is vanaand goed bygewoon en was vir ons tot groot seën. Hoe goed is die Here nie om ons so mildelik te seën nie.

Vrydag, 15 Junie 1900     

     Vandag was ‘n stil dag en daar het niks belangrik gebeur nie. Die tente van die burgers is weer almal afgebreek sodat die staanplekke kon droog word. Dit is hierdie tyd van die jaar maar baie nat.

Saterdag, 16 Junie 1900

     Ook vanoggend was die klimaat heerlik en dit het ook gelyk of die koorsgevalle afgeneem het.

Sondag, 17 Junie 1900

     Ds. Alheit het vanoggend weer die diens gehou en het gepreek oor Job 22: 21. (“ As jy jou maar met Hom versoen, sal jy vrede hê; dan sal die goeie weer na jou toe kom.) Teen die einde van die diens het die eerwaarde weer vir ons ‘n lied voorgelees van ‘n suster uit Malmesburry.  In die namiddag het die eerwaarde gepreek uit Lukas 10: 22 (Alles is deur my Vader aan My toevertrou. En niemand ken die Seun nie behalwe die Vader, en niemand ken die Vader nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun hom bekend wil maak.) en Phillipense 3: 14. (Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus  die prys van God se roeping van omhoog te bekom.)

     Ek skryf ook die woorde van hierdie lied hier neer:

(Opmerking van die vertaler: Ek skryf hierdie woorde in oorspronklike Hollands anders rym die woorde nie. Dit is ook moeilik leesbaar)

1.	Het moch in donker dae schijnen
alsof God verliet, de zijnen
Ik ben gewist mijn hoop staat pal
Dat hij eindelik redden sal.

2.	Blijft  vertrouen en geloven.
Wie sal die Almacht ons onttronen?
het reddingsplan word nooit verwrikt
Dat Gods liefde en wijsheid schikt.
	

3.   Sla zijn zorg niet allen gade.
Niet slechts de goede maar ook de kwade. 
Het kleine muisje, het slechte ding,
het grasjes en het  haasje, hoe gering.

3.	Zou Hij dan zijn kind vergeten?
Zou Hij u gebrek niet weten?
Sou Hij dan op u alleen het oog niet slachen?
O neem o neem, ik Ek bring u dan. 

 4.	Ik breng U dan mijn sorgen Vader.
 Ik werp dat op U altegader.
Ik geeft mijn ziel en lichaam en verstand
oor aan u wil en aan u hand

5.	Wat  God doet, is welgedaan
Zijn wil is wijs en heilig.
Zal aan zijn hand vertrouwend gaan.
Die hand gelijt mijn veilig.
            
6.  	In nood is mij zijn trouw nabij,
Ja, hij de Heer der Here
blijft ewig wijs regeren.

                                ***********

                   1.	Wat God doet, dat is welgedaan.
		Zijn Woord eischt my vertrouwen.
		Hij leidt mij op de regte baan.
		Ik macht daar sijn liefd aanschouwen,
		Hij geeft mij krag, zijn hulp zijn macht.
		Red mij uit smart en banden.
		Mijn lot rust in zijn handen.

	       2.	Wat God doet, dat is welgedaan.
		Hij luistert naar mijn klachten.
		Zou mij zijn liefde gadeslaan
		en ik zijn hulp niet wachten
		God kent mijn hart, geen ramp geen smart
		is ooit voor Hem verborgen.
		Hij zal als Vader zorgen.


                3. 	Wat God wil, dat is welgedaan.
		Dat blijft de vreugd mijn leven.
		God plant wel doornen op ons pad,
		maar strooit daar rozen newens.
		Met smart paart God vaak zijn genot.
		Zijn Vaderlijk ontferming
		Blift ewig mijn beskerming.

                 4.	Wat God doet, dat is welgedaan.
		Nooit zal de moed mij ontzinken.
		Bied Hij de levenskelk mij aan 
		Zal dien gewillig drenken.
		Gods wijs en goed meng zuur en zoet
		naarmate wij het behoeven.
		Hij hoort ook in het droefen

                5.	Wat God doet, dat is welgedaan
		zijn trouw bleift mij ten hoede.
		Zijn liefde doet geen kwaad ontstaan,
		werk alles mee ten goede.
		Als God mij leidt zal ik wel bereid
		mijn hoogst en sijns verlangen
		In het eeuwigheid ontvangen.

                                  ***********
     Ook hierdie lied wat deur ons suster aan ons gestuur is was vir ons ‘n lafenis en veral die woorde: “Dit wat God  gedoen het, is welgedaan.”

Maandag, 18 Junie 1900

     Vanoggend was dit ‘n heerlike dag. Die jongmense het vroeg reeds voetbal en ander speletjies gespeel. ‘n Mens word soms moeg daarvan, want dit is partykeer ‘n oorverdowende lawaai.

     Namiddag het ons weer ons gewone biduur gehad wat deur Eerwaaarde Sprat gehou is. Hy preek oor Matt. 1: 21. (“Sy sal geboorte gee aan ‘n Seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk hulle sondes verlos.”)  Ook hierdie byeenkoms was vir ons tot seën. Vanaand het ons weer ons buitelugbyeenkoms gehad wat bygewoon is deur omternt 300 mans. Ook hierdie diens is deur eerwaarde Sprat gehou en hy het gepreek uit Joh. 3.(Jesus se gesprek met Nikodemus.”). Ook hierdie diens was baie geseënd.

Dinsdag, 19 Junie 1900

     Vanoggend is dit weer nat. Dit het verlede nag begin reën en dit was baie nat.

Woensdag, 20 Junie 1900

     Niks het gebeur om van notisie te neem nie. Vandag het Isak Cronjé weer na ons kamp toe gekom. Hy was een van my veldkornette en was al van Maartmaand af in die hospitaal. Hy het herstel en ons was almal bly en dankbaar dat ons hom weer kon welkom heet.

Donderdag, 21 Junie 1900

     Vanmiddag het ons weer ons gewone biduur gehad. Ek het ook vanaand gehoor dat een van my ou vriende in my distrik, Nicolaas Wessels, die tydelike met die ewige verwissel het.

Vrydag, 22 Junie 1900

     Niks belangrik het vandag gebeur nie. Ek het vandag weer nuus van die huis af ontvang waaroor ek natuurlik baie dankbaar was. Vanaand het ons weer berig ontvang dat een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Dit was een van die Transvaalse burgers wat nog siek hier agtergebly het toe die Transvaalse burgers na Simonstad toe gestuur is. Die eerwaarde het gepreek oor Ps. 39: 5 (Here, maak my einde aan my bekend en die getal van my dae, hoeveel dit is. Ek wil weet hoe verganklik ek is.)

Saterdag, 23 Junie 1900

     Ook vandag het niks besonders gebeur nie. In die namiddag het Ds. Alheit weer ‘n lyksrede gehou vir ‘n jong man, Pretorius, van Potchefstroom.

Sondag, 24 Junie 1900

     ‘n Lieflike rusdag. Ds. Alheit het gepreek oor 1 Sam. 7: 2 en 6. (Vanaf die dag dat die ark in Kirjat-Jearem ‘n tuiste gevind het, het daar ‘n lang tyd verloop – twintig jaar. Die hele huis van Israel wou toe weer de Here volg. Hulle het by Mispa byeen gekom , water geskep en dit voor die Here uitgegiet. Hulle het daardie dag gevas en daar bely: “Ons het teen die Here gesondig.”)In sy preek het hy twee vrae gevra: “ Wie is jy en wat doen jy?”

     Ons het besluit om ‘n dag van verootmoediging te hou vir ons krygsgevangenes. Ds. Alheit het ook aan die burgers bekend gemaak dat hy ook die gevange broeders in Simonstad hieroor ingelig het. Hy het ons vervolgens daarop gewys hoedat ons op ‘n dag verootmoediging ingestel moet wees. Hy het ons ook versoek om op die dag alle speletjies te staak. Die dag van verootmoediging was beplan vir 26 Junie. Elke siel moet stil word voor die Here.

     Vanmiddag het die eerwaarde as teks Job 35:10 gebruik. (. . . maar wat hulle nie sê nie, is, ‘Waar is God my Maker, Hy wat lofsange gee in die nag, . . . .’   

     Die aand het ek na die wasplek gegaan en word geraak daardeur dat daar op drie plekke godsdiens gehou is. Die eerste een was die Heilsleer en die ander was van ons jong mense. Ek het met ‘n dankbare hart teruggekom by my tent met die versekering dat die Gees van die Here menige siel tot stilstand gebring het en dat sy Gees met krag in baie siele werk.

Maandag, 25 Junie 1900     

     Dit was die gewone gewoel van elke dag wat nou weer aan die gang gekom het. In die namiddag het ons gewone biduur gehad. Sommige van diegene in die tent agter die van ons was besig was om kaart te speel en was so daardeur aangegryp, dat hulle geen ag geslaan het op ‘n vriendelike versoek om sagter te wees nie.

Dinsdag, 26 Junie 1900

     Soos reeds genoem, was dit vandag die dag van verootmoediging vir ons as krygsgevangenes. Die plegtigheid het half elf begin. Ds. Alheit het eers Ps 22 gelees en oor vs. 5 gepraat oor die woorde wat sê dat ons vaders op die Here vertrou het. Dit was ‘n plegtige uur. Nadat tien broers in gebed voorgegaan het, is die byeenkoms afgesluit terwyl ons almal met geboë hoofde gesit het. Ek sal nooit hierdie stemming vergeet nie en ek het die blye verwagting gehad dat die Here ons gehoor het.

     In die namiddag het ons weer ‘n diens gehad en aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is, het Ds. Alheit Ps 90: 8 as teks gebruik. (U het ons sondeskuld voor U geplaas, ons geheime sondes in die lig van u teenwoordigheid.) Met die afluiting van hierdie diens, het ons Ges. 130 gesing. Twee Engelse wagte wat gestaan en luister het na ons singery, het my aandag getrek. Dit het my laat dink aan Paulus en Silas in die tronk. Hulle het lofsange gesing. Terwyl hy na hulle geluister het, het die tronkbewaarder tot bekering gekom. Mag ons gevangeskap ook so tot seën wees vir die ander wat ons hoor.

Woensdag, 27 Junie 1900

Vandag was weer ‘n herinneringsdag vir ons as krygsgevangenes aangesien dit vier maande was wat ons krygsgevange geneem is. Terwyl ek in my tent gesit het, het die heer D. Houman van Phillipolis in ons tent ingekom en my vertel dat daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Dit was Johannes Steyn. Hy was 29 jaar oud en was ook van Phillippolis. In die aand is daar weer ‘n diens gehou deur eerwaarde Sprat. Dit is bygewoon deur ‘n groot skare mense. Dit was ‘n geseënde diens en almal is terug na hulle tente met dankbare harte. Ons het die Here geprys omdat hy aan ons soveel voorregte gegee het in ons gevangeskap.

Donderdag, 28 Junie 1900

    Vanoggend het die berig weer in die kamp rondgegan dat ons na Ceylon gestuur gaan word. Al hierdie gerugte het ons hartseer gemaak. Ons wou liewer huis toe gaan.

     Vanmiddag was daar weer ‘n roudiens. Ds Alheit het gepreek oor Ps 103: 8. (Barhartig en genadig is die Here, geduldig en oorvloedig in troue liefde.) Hy het ook vir ons vertel dat daar vandag weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is en dat nog een sterwend was.

Vrydag, 29 Junie 1900

     Vanoggend het ek met een van ouer broers vir ‘n wandeling gegaan en ons het gepraat oor die gebeure by Paardeberg en die gelofte wat daar afgelê is. Hy het aan my die volgend gebeure vertel: “Daar was ‘n matroos op ‘n skip en die skip het gestrand. Hierdie matroos was ‘n dronkaard en hy het ‘n stuk plank gekry waaraan hy vasgeklou het. Hy het aan die Here die belofte gedoen dat, as Hy hom sou red, hy die Here sal dien. Na drie dae het hy aan land gekom by sy vrou. Hy het aan haar vertel van die gebeure  en ook van sy besluit. Na ‘n maand het hy hom weer aan dieselfde sonde skuldig gemaak. Hy het weer op ‘n skip geklim en dieselfde het weer gebeur. Hy word weer op dieselfde wyse gered en hy het weer dieselfde belofte gemaak. Dit het ook ‘n derde keer gebeur en elke keer het hy dieselfde besluit geneem. Hy het egter van kwaad na erger gegaan, tot hy uiteindelik nie meer daaraan gedink het nie. Uiteindelik het hy een aand saam met sy vrou kerk toe te gaan. Sy vrou het hom gedwing om te luister na die teks wat behandel is: “God neem die sonde van die wêreld weg.” Hy is so deur die teks geraak dat hy tot bekering gekom het. Sien jy hoe lief die Here ons het. Hierdie verhaal het my getref en ek het net gaan sit om die verhaal op te skryf toe een van my vriende vir my ‘n telegram van my vrou gebring het. Hiervoor was ek baie bly en dankbaar.

     Namiddag was daar weer ‘n roudiens vir twee van ons burgers wat in die hospitaal oorlede is. Ds. Alheit het as teks gebruik Ps. 111: 3. (Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.) In ons kamp was daar die aand weer op verskeie plekke dienste gehou. Ek is na die Jongelinge biduur.

Saterdag 30 Junie

     Vanoggend het dit weer gereën en ons het vir die eerste keer donderweer gehoor sedert ons gevangeskap. Dit is iets wat hier selde gehoor word.

     In die namiddag is daar oral in die tente bidure gehou en die onderwerp vir vandag was om vir ons siekes in die hospitaal te bid. Een van my vriende het my juis vandag iets vertel wat ek nie net so kan ignoreer nie. Om ‘n idee te gee oor hoe daar met ons gesimpatiseer word: Een van  die arm skoolkinders van Kleindrakenstein het haar poppie verkoop om seep te kon gee  aan die  krygsgevangenes wat vandag hier aangekom het.

     Vanaand is daar weer ‘n opelug erediens gehou. Dit is gelei deur eerwaarde Sprat. Sy boodskap was aan diegene wat begerig was om die Here Jesus aan te neem en ook aan diegene wat dit nié wil doen nie. Hierdie diens is bygewoon deur ten minste 800 mense. Mag baie onverskillige siele tog net nadink en mag Groenpunt ‘n getuienis word in die ewigheid, want God se dierbare woord word genoeg hier verkondig.

Sondag, 1 Julie 1900

     Vanoggend het Ds. Alheit se teks gekom uit Matt. 17: 8 – “Hulle het niemand anders gesien behalwe net Jesus self.” Die middag het hy gepreek oor 1 Kon. 8: 11 (Die Heerlikheid van die Here het die huis van die Here gevul). Ook hierdie twee dienste is deur ons krygsgevangenes baie op prys gestel.

Maandag, 2 Julie 1900

     Vandag het niks besonders gebeur nie. Sir Alfred Miller het ons kamp weer vandag besoek.

Dinsdag, 3 Julie 1900

     ‘n Heerlike bui reën het vanoggend geval. Dit was gladnie ‘n lekker dag nie. Die jong mense het hulle egter nie laat afsit deur die weer nie en het met hulle gewone speletjies aangegaan in die kwartiere en ‘n mens het maar die hele dag gehoor: “Twee vir ons en een vir hulle.” Dit het die hele dag so aangehou.

Woensdag, 4 Julie 1900

     Niks besonders het vandag gebeur nie en alles het maar hulle gewone gang gegaan. Ons het baie aan ons vriende en dierbares gedink omdat dit die eerste Woensdag in die maand was en ons die versekering het dat daar vandag baie vir ons en vir ons dierbare land gebid word. Ons het hier ook dieselfde gedoen.

Donderdag, 5 Julie 1900

     In die middag was daar weer ‘n lyksrede aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Die diens is deur Ds. Alheit gehou. Het gepreek uit Rom. 6: 16 (Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam , julle slawe is van van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is of slawe van  van die sonde wat tot die dood lei, of slawe van gehoorsaamheid wat lei tot geregtigheid)

Vrydag, 6 Julie 1900

     Vanoggend het hier een van die Skotse offisiere na ons kamp toe gekom. Hy was ‘n aantreklike, sterk persoon, maar hy is met verwondering deur byna almal aangestaar oor die besonders klere wat hy aangehad het. Sommiges het die opmerking gemaak dat hy nie ‘n broek aan het nie. Die Skotse offisier het dit nie agter gekom nie.

     Vandag het ons berig ontvang dat Christiaan Rademan nie oorlede is nie. Ons het vroeër gehoor dat hy gesneuwel het. Hy was egter in die hospitaal op Petrusburg en dit het nou beter met hom gegaan. Ons was natuurlik baie bly hieroor. Daar het vandag ook weer ‘n aantal krygsgevangenes in ons kamp aangekom. Onder hulle was onder andere ‘n persoon met die naam Klevers.

Saterdag, 7 Julie 1900

     Alles het vandag ook maar hulle gewone gang gegaan. Daar het vandag ‘n predikant van die Gereformeerde kerk as krygsgevangene ingekom. Dit was Ds. Postma van Pretoria. Die aand het Ds. Postma ‘n opelugdiens gehou wat bygewoon is deur baie mense. Hy het gepreek oor die Kanaanietse vrou. Ons het die diens baie geniet.

Sondag, 8 Julie 1900

Op hierdie heerlike rusdag het Ds. Van Heerden van Kaapstad vir ons ‘n diens kom hou. Hy het Ps. 94 gelees en sy teks geneem uit Jes. 44: 21 (Onthou die volgende, Jakob, ja, Israel, want jy is my dienskneg: Ek het jou gevorm, my dienskneg is jy. Israel, vir My is jy nie vergete nie.) Die laaste woorde: “Vir my is jy nie vergete nie”. Wat ‘n wonderlike boodskap was dit nie vir ons arme krygsgevangenes nie.Elkeen begryp dat ons aan sulke trooswoorde behoefte het en daar is baie trane gestort. Mag die liewe Here gee dat dat ons hierdie diens nooit sal vergeet nie en dat menige siel daardeur ondersteun sal word. Dit is my wens.

In die namiddag is die diens gehou deur Ds Postma. Hy het gepreek oor Johannes 4: 10 (Jesus het haar geantwoord: As jy van die gawe van God geweet het, en wie dit is wat vir jou vra, ‘Gee vir my water om te drink,’ sou jy Hom gevra het  en Hy sou vir jou lewende water gegee het.) Hierdie diens is deur ‘n groot skare bygewoon. Ons het ook vandag weer die nuus gehoor van ‘n jong man wat in die hospitaal oorlede is.

Maandag, 9 Julie 1900

Vandag het ook niks besonders gebeur om van notisie te neem nie. Later was daar weer ‘n berig van een van ons burgers wat in die hospitaal oorlede is en dat daar in die namiddag ‘n roudiens gehou sal word. Aangesien Ds Alheit nog nie teenwoordig was nie, is die diens waargeneem deur eerwaarde Sprat. Hy het Ps 90 gelees en ‘n ernstige woord tot ons gerig. Onder andere het die eerwaarde gesê hoedat ons sterwende broeders miskien nog die verlange gehad het om hulle dierbares te sien en hoedat daar tuis ‘n vrou is wat met verlange uitgesien het dat die man weer moet huis toe kom en dat daar dalk ‘n dierbare moeder is wat uitsien na die tuiskoms van ‘n seun, en dan die berig moet hoor: “Hy is nie meer met ons nie.”

Hy het ons ook daarop gewys dat ons baie vir ons siekes moet bid. Baie trane is ook by dié diens gestort. Teen die einde van die diens het Ds. Alheit gekom en ‘n kort woord gespreek oor Jak. 4: 8 (Nader tot God, dan sal Hy tot julle nader.) Mag elke siel in hierdie kamp dit besef en mag elke sterfgeval  vir ons ‘n ernstige boodskap wees dat ons tyd ook met rasse skrede naderkom.

Dinsdag, 10 Julie 1900

Vanoggend was dit weer so mistig dat ‘n mens skaars kon sien. Dit het vir my die denkbeeld gegee van hoe die Gees van God in die kamp werk. Ek wil graag meld dat daar elke oggend half ses twee bidure gehou word deur die burgers en ook in verskeie tente. Teen half nege word daar ook ‘n biduur gehou deur die kerkraad waaraan ook baie van die burgers deelgeneem het. Elke dag twee uur is daar in nog 20 tente biduur gehou en daarvoor was ons baie dankbaar. Aan die ander kant is daar ook maar iets om oor te treur.

     Vandag is al die offesiere uit hulle tente uitgehaal en het elkeen sy eie kamer gekry. Ek het ‘n kamer op die balkon gekry – nr 27. Ek kon alles sien wat buite die kamp gebeur – ‘n mooi uitsig. Ek mag egter nie met iemand gesels nie.

Woensdag, 11 Julie 1900

     Vanoggend was ek vroeg op en het na die see gekyk waar ek skuite en skepe gesien vaar het. Ek het  voorheen nooit die voorreg gehad om so hoog te staan dat om dit kon sien nie, maar nou kon ek alles sien wat buitekant die kamp gebeur. Ek het baie dinge gesien. Waaroor ek baie verwonderd was, was hoe ver die wetenskap gevorder het dat hulle selfs die trems die hele dag heen en weer kon laat loop, aangedryf deur elektrisiteit. Vananaad ses uur het ek na die wasplek gegaan en ek was getref deur die baie ernstige gebede wat ek in die badkamers kon hoor. Dit was weereens vir my ‘n teken hoe die liewe Here aan geen tyd of plek gebonde is nie, maar dat selfs ‘n badkamer ‘n Bethel  kon word.

Donderdag, 12 Julie 1900

     Vanoggend word besluit dat net eerwaarde Sprat die aanddienste sal waarneem. Aangesien ek die lys gehad het van al die broers wat hierdie dienste vervul het, het hierdie lys natuurlik nou verval omdat daar nou ‘n kerkraad was wat al die werksaamhede op hulle geneem het.

     Vandag het ek ook berig ontvang dat my oudste dogter haar arm gebreek het en nou sal almal besef wat dit is om ‘n gevangene te wees. Hoe jou hart ook brand om iets daaraan te doen, dit is alles tevergeefs. Ons kan ons net maar troos aan die woorde van die digter: “God ken alleen  die regte pad, wat uitloop op die hemelstad. Hy weet of voor- of teëspoed, die beste is vir ons gemoed.”

Vrydag, 13 Julie 1900

     Vanoggend het dit weer so gereën dat ‘n mens nie heen en weer kon beweeg nie en elkeen het maar in sy kamer gebly.

Saterdag, 14 Julie 1900

     Vandag is dit ses maande wat ek van die huis af weg is en elkeen sal kan verstaan dat my biddende verlange na vrede was, maar ons sal swyg in afwagting op die Here wat alles in sy hand het  en dat Hy vir ons alles sal gee na die begeerte van ons harte.

     Dit is ‘n lieflike dag. Vanoggend het die reën opgehou wat van gisteroggend af geval het en  die son het lieflik begin skyn. Ons het almal soos dassies in die son gestaan om warm te word.

Sondag, 15 Julie 1900

     Vanoggend was dit besonder koud. Ds Alheit het op die gewone tyd gekom en gepreek oor Joh. 10:33 (Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry, maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin.) hierdie woord het goedsmoeds ‘n Wonderlike woord van ons Heiland geword.  Dit was vir ons baie verkwikkend.

     Die diens was net klaar toe het dit weer begin reën en almal het maar probeer om droog te bly. In die middag was daar weer ‘n diens wat verhinder is as gevolg van die reën.

Maandag, 16 Julie 1900

     Vanoggend is al die plankvloere weer uit die tente uitgehaal sodat dit kon droog word. Dit was ‘n mooi gesig om te sien dat alles vandag verfris is en dit lyk nou hier soos by ons in  September. Alles is so lieflik groen.

Dinsdag, 17 Julie 1900

     Vanoggend het dit weer begin reën en ons moes ons maar stil gedra. Vanoggend het ons gesien hoe 31 van die kleiner waentjies met troepe in net in een rigting ry. Ons het nie geweet waarheen hulle ry nie, want ons het hier min nuus ontvang. Ons het net besef dit is vir die een of ander doel. Ons het maar almal gehoop dat ons vrygelaat sou word, Want die behandeling hier was maar steeds asof ons net gevangenes is. Iemand wat dit nog nie ervaar het nie, sal dit nie kan verstaan nie. Die ergste was dat, as ons  nie Bybels gehad het  waarin   daar soveel troos en bemoediging was nie, dit ondraaglik sou wees.

Woensdag, 18 Julie 1900 

    Vandag het weer niks besonder gebeur nie, behalwe dat dat weer die gerug rondgegaan het dat een van ons manne pokke het en ons het nie geweet of ons dit moes glo nie en of dit maar weer ‘n kampstorie was. Dit het nogal dikwels hier gebeur.

     Vanoggend het daar ook weer ‘n groep Transvaalse burgers na Simonstad vertrek. Onder hulle was Ds. Postma wat maar nog net ‘n paar  dae hier by ons was.

Donderdag, 19 Julie 1900

     Vandag het hier weer ‘n klompie van ons burgers as krygsgevangenes aangekom, waaronder etlike van Winburg se manne was. Onder hulle was ook ‘n seun van kommandant Boshoff. Ek het nog nie kans gekry om met hom te gesêls nie aangesien hulle so omring was van vriende  wat nuus wou hoor. Ek het maar gewag tot later in die dag voor ek ons manne wat hier aangekom het gaan  groet het met die verwagting om iets van die huis af te verneem. Tot my teleurstelling kon niemand my iets van my familie vertel nie. Ek het tog gehoor dat een van my vedkornette, A. Swanepoel, ernstig gewond is. Hieroor was ek baie hartseer.

     Ek het ook vandag ‘n brief van my liewe vrou ontvang.

Vrydag, 20 Julie 1900

     Ook vanoggend het hier weer ‘n klompie burgers as krygsgevangenes aangekom. Onder hulle was Ds. Louw van die Z.A.R.

Saterdag, 21 Julie 1900

     Niks belangrik het vandag gebeur nie. Dit het weer vanoggend begin reën.

Sondag, 22 Julie 1900

     Vandag het ons die verwagting gehad dat Ds. Alheit van ons sou afskeid neem aangesien hy weer na sy gemeente sou teruggaan. Hy het aangekondig dat hy op 24 Julie van ons sou afskeid neem.

     Alhoewel dit vanoggend gereën het, was die tent propvol hongerige siele wat uitgesien het na die verkondiging van die Woord. Hy het hierdie woord vanoggend geneem uit Rom. 12: 12 (Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in gebed) Hierdie woord was vir ons tot groot seën. Ds. Alheit het ons verder meegedeel dat Ds. Louw, wat ook hier ‘n krygsgevangene is, vir ons sal preek aangesien die Engelse offissiere hom toestemming daartoe gegee het. Dié middag het dit so gereen dat die diens van Ds. Louw nie in die tent kon plaasvind nie, maar in een van die sinkgebou. Die gebou was propvol. Die Ds. het as sy teks gekies Ps. 31: 16 (. . .my tye is in u hand. Red my uit die hand van my vyande, van hulle wat my agtervolg.). Dit was ‘n ernstige woord en baie trane is gestort gedurende die diens, want die woorde het ons herhaaldelik gewys op die gevaar waarin ons was. Tog het dit ons verseker dat ons tye in God se hand was en nog steeds is. Die Ds. het die beeld gebruik van ‘n vader en sy twee seuns wat na ‘n tuin gegaan het. Toe hulle by ‘n brug kom het die vader aan hulle gevra hoe hulle oor die brug gaan kom. Die oudste het geantwoord: “Ek sal pa se hand vashou.” Toe hy dit vir die jongste seun vra, het hy geantwoord: “Neem vader my hand.” Toe hulle op die brug kom het die brug gekantel  en die een wat die vader se hand vasgehou het, het in die water geval en die een wie se hand die vader vasgehou het hy omhoog vasgehou sodat hy veilig was.  Sy toepassing was dat ons moet lewe terwyl die Vader  ons hande vashou.

Maandag, 23 Julie 1900

Dit reën maar gedurig en almal het na sonskyn verlang, want die afgelope week het ons slegs een dag mooiweer gehad en dit is vir ons broeders in die tente nie so gemaklik nie. Vandag is vir die eerste keer ontdek dat een van ons manne beplan het om te ontsnap. Hy was reeds ver gevorder om ‘n tonnel te grawe.

Dinsdag, 24 Julie 1900

     Dit is ‘n heerlike dag. Die weer het verlede nag opgeklaar en ons het lekker sonskyn. Ons burgers is dan ook besig om die plankvloere uit hulle tente uit te haal om die plekke te laat droog word.

      In die namiddag het Ds. Alheit  gekom om tydelik van ons afskeid te neem. Hy het ons die versekering gegee dat hy maar net vir ‘n jaar of vir ses maande na sy gemeente teruggaan en dan weer na ons sal terugkeer en dat Ds Botha van Swellendam nou hier kom werk. Dit was ‘n plegtige oomblik. Hy het gepreek uit Filip. 4: 7 (En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak).Na die diens het ons aan hom ‘n dank-adres oorhandig wat deur Eerwaarde Spratt voorgelees is. Tesame daarmee het ons aan hom ‘n beursie oorhandig. Die Ds. het hierop gepas geantwoord met die vertroostende woord: “Moet oor niks besorg wees nie, maar laat julle begeertes met danksegging bekend word by God.” Hierna het die groot skare hom die baie bekende gebed toegesing; “Laat Heer u seën op hom daal.” Hierna het soveel as moontlik aan hom ‘n handdruk gaan gee. Die Here  sy sal sy dienskneg seën  en vir hom ‘n wolkkollom in die dag en ‘n vuurkolom in die nag wees. Dit was my eie hartewens vir hom.

Woensdag, 25 Julie 1900

     Vandag het ons hier ‘n heerlike warm dag gehad vir hierdie tyd van die jaar. Verder was dit maar die gewone gewoel van elke dag.

Donderdag, 26 Julie 1900

     Ons het vandag ook weer ‘n lekker sonskyn dag gehad. Ek het vandag weer in die kamp rondgegaan om ons burgers te besoek en het veral met sommige van hulle sinvolle gesprekke gehad. Dit is altyd ‘n voorreg om mekaar te troos en te bemoedig.

Vrydag, 27 Julie 1900

     Vandag was alles stil in die kamp. Die gewone gewoel van elke dag het voortgegaan en niks was vandag anders as net die kampstories wat baie gehoor is nie.

Sondag, 29 Julie 1900

     Vandag het ek baie aan my dierbares gedink aangesien dit vandag my verjaarsdag was  (Gebore 29 Julie 1848) en ek het die versekering gehad dat daar baie by die huis oor my gepraat is. Ek is dan ook vroeg in die môre deur my vriende geluk gewens met die bede dat ek met my volgende verjaarsdag by die huis sal wees.

     Eerwaarde Spratt het om 10:00 vir ons gepreek oor Matt. 26: 63 (Maar Jesus het stilgebly) In die namiddag het hy gepreek oor Luk 19: 42 (Jesus se woorde aan Jerusalem: “ As jy maar op hierdie dag die dinge besef het wat vir jou vrede kan bring! Maar nou is dit vir jou oë verberg). Ook hierdie diens was ‘n baie groot genot.

Maandag, 30 Julie 1900

     Verlede nag het dit weer gedurig gereën en alles was vanoggend nat, maar die son het heerlik uit die Ooste geskyn. Dit het my laat dink aan die dag wanneer die lieflike vrede sal deurbreek na ‘n nag van kommer en verdriet.

      ‘n vriend het aan my vertel dat ons oorledenes van Belmont nog nie begrawe is nie. Dit het ‘n vriend hom gister vertel. Dit my laat dink aan Ps 79: 2 (Hulle het die lyke van  u diensknegte vir die voëls van die hemel as kos gegee, die vleis van u getroue volgelinge vir die wilde diere van die aarde).

     Ons het vandag ook berig ontvang dat Generaal Prinsloo met 5000 manne oorgegee het. Die besonderhede was egter baie vaag.

Dinsdag, 31 Julie 1900

      Die gewoel van elke dag het maar voortgegaan soos gewoonlik. ‘n Mens het oral gehoor van die berigte van gister. Meeste van ons het maar net baie gedink oor die berigte sonder om daaroor te praat.

Woensdag, 1 Augustus 1900

     ‘n Lieflike dag. Ons sou almal graag wou weet wat die omstandighede van die oorgawe van Generaal Prinsloo was en hoe dit ons omstandighede hier sou verander. Nou het ons weer die berig ontvang dat generaal Prinsloo hom slegs met 1000 burgers oorgegee het. Verder het ons niks geweet nie en ons sal in aanbidding swyg.

Donderdag, 02 Augustus 1900

     Vanoggend het hier weer ‘n klompie burgers uit die Vrystaat as krygsgevangenes ingekom. Ek voel vanoggend terneergedruk , maar ek sal my troos met die onvylbare woord van my hemelse vader in Ps 91: 10 – 12 (Onheil sal jou nie oorval nie en ‘n plaag sal nie naby jou tent kom nie, want Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. Op die hande sal hulle jou dra sodat jou voet nie teen ‘n klip stamp nie).

     Ons het ook berig ontvang dat die Winburg- en Senekal-burgers hulle oorgegee het. Al die berigte was nie in ons voordeel nie, maar die liewe Here beskik self oor die lotgevalle van die mense en wat Hy doen is verreweg die beste, daarom sal ons ook maar swyg.

     Vandag het Ds. Botha in ons kamp aangekom en sal tydelik hier onder ons arbei. Hy is die leraar van Swellendam.

Vrydag, 3 Augustus 1900

     Vandag het hier ook  nie veel gebeur nie. Alles het maar hulle gewone gang gegaan. Vandag het ek vir die eerste keer van my twee seuns berig ontvang sedert Mei. Teen sononder het ek voor my kamer gaan sit en gesien hoe vyf kinder daaar buite speel. Hulle was juis so oud soos my kinders by die huis. Ek was aangedaan en het liewers in my kamer ingegaan om dit uit my gedagtes te kry.

Saterdag, 4 Augustus 1900

     Vanoggend waai die Suidewind so dat ‘n mens dit nie buite kon uithou nie. Die see was ook baie onstuimig.

Sondag, 05 Augustus 1900

     Op hierdie lieflike Rusdag het Ds. Botha vir ons ‘n diens kom hou. Hy het weer, soos sy gewoonte was, die groete van sy gemeente oorgedra en ons die versekering gegee dat sy gemeente simpatie met ons het en wat hulle doen om ons lewens as gevangenes draagliker te maak. Hulle het ‘n basaar gehou om ons van die nodige te voorsien en dat hulle ook vir ons bid. Hy het ons voor die diens Ps. 42: 1, 3 laat sing (Soos ‘n hert in dorre streke, smag my siel na U, o Heer). Na die sang het hy die vraag gevra: “Glo jy wat jy gesing het, want die Here sal jou druk verander in geluk. Hierna het hy woorde van troos en bemoediging aan ons gerig en toe gepreek uit Matt. 9: 12 – (“Jesus het gesê: ‘Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes’). Hy het aan ons twee vrae gevra: Waarom word sonde die siekte van die siel genoen en hoe word jy van die siekte genees? Hierdie diens was werklik vir ons tot ‘n seën.

     Hy het ons meegedeel dat Ds. Snyman toegelaat is om in die namiddag vir ons ‘n diens te hou. Hy maak dan ook twee uur sy verskyning en het ‘n kragtige diens gelewer. Hy het gepreek oor Mark. 9: 23 (Jesus vra hom toe: “As U kan? Alle dinge is moontlik vir iemand wat glo.”)Die woorde, “As jy glo is alle dinge moontlik”  was vir ons ‘n groot troos. Na die diens het mense van sy gemeente gegaan om hom ‘n handdruk te gee. Ek het self ook my bes gedoen om hom te groet en so word byna die hele dag deurgebring in diens van die Here. Ek het op hierdie heilige dag baie aan my dierbares gedink. Dit die eerste Sondag in die maand  en  gewoonlik was dit die dag waarop ek en my familie kerk toe gegaan het. Vandag  weet ons egter niks van mekaar af nie, maar Hy sal ons troos met die woorde van Ges 189: 4 (Nooit kan geloof te veel verwag nie, die Heer se woorde is gewis. Faal aardse vriende soms van kragte, maar nooit ‘n vriend soos Jesus is”).

     Die aand het ons weer ‘n biduur gehou wat gelei is deur Ds. Louw. Hierna het ek nog ‘n kort biduur gaan hou saam met my vriende en daarna het ons getroos uit mekaar gegaan om nog in stilte te peins oor al die voorregte wat ons onder hierdie omstandighede nog kan geniet en gesê: Loof die Here, o my siel en vergeet geen een van my sy weldade nie.

Maandag 6 Augustus 1900        

Vanoggend is dit hier weer papnat aangesien dit weer reën en ons maar in ons kamers moet bly. Ons burgers het vandag weer met hulle tente verskuif na die ander kant van die kamp. Sommige burgers het ook weer die kamp verlaat en niemand het geweet waarheen hulle  gaan nie. Ons gedagte was dat hulle na Ceylon gestuur word. Onder hulle was ook een van my burgers by name John Parker en ook ‘n ou vriend, John Schot.Ek het vir hulle almal jammer gevoel en dit het ook gelyk of hulle hartseer is. Mag die liewe Here ons tog spoedig verlos van hierdie ballingskap.

Dinsdag, 7 Augustus 1900

     Vanoggend was maar weer hartseer en ek het baie gedink aan my dierbares tuis. Verder het alles maar hulle gewone gang gegaan.

Woensdag, 8 Augustus 1900

     Niks besonders nie. Teen die aand was daar in een van die huise wat hier  gebruik is as huisvesting vir krygsgevangenes, ‘n konsert. Ek het dit nie bygewoon nie en het maar liewers in my kamer gebly om na te dink oor ons lot.

Donderdag, 09 Augustus 1900

     Ek het in my kamer gesit en terwyl ek daar gesit het, het die orkes weer by die kamp verby geloop saam met ‘n afdeling troepe, maar waarheen hulle gegaan het, het ek nie geweet nie.

Vrydag, 10 Augustus 1900

     Niks belangrik het vandag gebeur nie, behalwe dat die storie   dat ons na Ceylon gestuur gaan word weer ernstig rondgegaan het. Soos almal kan dink,  was dit vir ons  geen goeie nuus nie. Almal weet as ons weggestuur word, word ons afgesluit van ons pos. Nou kry ons darem nog nou en dan ‘n brief en is dit vir ons ‘n geweldige troos. Die beste vir ons is om dit maar alles aan die Here op te dra sonder wie se wil daar geen haar van ons hoof sal afval nie.

     Vandag het ek ‘n gebreide slaapmus ontvang van ‘n ou weduwee van 83 jaar met die naam van Johanna Malherbe. Ek het dit met ‘n dankbare hart ontvang  en besluit om dit as ‘n nagedagtenis aan haar te bewaar. Die ou moeder het in Klein Drakenstein gewoon.

Saterdag 11 Augustus 1900

     Verlede nag het daar oorvloedige reën geval en dit is vanoggend baie nat en die wind waai erg. Dit is ook baie koud. Tog lyk dit of die weer bsig is om op te klaar en of dit dalk ‘n mooi dag kan word.

     Vanoggend het hier ook weer enkele offisiere as krygsgevangenes aangekom. Onder hulle was Ds. Roux van Senekal. Baie van sy vriende het hom ‘n handdruk gaan gee. Ek wou hom ook graag gaan groet en by hom uit te vind oor my kinders . Hy het niks van hulle geweet nie. Hy het egter vir my vertel van baie van my viende, S. Pienaar en Ds. Marquard.

Sondag, 12 Augustus 1900

Die liewe Here het aan ons ‘n mooi rusdag gegee. Ds. Pienaar het 10:00 in ons kamp ‘n diens gehou oor 2 Sam. 15: 25, 26 (Die koning sê toe vir Sadok: Neem die ark van God terug na die stad. As ek guns vind in die oë van die Here, sal Hy my laat terugkeer en my weer die ark en sy staanplek laat sien.Maar as Hy sou sê: ‘Ek is nie tevrede met jou nie’. Wel ek is gereed; Hy kan met my doen wat goed is in sy oë). Dit was ‘n geseëndeuur wat bygewoon is deur ‘n groot skare.

Maandag, 13 Augustus 1900

     Ook vanoggend het die son heerlik gekyn uit die Ooste en ons het uitgesien na ‘n heerlike dag. Vandag het hier weer ‘n klomp burgers in ons kamp ingekom, terwyl ander op skepe geplaas is. Heel waarskynlik om na Ceylon gestuur te word. Ek was bekommerd dat daar dalk van my kinders op die skepe geplaas is. Niemand kon egter bevestig dat hulle ook by diegene was wat saam met generaal Cronjé was toe hy oorgegee het. Dit wil ek ook maar net stilswyend in die hand van die Here oorlaat.

Dinsdag, 14 Augustus 1900

     Ek het vanoggend weer in die kamp rondgegaan en met sekere vriende gepraat oor ons belydenis van skuld en of daar nie dalk nog ‘n gebrek is aan selfondersoek nie.

     Hier het weer krygsgvangenes aangekom wat vertel het dat van die burgers ingeskeep is vir Ceylon. Van my kinders het ek egter niks gehoor nie. Daar is vertel dat twee van my vriende aan boord was, S. Pienaar van Winburg en Thomas Theron van Fouriesburg. In ons kamp is sekere persone aangesê om teen half drie gereed te wees om aan boord te gaan. Teen donker die aand het die ander krygsgevangenes van generaal Prinsloo hier aangekom. Onder hulle was baie van my vriende en bekendes; Onder andere my twee seuns, ‘n broer en ook ‘n seun van my swaer, J. Naudé wat vroeër gesneuwel het en ook my swaer N. Du Toit. Geen pen kan beskryf wat my blydskap was nie en aan vreugdetrane het dit nie ontbreek nie. Die volgende dag moes ons egter weer afskeid neem.

Woensdag, 15 Augustus 1900

     Presies tien uur is ons burgers wat gisteraand aangekom het weer weggeneem, maar niemand het geweet waarheen nie. Dalk na een van die skepe om elders heen vervoer te word. Dalk na Ceylon. Die vreugdetrane van gisteraand het nou trane van droefheid geword. Ds Roux was ook onder hulle. Ons moet egter net ons hande voor ons monde sit en swyg in aanbidding. Die wat met trane saai sal met gejubel maai. Teen twaalf uur het generaal Prinsloo ook hier aangekom. Ons het weer gehoor dat Ds. Marquard van Winburg ook op pad was as krygsgevangene. Daaroor was ek natuurlik baie hartseer, want ek het gedink dat hy nou baie van ons dierbares kon vertroos. Die Here se weë is reg en ons moet net stil wees.   

Donderdag, 16 Augustus 1900

     Vanoggend het daar weer ‘n aantal van ons burgers as krygsgevangenes hier aangekom waaronder baie van die offisiere soos Pieter Ferreira van Ladybrand, G. Van der Merwe van Senekal en Malets van Ficksburg. Ook Ds. Marquard was onder hulle. Ek was verstom om hom te sien. Hy is deur baie omring om hom te groet. Dit was lede van sy gemeente en ander vriende. Ook ek het my bes gedoen om hom ‘n handdruk te gee. Ek was ook bly dat ek van hom kon verneem van my dierbare vrou en dat dit met hulle almal goed gaan.

Vrydag, 17 Augustus 1900

     Ek het vanoggend nog baie vriende ontmoet wat as krygsgevangenes ingekom het. Onder andere ook Hermanus Willers wat ek omtrent 30 jaar laas gesien het.

Saterdag, 18 Augustus 1900

     Alles het hulle gewone gang gegaan. Ek het vandag weer ‘n brief van my liewe vrou ontvang waaroor ek bly en dankbaar was.

Sondag, 19 Augustus 1900

     Op hierdie lieflike Rusdag het Ds. Botha gepreek uit Matt. 14: 27. (Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Hou moed, dit is EK; moenie langer bang wees nie.”) Hou moed, moenie vrees nie, was ‘n tydige boodskap vir elke gelowige siel. Dit was ook ‘n groot troos vir ons as krygsgevangenes wat met groot belangstelling na die boodskap geluister het. Die middag het hy gepreek oor Ps. 32: 2, 5 (Gelukkig is die mens vir wie die Here sondeskuld nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. My sonde het ek teenoor U erken; my sondeskuld het ek nie bedek nie. Ek het gedink, ek wil my oortredings teenoor die Here bely.) Ook hierdie diens is met groot belangstelling aangehoor.

Maandag, 20 Augustus 1900

     Vanoggend is die hier weer nat. Verlede nag het dit weer hard gereën. Ek voel ook vanoggend weer terneergedruk. Ek het by myself nagedink oor die preke van gister waardeur ek weer oortuig is dat ek nie moet twyfel nie.

     Vanaand het ek weer ‘n brief van my huis af ontvang, geskryf deur een van my dogters. Ek het ook weer geld ontvang.

Dinsdag, 21 Augustus 1900    

Vroeg vanoggend het ons gehoor dat die ou vader, Hendrik van Wyk, wat ‘n tydjie gelede hier aangekom het, verlede nag oorlede is. Gister het hy nog geloop en vandag is hy nie meer hier nie. Tereg kon ons hom ‘n ou vader van die  gelowiges noem en hy was ‘n krag in die land van die lewendes. Sy as rus vandag in vrede.

     Ons het ook die versekering gekry dat van ons krygsgevange burgers van Generaal Prinsloo na Ceylon gestuur is. Onder hulle was ook twee van my jong seuns.

Woensdag, 22 Augustus 1900

     Alles het maar hulle gewone gang gegaan. Teen twee uur het Ds. Botha gekom om die begrafnisdiens van ou vader H. Van Wyk te hou. Ds Botha het eers ‘n gedeelte uit 1 Thes. 4 vanaf vs. 13 gelees (Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap het nie, sodat julle nie treur soos die ander mense wat nie hoop nie.) Hy het ook Openb. 7 vanaf vs. 9 gelees en hy het gepraat oor vss. 13 en 14 (In antwoord hierop het een van die ouderlinge vir my gevra:” Hierdie mense wat die lang wit stolas dra, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?” Ek het hom geantwoord: “Meneer, u is die een wat weet.” En hy het vir my gesê: “Dit is die mense wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle stolas gewas, en dit wit gemaak in die bloed van die lam.”) Dit was ‘n ernstige boodskap en mag elke onverskillige wat geluister het tot nadenke kom oor hoe onverwags die dood kom en hoe vreeslik  dit vir hulle is  wat Jesus nie as vriend het nie.

Donderdag 23 Augustus 1900

     Vanoggend is alles weer nat aangesien dit verlede nag weer baie gereën het. Ek het vanoggend wakker geword met ‘n ongesteldheid in my maag. Dit is natuurlik veroorsaak deur die nat grond. Teen die aan was dit weer beter.

Vrydag, 24 Augustus 1900

     Die Here het vir ons ‘n lieflike dag gegee. Die son skyn lieflik uit die Ooste. Ek het vandag my vriende in die kamp gaan besoek. Hulle was almal besig om hulle tente af te breek om die staanplekke te laat droog word. Vanoggend is sommige van die burgers weer aangesê om gereed te wees om die middag iewers anders heen gestuur te word. Niemand van ons het geweet waarheen nie. Van my twee seuns het ek nog niks gehoor nie  en ek was angstig om te weet waar hulle is.

Saterdag, 25 Augustus 1900

     Alles het vanoggend hulle gewone gang gegaan. Daar het vanoggend baie pos ingekom, maar daar was niks vir my nie. Ek het verlang na nuus.

     Vanmiddag is daar weer aangekondig dat daar ‘n roudiens gehou gaan word . Ds. Botha het ‘n gedeelte van Joh 11 vanaf vs. 14 gelees (Die gedeelte handel oor die dood van Lasarus) en ook ‘n gedeelte uit Openb. 21. Hy het die laaste vers van die hoofstuk as teks gebruik. (En niks wat besoedel is, en niemand wat iets gruweliks en vals gedoen het , sal ooit toegang tot haar kry nie, slegs hulle wat opgeteken is in die boekrol  van die lewe van die Lam) Dit was ‘n ernstige woord aan almal wat geluister het, veral toe hy met nadruk daarop gewys het wat ons onderskei van hierdie jongeling. Mag al hierdie roepstemme nie tevergeefs wees nie. Baie trane is gestort toe hy genoem het dat hierdie jong man ver van sy vriende en van sy  dierbare moeder af oorlede is. Sy het nie eers die geleentheid gehad om vir hom ‘n bietjie water te gee nie.

     By sulke gelenthede word ‘n mens eers weer werklik bewus van wat dit beteken om  ‘n gevangene te wees.

Sondag, 26 Augustus 1900

     Op hierdie lieflike rusdag het die Suidewind baie koud gewaai. Ek het vandag baie aan my dierbares gedink. Veral toe ek gedink het hoe ons gewoonlik Sondae deurgebring het deur  te lees en te bid rondom die huisaltaar.

     Ds. Botha het tien uur gepreek oor Hos. 6:1 (Kom ons keer terug na die Here – want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar hy sal gesond maak ; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind). ‘n Groot skare was teenwoordig en mag hierdie boodskap nie tevergeefs wees nie.

     In die namiddag het Ds. Botha gepreek oor Mark. 5: 34 (Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal”). Ook hierdie diens was vir ons ‘n lafenis en almal is bemoedig en getroos uitmekaar met ‘n dankbare hart dat die liewe Here ons in ons ballingskap nie vergeet het nie, maar ons oorvloedig seën met sy dierbare Woord.

Maandag, 27 Augustus 1900  

     Vanoggend was weer vir my ‘n groot herinnering aangesien dit vandag 6 maande is sedert ek ‘n krygsgevangene geword het saam met generaal Cronjé by Paardeberg. Ek het vandag ‘n telegram na Simonstad gestuur om te hoor of my twee seuns daar is en of hulle na Ceylon gestuur is. Vanmiddag is Ds. Marquard uit die kamp uitgelaat om onder parool na Kaapstad toe te gaan. Ek was bly hieroor. Ek sou graag wou hê dat hy teruggaan na Winburg. Hy is daar op hierdie tydstip meer nodig as hier.

Dinsdag, 28 Augustus 1900

      Vandag het stil verby gegaan en niks het gebeur om notisie van te neem nie.

Woensdag, 29 Augustus 1900

     Vandag het ek weer nuus van die huis af ontvang waaroor ek baie bly en dankbaar was. Ek het soos gewoonlik weer in die kamp rondgegaan om my vriende te besoek.

Donderdag, 30 Augustus 1900

     Ek het vanoggen baie skepe op die see sien aankom. Dit was alles visserskuite. Ek het nog nooit so baie op die see gesien nie. Dit het ons as krygsgevangenes nie veel gebaat nie. Ons het  onder die kastydende hand van Here nie die voorreg gehad om vars vis te kry nie.

     Ons het vanoggend verneem dat Machadodorp ingeneem is, maar ons het nie al die besonderhede gehad nie. Ek het myself ook  weer vandag laat afneem saam met my burgers wat saam met my by Paardeberg krygsgevange geneem is.    

     Hier het vandag ook weer ‘n enkele krygsgevangenes aan gekom, waaronder ook Japie van der Merwe en ook K. Van Zyl wat die seun van ons landdros op Winburg was.

Vrydag, 31 Augustus 1900

     Vandag het Jan Olivier, die kommandant van Rouxville ook hier aangekom as krygsgevangene. Ek het geen besonderhede gehoor oor sy gevangeneming nie.

     Vanmiddag het ek ook berig ontvang dat my twee seuns na Ceylon gestuur is saam met ‘n aantal krygsgevangenis wat saam met generaal Prinsloo was. Ook hierin wil ons die hand van die Here sien.

Saterdag, 1 September 1900

     Dis ‘n lieflike mooi dag en die gewoel van die krygsgevangenes het gewoon aangegaan. ‘n Mens kon agterkom dat baie van die krygsgevangenes moedeloos is en dat daar baie is wat dit as die kastydende hand van die  Here beskou. Daar was ook nog baie wat nog onverskillig is.

Sondag, 2 September 1900

Die Here het vir ‘n ons ‘n mooi rusdag gegee. Dit was ‘n dag van besondere herinnering vir ons as krygsgevangenes, want dit was ‘n dag van voorbidding was wat deur  die Vrystaatse sinode uitgeroep is. Ds. Botha het dan ook klem gelê oor hoe ons moet bid. As teks het hy gebruik, Heb 10: 19 – 22 (Broers, ons het dus die vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom, langs ‘n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangesel heen, dit is deur sy liggam , en ons het ‘n groot priester oor die huis van God. Laat ons daarom ingaan met ‘n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van ‘n slegte gewete en ons liggame gewas met skoon water.) Hy het voorts vir ons gesê waarvoor ons moet bid: Om God se beskerming vir ons dierbares, God se beskikking oor vrede soos God wil en dat ons onself in die  uur van ons beproewing nie moet verhard nie. Ook hierdie diens is aangehoor deur ‘n groot skare en hulle het met erns daarna geluister. Aan die einde van die diens het Ds. Botha aangekondig dat daar die middag ‘n biduur sal wees. By die geleentheid het Ds. Botha gepreek oor die belydenis van Daniël. Ek het nog nooit by ‘n biduur soveel belydenisse gehoor soos wat daar deur bidders uitgespreek is nie. Baie trane is gestort en elke gelowige het daar weggegaan met die versekering dat die liewe Here gehoor het en ons het sy antwoord verwag.

     In die aand het ons weer ons gewone bidure gehou en ook weer die onderwerp van skuldbelydenis hanteer. In dieselfde tyd het Eerw. Spratt weer in die sinkgebou ‘n diens gehou.

Maandag, 3 September 1900

Vandag is weer ‘n aantal krygsgevangenes opdrag gegee om elders heen te gaan. Niemand het geweet waarheen hulle sou gaan nie. Moontlik sou hulle Ceylon toe gaan.

     Vandag het ons ook gepraat oor ons eie omstandighede. Sommiges het nog moed gehou, maar die ander het veral uitgesien na vrede.

     Vanaand het ek weer ‘n brief van my liewe vrou ontvang. Ek was baie bly om te hoor dat dit met hulle almal nog goed gaan. Ek het egter vir haar jammer gevoel want ek het uit haar brief afgelei dat sy begin moedeloos word  en te meer nog omdat ons twee seuns saam met Genaraal Prinsloo krygsgevange geneem is. Mag die liewe Here vir haar die krag gee om stil op sy hulp te wag.

Dinsdag, 4 September 1900

     Vandag het ons die nuus ontvan dat Lord Robberts die Transvaal as die laaste kolonie geannekseer het.

Woensdag, 5 September 1900

     Vandag is ons groot dag van herinnering aangesien dit die eerste Woensdag van die maand is en ons dan gewoonlik ons maandelikse biduur het. Ons het besluit dat vandag ook ‘n dag van verootmoediging gaan wees. Om half tien het ons vir hierdie plegtigheid bymekaar gekom. Ds. Botha het ook bekend gemaak dat hy ‘n telegram ontvang het van Simonstad dat hulle daar ook besluit het om hierdie week elke dag vir vrede te bid en skuldbelydenis te doen. Hierdie nuus is met blydskap ontvang.

     Ds. Botha het gepreek oor Jona 3 en Spreuke 28: 13 (Wie sy oortedings bedek, sal nie sukses behaal nie; maar hy wat dit bely en dit laat vaar, ervaar ontferming). Na die diens het Ds. Botha ons gevra om die volgende twee teksgedeeltes hardop saam met hom te sê Efesiërs 3: 20 en 21 te sê (Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink, aan Hom kom toe die heerlikheid in die kerk en in Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig. Amen).Dit was ‘n plegtige oomblik, maar vir my was dit ‘n teken ten goede. In my was die geloof baie sterk dat die Here ons sal hoor. Die Dominee het ons ook versoek dat ons op hierdie plegtige dag nie moet vergeet om met mekaar te bid nie, maar ons moet ook nie ons binnekamergebede nalaat nie. Die liewe Here gee ons genade om ons gebede vir die lankverwagte verlossing te verhoor volgens sy wil,  en om  sy Naam se onthalwe. Ook dat Hy my en my volk sal verdra.

Donderdag, 6 September 1900

     Niks besonders het vandag gebeur nie. Alles het maar hulle gewone gang gegaan.

Vrydag, 07 September 1900

     Vandag het alles maar voortgegaan soos gister. Ek het weer ons burgers in die kamp gaan besoek. Hulle tente is weer alles afgebreek en ‘n mens kon oor die skare van manne met verwondering sien. Hulle het maar in klompies by mekaar gesit en gesêls. Hulle het hieroor en daaroor met mekaar gesêls, maar oral het dit deurgeskemer dat hulle gepraat het oor wanneer hulle sal kan huis toe gaan.

     Vanmiddag het hier weer ‘n aantal krygsgevangenes aangekom. Ek het nie geweet of hulle van die Vrystaat of van die Transvaal was nie. Hulle het ook geen nuus vir ons gehad nie.

Saterdag, 8 September 1900

     Ook vanoggend het ek niks om oor te skryf nie. Ek het weer in die kamp rondgegaan onder die burgers. Kamppraatjies was volop. Vroeg die oggend het iemand vir my vertel dat daar teen die einde van die maand vrede sal wees. Hy het my verseker dat byna almal dit gehoor het. Ons sal almal daardeur getroos word, want vrede klink maar altyd mooi. In vele gesprekke het ek ook gehoor dat dit die laaste dag is wat ons vir verootmoediging opsy gesit het en daar word die vrae gevra oor wat die sonde van ons volk nou eintlik is. Dit is goed en noodsaaklik om daaroor na te dink, veral in ‘n tyd soos hierdie.

Sondag, 9 September 1900

     Die Here het aan ons ‘n heerlike rusdag gegee. Vanoggend het Ds. Botha gepreek oor Hebreërs 12: 5 en 10. (En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet: “My seun moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie. (Vs 10) “want hulle het ons vir ‘n kort rukkie getug  volgens dit wat vir hulle reg gelyk het, maar Hy tot ons beswil sodat ons deel kan kry aan sy heiligheid.”)

Hy het sy preek in drie dele ingedeel   

                                    1. Hoe kasty God.

                                    2. Waartoe kasty God.

                                    3. Wat pas ons onder hierdie kastyding.

     Twaalfuur het hier weer twee predikante uit die Vrystaat as Krygsgevangenes aangekom. Die een was Ds Albertijn van Rouxville en die ander was Ds. De Vos van  Zastron. Ek het niks geweet hulle gevangeneming nie.

     In die middag het Ds. Botha gepreek oor Ps 34: 6 – 8. (Verdruktes kyk op na Hom en hulle straal; Hulle gesigte hoef nie rooi van skaamte te wees nie. Hierdie magtelose het geroep en die Here het gehoor, en uit sy benoudheid het Hy hom verlos. Die Engel van die Here trek ‘n laer om hulle wat vir die Here ontsag het en red hulle.”) Ook hierdie diens is goed bygewoon en almal het getroos en verkwik uit mekaar gegaan.

Maandag, 10 September 1900

Die gewoel van elke dag was aan die gang. Vanoggend is dit weer mistige weer.

Dinsdag, 11 September 1900

     Vanoggend sou Ds. Botha van ons afskeid neem. Teen tien uur het hy voor ons opgetree. Hy het eers Ps 121 gelees en toe Habakuk 3: 17 (Al sou die vyeboom nie bot nie, daar geen opbrengs aan die wingerdstok wees nie, die drag van die olyfbome teleurstel, die landerye niks lewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle oor wees nie; nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos.) Hy het as afskeidswoord Joh. 8: 36 gebruik. (As die seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.). Dit was ‘n wonderlike woord  van troos en bemoediging. Daar is weer ‘n adres van dankbaarheid aan hom oorhandig wat voorgelees is deur H. Van der Merwe en ook ‘n beursie. Die Ds. het gepas hierop geantwoord. Hierna het ons hom toegesing:”Laat Heer u seën op hom daal.” Baie het die Ds. ‘n handdruk gegee na die tyd. Al die diens wat Ds. Botha by ons gedoen het, sal nie gou vergeet word nie. Die liewe Here sal hom seën vir die liefdeswerk wat hy die afgelope ses maande onvermoeid gedoen het.

     Namiddag het ek na een van die sinkgeboue gegaan waar daar toe ‘n vergadering van die Christelike Jongeliede Vereniging aan die gang was. Ek het gesien dat daar 35 lede bymekaar was. Hulle was juis besig om tekse te bespreek wat gehandel het oor krag in die Here. Ek is getref toe ek daaraan dink dat ons sulke voorregte het in ‘n tyd soos hierdie. Ek het met goedkeuring aan hierdie vereniging gedink. So behoort elkeen sy ledige tyd deur te bring om na te dink in stede daarvan om aan wêreldse vermaak deel te neem soos wat hier baie gesien word. Tog kan dit gesien word dat die gelowiges hulle meer  bepaal by dinge om mekaar op te bou in diens van die Here.

Woensdag, 12 September 1900

     Vandag was ‘n aangename, lieflike dag. Ds. Alheit het het weer vandag hier aangekom. Moontlik om weer vir ons ‘n diens te hou. Ek self het hom nie gesien nie, maar later sou ons agterkom of dit dalk net vir ‘n besoek was. Ons het daarna uitgesien dat hy wel hier was om sy vroeëre werk voort te sit.

     Teen sononder het daar weer twee orkeste agter mekaar verby beweeg met ‘n klomp soldate. Ek het nie geweet wat die doel daarvan is nie. Ek het later gehoor dat daar vanaand ete gegee gaan word ter ere van Sir Baden Powel. Ek kan nie vir die waarheid hiervan instaan nie. Daar is egter bepaald iets aan die gang want ‘n mens sien oral vlae wapper. Selfs die trems wat verbygery het was vol vlae. Ook die skepe was vol vlae. Toe dit donker word het ek ook buitebgewoon baie ligte gesien. Ek het op die balkon voor my kamer gaan sit en met verwondering gesien hoe die trem met rooi ligte heen en weer gery het. Hoe gevorderd is die wetenskap nie. Die aand teen nege uur het die orkeste met die soldate weer teruggekeer na hulle kamp.

Donderdag, 13 September 1900

     Ek het weer vanoggend in die kamp rondgegaan onder die burgers. Ons het die berig ontvang dat President Kruger na Holland gevlug het en dat hy by Delagoabaai aangekom het en dat president Steyn ernstig siek was en dat hy in Nelspruit was. Dit was nuus uit die Kaap. Onder andere is daar gesê  dat Burger die opvolger  in die plek van president Kruger was. Ons sou maar moes wag om te weet of hierdie berigte die waarheid was.

     Daar het weer ‘n klomp van ons burgers in die kamp ingekom wat almal op die plase gevang was.

Vrydag, 14 September 1900

     Vanoggend het ek weer baie aan my huis gedink. Dit was vandag 10 Maande sedert ek my woning verlaat het en ek kan nog goed onthou hoe ek daardie oggend gevoel het. Dat dit vir my ‘n tyd van lang afwesigheid sou wees en dat soveel droefheid vir my gewag het kon ek my nie voorstel nie. Ek kon my nie voorstel dat ek ‘n krygsgevangene sou word nie terwyl al my kinders in die veld was. Die waarheid is dat die mens wik en God beskik.

Saterdag, 15 September 1900

     Ek het vanoggend weer baie swaarmoedig gevoel. Ek het met enkele vriende gepraat en hulle het my weer bemoedig.

     Vandag het ek vir die eerste keer ‘n noorkapper in die see gsien wat water in die lug opspuit. Dit was vir my wonderlik. Baie van ons het daarna gestaan en kyk en ons was spyt dat ons nie die vryheid gehad het om na die see toe te gaan en ‘n wandeling te neem nie, dan sal die dae nie so vervelig wees. Almal het besef dat daar tussen ons en volstruise nie veel verskil was nie. Die enigste verskil was dat die heinings om die kamp baie sterker was as die vir volstruise.

Sondag, 16  September 1900

     Vanoggend het Ds. Alheit gekom om vir ons diens te hou. Hy het vanoggend gepreek oor 2 Pet. 3: 18. (Sorg dat julle aanhou groei in die genade  en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus). Die middag het hy gepreek uit Filip. 4: 13 (Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee). Albei dienste is goed bygewoon en was vir ons tot seën. Dit is jammer dat die Ds. gesê het dat hy wees omstandighede nie langer by ons kon bly nie, maar dat hy Woensdag moet teruggaan na sy gemeente. Hy het ons meegedeel dat hier weer ‘n ander leraar sal kom om die werk verder voort te sit. So sorg die Here vir ons dat ons aan God se dierbare woord geen gebrek sal hê nie. ‘n Mens sou kon vra of dit nie vir ons vervelig is om hier te wees nie. Hierop antwoord ek: Nee, want as ons ons tyd nuttig wil bestee is hier werk genoeg vir elkeen. Kastyding word wins en na die mate wat die lyding is, gee die Here die nodige krag. As dit nie so was nie sou die lewe bitter gewees het, want elkeen het besef dat dit tog maar ‘n gevangenis was.

Maandag,17 September 1900    

     Vanoggend het hier weer ‘n groep burgers as krygsgevangenes aangekom. Ons het almal na nuus verlang, maar dit was maar skaars. In die meeste gevalle het almal gewens vir vrede. Verder het daar niks besonder gebeur nie. Berig het van die hospitaal gekom dat daar weer een van ons burgers oorlede is.

Dinsdag, 18 September 1900

     Alles dieselfde as gister. Die gewoel van die dag het voorgeduur. In die namiddag het Ds. Alheit die begrafnisdiens gehou. Hy het Ps. 90 gelees en ook ‘n gedeelte uit 2 Kor 16. Hy het ons aandag gevestig op 1 Pet 5: 6, 7. (Daarom, verneder julleself onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle op die regte tyd kan verhoog, deur al julle bekommernisse op Hom te werp; want Hy sorg vir julle.) Hy maak weer bekend dat hy ons gaan verlaat, maar belowe ons om tog later weer tekom. Ds. Albertyn en Ds. de Vos gaan ook weer uit op parool.

Woensdag, 19 September 1900

     Vandag het ons weer geen nuus van belang ontvang nie. Hier het weer ‘n aantal burgers as krygsgevangenes aangekom.

Donderdag, 20 September 1900

     Niks van belang het vandag gebeur nie

Vrydag, 21 September 1900

     Verlede nag het dit weer ‘n bietjie gereën. Die aand het ek vir die eerste keer ‘n brief van een van seuns gekry, Hulle was op pad na Ceylon vanaf Durban. Ek was dankbaar en bly om te weet dat dit met hulle goed gaan. Hy het my meegedeel dat hulle op die skip ‘n diens gehad het wat deur Ds. Roux gehou is. Hy het gepreek uit Ps 18: 31 (God, sy weg is volmaak; die woord van die Here is gelouter. Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil). Die volgende vier gedagtes is deur Ds. Rouxuitgelig:

1. Ek moet glo dat God se weg volmaak is.
2. Ek moet op die weg wat volmaak is gehoorsaam wees.
3. Ek moet glo dat God my op die weg sal bring tot by my bestemming.
4. Op die weg moet ek sien dat daar vir elkeen ‘n les te leer is.

Saterdag, 22 September 1900

      Ek het vandag weer in die kamp rondgegaan onder die burgers wat weer al hulle tente afgebreek het en ek het verbaas na die groot skare van mense gekyk. Dit het my hart met weemoed gevul. Sommige het heerlik gepraat oor  God se dierbare woord van vertroosting, maar vir ander het dit min  betekenis gehad. Tog word ons gevangeskap wel as ‘n realiteit aangevoel. Ook vir my is daar die biddende verlange na die heerlike dag van verlossing en ek sal myself troos met die wworde van Ps. 121 (Ek kyk op na die berge; Waar sal my hulp vandaan kom?).

     Ds Alheit het teruggekom en sal na verwagting weer vir ons dienste hou.

Sondag, 23 September 1900

     Ds. Alheit het weer vandag vir ons ‘n diens gehou en gepreek oor Ps 119: 32. (Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig). Na die afloop van die diens het die Ds. ons meegedeel dat ou vader A. Murray hierdie week na ons toe sal kom om spesiale dienste te hou. Ons was baie bly hieroor en het ‘n kort biduur gehou om die Here se seën te vra vir die werk van sy gryse dienskneg. Ds. Alheit het het ons herinner dat ons hierdie week tot die Here moet bid vir ryke seën.

     Die middag het Ds Alheit Hanelinge 18: 21 as sy teks gebruik. (Alhoewel hulle hom versoek het om langer te bly het hy nie ingestem nie, maar afskeid geneem en gesê: “Ek sal, as dit God se wil is, weer na julle kom.” Hy het toe van Efese af weggevaar.) Hy het ons ook die versekering gegee dat hy weer na ons toe sal kom as die verlangde vrede aangebreek het, om die Here te dank soos die Here wil. Daarna het hy afgesluit met die sing van Ges. 180: 5. Dit is uit volle bors deur die burgers gesing. Dit was vir elkeen ‘n vertroosting.

Maandag, 24 September 1900

     Dit was ‘n heerlike dag. Die Engelse was weer druk besig om ‘n kamp op te rig.vir krygsgevangenes en dit was amper klaar. Die veronderstelling was dat die kamp vir die van ons is wat na Ceylon gestuur moet word. Ek wil nie vir die waarheid van hierdie gerug instaan nie. Ek sal egter bly wees hieroor.

Dinsdag, 25 September 1900

     Daar het byna elke dag groepies krygsgevangenes hier aangekom.

Woensdag, 26 September 1900

     Ek het vanoggend siek wakker geword. My lyf het gepyn. Ek het egter weer in die kamp rongegaan, maar teen 10:00 moes ek weer gaan lê.

Donderdag, 27 September 1900

     Ek het vanoggend nog baie sleg gevoel, alhoewel ek ‘n bietjie beter was. Ek het vergeet om gister te sê dat ‘n klomp van ons burgers uit die kamp weggeneem is, onder andere F. Van Reenen, J, Snyman, J. Geldenhuys, maar niemand van ons het geweet waarheen hulle geneem is nie. Daar het ook weer ander krygsgevangenes ingekom.

Vrydag, 28 September 1900

     My ongesteldheid het voortgeduur. Daar was geen beterskap. Ek het ondraaglike lyfseer gehad. Teen die middag het ek beter gevoel. Ou vader Murray van Wellington het vanmiddag hier ingekom om spesiale dienste te hou.

Saterdag, 29 September 1900

     Verlede nag het ek baie min geslaap as gevolg van die voortdurende pyn wat ek ervaar het nie. Vanoggend het ek medisyne by die dokter gekry. Terwyl ek hier skryf  het ek al weer beter gevoel.

     Teen half twaalf het Ds. Murray ingekom. Ek het vir hom ‘n handdruk gaan gee. Hy het my die een en ander vertel aangaande  my seun wat op Wellington in die skool is. Hy het my vertel dat hy die diens vanaand sal waarneem. Wat ‘n vreugde vir die gelowige en honger siele.

     Vanaand half sewe het die dienskneg van die Here in die kamp ingekom om in die opelug ‘n diens te hou. ‘n Groot skare mense was reeds bymekaar. Aangesien ek nog siek gevoel het, kon ek nie hierdie diens bywoon nie. Ek en ‘n paar vriende het toe ‘n biduur gehou. Die teks wat hy vanaand gebruik het was Joh. 1: 12 (Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo).Wonderlike waarhede is in die teks opgesluit en almal het versterk en verkwik uit mekaar gegaan.

Sondag, 30 September 1900

     Vanoggend het ek heelwat beter gevoel. Ek loof en dank die Here daarvoor. Ek het verlede nag ook goed geslaap  want die pyne het my nie uit die slaap gehou nie. Almal kan dus verstaan dat ek baie dankbaar was.

     Dit is net jammer dat ek vanoggend weer nie die diens toe kon gaan nie omdat dit weer gereën het en ek my moes my beskerm teen koue en nattigheid. Ek het egter God se woord hier in my kamer om my te bemoedig.

     Daar is twee dienste gehou. Die een is gehou deur die sendeling van Potchefstroom wat enkele dae gelede hier as krygsgevangene aangekom het. Hy het as teks gebruik Ps. 24: 3. (Hy gee my nuwe lewenskrag. Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam).

     ‘n vriend het ook vir my die teks van Ds. Murray se preek gebring. Hierdie ou vader het gepreek oor Gal. 3:13. ( Christus het ons vrygekoop van die vervloeking van die wet deurdat Hy in ons plek ‘n vervloeking geword het, want daar staan geskryf: “ Vervloek is elkeen wat aan ‘n kruis hang.”)

     Hy het drie punte gehad:

                        1.         Vervloek is ‘n man onder die wet.

                        2.         Christus het ‘n vervloeking vir ons geword.

                        3.         ‘n Verloste sondaar van die vloek.

     In die namiddag is daar weer twee dienste gehou deur die twee sendeling. Ek het na die diens van eerwaarde Spratt gegaan. Hy het gepreek oor Luk. 13: 6 – 9 (Hy het toe die volgende gelykenis vertel: “Iemand het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Hy het vrugte  daaraan gaan soek en niks gevind nie. Toe het hy vir die tuinnier gesê: ’Kyk dis al drie jaar wat ek vrugte aan hierdie vyeboom kom soek en niks kry nie. Kap dit uit. Waarom moet dit die grond langer uitput? Maar hy antwoord en sê vir hom, ‘Meneer,laat dit nog hierdie jaar bly staan,  totdat ek  rondom gespit en mis gegee het. En as dit dan volgende jaar vrugte dra, goed. Maar as dit nie gebeur nie, kan u dit uitkap’ “).

     Die aand het Ds. Murray weer in die kamp ingkom vir ‘n diens, maar ek moes ook hierdie diens misloop aangesien dit weer gereën het en ek weens my siekte dit nog nie wou waag om uit te gaan nie. Ek en ‘n paar vriende het weer ‘n kort biduur gehou. ‘n vriend het ook vir my die teks gebring waaroor Ds. murray gepreek het. Hy het oor 1 Joh. 1: 9 gepreek. (Iemand wat sê dat hy in die lig is, maar sy broer haat, is steeds in die duisternis).

Maandag, 1 Oktober 1900

     Vanaand is weer ‘n diens gehou deur die sendeling van Potchefstroom. Hy het uit Luk. 15 oor die verlore seun gepreek.

     Vanoggend is dit baie koud en baie nat aangesien dit weer deur die nag baie gereën het. Ook die see het stormagtig gelyk. Ek het ‘n groot skip in die hawe sien inkom en ek het by myself gedink dat ek bly is dat ek nie op die skip is nie. Dit het nie lekker gelyk om so op en af geslinger te word nie.

Dinsdag, 2 Oktober 1900

     Vanoggend het ek gevoel dat ek amper gesond is. Ek het die Here geloof en gedank. Ons het vandag vele herinneringe gehad aangesien dit vandag ‘n jaar is wat ons as Vrystaatse burgers vertrek het na verskillende grense van die Vrystaat. Dit is vandag ook die verjaarsdag van ons hoogedele president Steyn.

     Niemand het toe gedink dat sake so ‘n wending sou neem nie. Ekself het glad nie daaraan gedink dat ek en my twee seuns en my twee broers as gevangenes sou weggevoer word  om hierdie bitter kelk te ledig nie. Tog was ek dankbaar teenoor die Here dat ek, ten spyte van al die gevare waarin ek was, vandag nog die Here kan loof en prys  en sê: “Ebehaeser, tot hiertoe het die Here my gehelp”, en ek weet sy Woord is ja en amen. Hy vergeet nie sy beloftes nie en nimmer sal Hy ons beskaam nie. (Ges. 48: 4).

     Vanaand half tien het ek die eerste keer die geleentheid gehad om na ‘n diens van Ds. Murray te gaan. Dit was waarlik ‘n vreugde. Ongeveer 1000 van ons manne het die diens bygewoon. Die gryse ou dienskneg het Gal. 5: 6 gebruik as teks (Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is). Die diens was meer vir die gelowiges. Hulle is daarop gewys  hoe elke gelowige verplig is om siele na die Here Jesus te bring. Die liewe Here gee aan ons die genade om hieraan getrou te wees en dat ons meer aan ons roeping getrou sal wees as Christene. Daartoe kan net  die Here ons help. Almal het uitmekaar gegaan om na te dink oor die woorde wat hierdie gryse dienskneg gespreek het.

     Vanaand is generaal Prinsloo op parool uit die kamp uitgelaat na Kaapstad. Sy siek vrou het enkele dae gelede hier aangekom en sy teenwoordigheid by haar sal vir haar ‘n  groot vertroosting wees.

Woensdag, 3 Oktober 1900

     Dit was ‘n heerlike dag. Die son het lieflik teen Tafelberg geskyn.

Dit was die eerste Woensdag van die maand en daar is gisteraand besluit om ‘n biduur onder leiding van Ds. Murray te hou. Teen half tien  het die ou vader hierdie plegtigheid ge-open. Hy gebruik as teks Ps. 65: 3 (U wat gebede hoor – na U moet alle mense kom). Die gebedsonderwerp was:

1. Bid vir ons land en ons volk en vir ons dierbares  . 
2. Bid vir die uitbreiding van God se Koninkryk.
3. Bid vir onsself persoonlik.

Dit was ‘n heerlike geleentheid vir die gelowiges. Hierdie diens is ook goed bygewoon.

     Om half drie  het Ds. Murray ‘n Bybelstudie gehou. Ek was daar ook teenwoordig. Dit was vir my tot groot seën.

     Die aand het Ds. Murray weer ‘n diens in die opelug gehou. Sy teks was Joh 6: 28, 29 (Hulle het Hom gevra: ”Wat moet ons doen sodat ons die werke kan verrig wat God wil hê. En Jesus het hulle geantwoord: “ Dit is die werk van God: Dat julle glo in die Een wat Hy gestuur het.) Die volgende twee punte word behandel :    

1. Die werk van God wat gelowiges moet doen.
2. Wat verhinder ons om tot geloof te kom.

     Ek het vandag ook weer ‘n brief van die huis af gekry wat my baie bly gemaak het.

Donderdag, 4 Oktober 1900

     Ons het weer ‘n mooi dag  gehad. Die gesprekke van elke dag was maar dieselfde. Almal het verlang na vrede en verlossing.

     Ds. Murray het die middag weer ‘n Bybelstudie gehou. Die tekse oor goeie werke is behandel. Dit was vir my ‘n leersame uur.

     Die aand het  die ou vader weer ‘n spesiale diens gehou. Hy het vanaand gepraat oor 1 Joh. 3: 5 (Julle weet dat Hy verskyn het om sondes weg te neem)  Dit was verbasend om te sien hoedat, tot laat in die aand, nog groepies burgers  by mekaar gestaan het en oor die gesproke woord gepraat het.

     Ek vergeet om te sê dat daar die oggend weer krygsgevangenes ingekom het onder wie ook die ou man, Christoffel de Klerk van die distrik van Winburg en ook Hans Bornman en andere.

Vrydag, 5 Oktober 1900

     Vanoggend is dit weer stormagtig en die wind het onplesierig gewaai. ‘n Klompie van ons burgers is weer vanoggend na ‘n ander kamp toe wat later hier gemaak is.

Saterdag, 6 Oktober 1900

     Verlede nag het dit weer gereën en die wind is vanoggend baie koud. Verder het alles maar hulle gewone gang gegaan. Vanoggend was daar weer donderweer wat my laat dink het aan my geliefde Vrystaat. Mag die dag van verlossing uit hierdie ballingskap tog spoedig aanbreek. Daar is weer ‘n klompie burgers aangesê om na die ander kamp te gaan.

     Verlede nag het die baie gereën.

Sondag, 7 Oktober 1900

     Dit is maar nog reënerig. Daar word weer twee dienste gehou. Die een diens was in die tent en is gelei deur eerwaarde Pratt en die ander een in die sinkgebou, is gelei deur Ds. Murray. Ek is na die diens van die ou vader toe. Hy het vanoggend gepreek uit Kol. 3: 11(By die nuwe mens is daar nie onderskeiding soos Griek, of Jood, besnedene of onbesnedene , barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal). Christus is alles in almal was ‘n wonderlike woord en almal is goedgesind uit mekaar uit.

     Hier het ook weer ‘n klompie krygsgevangenes ingekom waaronder baie van Winburg se distrik soos Wynand van Wyk. Onder hulle was ook die ou vader, Mathys Uys van die Heilbron didtrik en een van my ou vriende, Cornelius Brink. Ek het my bes gedoen om die twee ou vriende ‘n handdruk te gee.

     Teen twee uur is ou vader Murray na ‘n ander kamp vir ‘n diens terwyl eerwaarde  Spratt vir ons hier ‘n Biduur gehou het. Hy het gepreek oor Lukas 11. ”Here leer ons bid”. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om in die gevangenis so mildelik en oorvloedig geseën te word. Mag elkeen in hierdie gevangenis so gelouter word dat ons tog mag beantwoord aan die doel, soos die Here dit van ons verwag.

     Die aand het Ds. Murray weer ‘n diens gehou en hy het gepreek uit Eksodus 12: 13 (Die bloed sal vir julle as ‘n teken dien aan die huise waarin julle is. Wanneer Ek die bloed sien sal Ek by julle verbygaan. Daar sal by julle geen plaag deur die vernietiger wees wanneer ek Egipteland tref nie.). Hierdie diens het ek nie bygewoon nie aangesien ek die aand ‘n Biduur gelei het. Na elke diens het ons ook nog ‘n biduur saam met vriende en dan het almal gaan slaap.

Maandag, 8 Oktober 1900

     Ons het weer ‘n lieflike dag. Die reën het gisteraand opgeklaar en ons het heerlike sonskyn gehad.

     Ds. Murray het die middag weer ‘n Bybelstudie gehou wat ek ook die kans gehad het om by te woon. Die aand het die ou vader  Murray weer ‘n diens gehou. Hy het vanaand gepreek oor Johannes 3: 14 en 15.(En net soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, , so moet die Seunvan die die Mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe sal hê).

Dinsdag, 9 Oktober 1900

     Nog ‘n lieflike dag en niks besonders het gebeur om aan te teken nie. In die Aand het Ds. Murray weer ‘n diens gehou en preek uit Psalm 38: 19 (Ja, my sondeskuld bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.). Hy het die volgende punte behandel:

                        1.         Waarom moet ek bekommerd wees oor sonde?

                        2.         Wat moet ek doen as ek bekommerd is?

Ook hierdie was ‘n geseënde diens.

Woensdag 10 Oktober 1900

     Vanoggend is ek getref deur ‘n vriend wat vir my gesê het: “Dit is ‘n groot dag vandag.” Toe ek hom vra oor die rede, het hy gesê daar sal van vandag af geen skoot meer geskiet word nie. ‘n Kleine profeet voorwaar. Ons sal maar moet sien.

     Dit is vandag die verjaarsdag van president Kruger. Teen twaalf uur het daar weer ’n paar krygsgevangenes ingekom. Onder hulle was twee van my neefs wat ek in baie jare nie gesien het nie. Die aand het sommiges nog die verjaarsdag van president Kruger gevier.

     Ds. Murray het weer die aand ‘n diens gehou en het gepreek oor 2 Korinthiërs 8: 5 (Ons bly egter vol moed, al verkies ons om eerder uit die liggaam te verhuis en by die Here te woon) Die liewe Here seën hierdie werk.

Donderdag, 11 Oktober 1900

     Vandag is dit ‘n jaar sedert die eerste skoot geskiet is tussen ons en Groot Britanje. Niemand het toe kon dink dat dit soveel kosbare lewens sou kos toe die oorlog verklaar word nie.

     In die middag het Ds. Murray weer in ons kamp gekom om die bekommerde siele toe te spreek in die sinkgebou. Ek het ook gaan luister na die plegtigheid en word opnuut verterk.

     Die aand het hierdie ou vader weer ‘n spesiale diens gehou en het ‘n ernstige preek gehad oor Hebreërs 2: 3 (. . .hoe Sal ons ontvlug as ons so ‘n groot verlossing verontagsaam? Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig, en daarna aan ons bevestig deur hulle wat dit gehoor het.)

Vrydag, 12Oktober 1900

     Daar het niks vandag gebeur wat van belang was nie. Alles het maar hulle gewone gang gegaan. In die aand het die ou vader weer ‘n diens in die opelug gehou. Hy het ‘n ernstige woord gespreek uit Lukas 18: 22(Toe Jesus dit hoor sê Hy vir die man: ”Een ding ontbreek nog  nog. Verkoop alles wat jy het en deel dit onder die armes uit en jy sal ‘n skat in die hemele hê.

En jy, kom hier, volg my.”)  Die werk wat deur Ds. Murray hier gedoen het word hoog op prys gestel. Dit is jammer om te sê dat baie hulle nie gesteur het aan die groot voorreg nie en liewers by die kaarttafels gesit het.

Saterdag, 13 Oktober 1900

     Vanoggend het ‘n baie sterk stormwind gewaai. ‘n Mens kon dit amper nie waag om uit te gaan nie. Ek het so ‘n stormwind nog nooit hier belewe nie. Namiddag het dit begin reën. Ek besef nou dat hierdie plek die regte naam het: “Kaap van storms.” Ek sou vandag vir geen geld ter wêreld op die see wou gewees het nie, want dit lyk vreeslik tussen hier en Robbeneiland. Dit het verlede nag baie gereën  en dit was bitter koud.

Sondag, 14 Oktober 1900

     Vandag is ek reeds elf maande van die huis af weg en wat het ek in die tyd beleef?

     Die weer het opgeklaar en dit sal dalk ‘n mooi dag wees. Die wind is egter baie koud. Ek het nie gedink dat dit hierdie tyd van die jaar nog so koud sal wees nie.

     Ds. Myrray het tien uur in die sinkgebou ‘n diens gehou. Hy het ‘n ernstige woord gespreek uit Matteus 9: 29 (Toe het Jesus hulle oë aangeraak en gesê: “Laat met julle gebeur soos julle glo.”) Ook sendeling Spratt het ‘n diens in die tent gehou. Albei dienste is goed bygewoon.

     In die namiddag het ou vader Murray in ‘n ander kamp ‘n diens gaan hou terwyl eerwaarde Spratt vir ons hier ‘n diens gehou het. Hy het uit Esegiël 36 gepreek. Dit was ‘n ernstige woord gerig op die onbekeerdes.

     In die aand, hoewel die wind koud en onstuimig was het Ds. Murray tog uit omgee vir verlore siele weer na ons kamp toe gekom om ‘n diens te hou. Die sinkgebou was propvol. Die ou vader het ‘n ernstige gepreek gehad oor Openbaring 5: 9. (Toe sing hulle ‘n nuwe lied: U is waardig om die boekrol te neem en die seëls daarvan oop te breek, omdat U geslag is , en met u bloed mense vir God gekoop het, uit elke geslag en taal en nasie.) Die  ou vader het weer die bekommerde siele uitgenooi om hulle aan Jesus oor te gee.

Opmerking van die vertaler:

(Die volgende lys van name kom aan die einde van die dagboek voor, en ek vermoed dit moet hier inpas)

Nog is te groenpunt oorlede:

                  1.    Hermanus Pieterse (51),van Kroonstad. Oorlede op 13 November 1900.

                  2.    Paul Jacobus Engelbrecht (34), van Pretoria, ZAR. Oorlede op14 November

                         1900.

                  3.    Paul Johanns Smit, (25) van Machadodorp. Oorlede op 15 November 1900.

                  4.    J.C. Niemand (19) van Potchefstroom. Oorlede op 19 November 1900.

                  5.    Willem Bodensteyn (40) van Potchefstroom. Oorlede op 23 November 1900.

                  6.    D. Reinier Esterhuizen (27) van Rustenburg. Oorlede 28 November 1900.

                  7.    Christiaan Petrus Jansen (22) van Rooikoppies, Pretoria. Oorlede op 29

                        November 1900.

                  8.    J.S.H. Jacobs (16) van Potchefsstroom. Oorlede op 29 November 1900.

                  9.    Abraham Burger Alberts (15) van Boshoff. Oorlede 5 Desember 1900.

                  10.  Hendrik Stephanus de Beer (18) van Boshoff. Oorlede 05 Desember 1900.

                  11.  J.A. Massyn (18) van Bloemfontein. Oorlede Desember 1900.

                  12.  Andries Francois Vosloo (70) van Boshoff. Oorlede 21 Januarrie1901 in

Simonstad Hospitaal.

Later is nog in Kaapstad die volgende burgers oorlede:

  1. Johannes Petrus de klerk (22), van Burgersdorp. Oorlede op 8 Desember 1900.
  2. M. J. L. Du Plessis (45), van Ermeloo. Oorlede 9 Desember 1900
  3. Johannes Albertus Faber (50), van Zeerust. Oorlede 9 Desember 1900
  4. Lourens van Niekerk (16),van Ceres of Slabbert. Oorlede 14 Desember 1900
  5. W. A. Van Zyl (23) van Johannesburg. Oorlede 12 desember 1900
  6. Jacobus Cornelius van Schalkwyk (38), van Vlakfontein, Phillippolus. Oorlede 21 Desember 1900.
  7. Stephanus Petrus Johannes Naudé (28), van Diepfontein, Platsak .
  8. Pieter jacobus Schreuder ( 45), Wesselton, Boshoff. Oorlede 24 Januarie 1901
  9. Phillip Viviers (Ouderdom onbekend), van Vlakfontein, Bloemfontein. Oorlede 16 Februarie 1901
  10. Daniël J. Naudé (17) van De Wetsdorp. Oorlede 18 Februarie 1901
  11. Jan Whitehead ( 23) van Dewetsdorp. Oorlede 26 Februarie 1901
  12. J. H. Robberts van Schuinskop, Fauresmith.  Oorlede 3 Maart 1901
  13. Hendrik J. Muller (23) van Doornberg, Winburg. Oorlede, 13 Maart 1901

Later is nog te Simonstad oorlede:

  1. Floris Coetzee, (60) van Kapokfontein, Reddersburg. Oorlede 06 Mei 1901
  2. Jan Chandler (32) van Ladybrand. Oorlede 30 Julie 1901
  3. Daniël van Vuuren (44) van Potchefstroom.Oorlede25 Junie 1901
  4. Johannes Reinhardt van Niekerk (27) van Barckley-Oos. Oorlede, 25 Maart 1901
  5. Gert Danhauser (60) van Rouxville. Oorlede, 23 Maart 1901.

Oorlede te Groenpunt:

  1. Leonardus Johannes Vosloo (48) van Syferfontein, Winburg. Oorlede,

Oorlede te Simonstad:

  • Rudolph M. Brits
  • Jansen van Ladybrand. Oorlede 17 April 1901
  • Gert Claasen (42) van Ladybrand. Oorlede, 20 April 1901
  • H. Botha (Besonderhede onbekend)
  • S. Robbinson (Besonderhede onbekend)
  • H. L. Du Plooy (40), van Ladybrand. Oorlede, Augustus 1901

Maandag, 15 Oktober 1900

     Vanoggend is dit nog onweer en die wind is koud. Ons sien baie uit na nuus van ons dierbares want ons almal weet dat waar jou hart is daar is jou skat. Hier het weer vandag krygsgevangenes in die kamp ingekom. Onder hulle was Ds. Minnaar van heilbron en Ds. Thom van Frankfort. Dit het geblyk dat hulle ook nie juis geweet het hoe sake nou staan nie.

     Vanaad het Ds. Murray weer ‘n spesiale diens in die kamp gehou en het gepreek uit Markus 10: 49(Jesus het gaan staan en gesê:”Roep hom!” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou!). Hierdie woord het goeie vooruitsig ingehou: Hy roep jou!” Die ou vader het weereens diegene wat gewillig was, uitgenooi om hulle aan die Here oor te gee. Baie het opgestaan om hierdie belydenis te doen en die liewe Here gee dat hier in Groenpunt nog baie  siele gewen sal word vir Christus se Koninkryk.

Dinsdag, 16 Oktober 1900

     Dit is ‘n heerlike dag en dit lyk of die storm nou oor is. Die son skyn lieflik en elfuur het die groot kannon begin skiet. Niemand van ons het egter geweet wat dit beteken nie. Sommige het gemeen dat dit goeie nuus is. Miskien ‘n afkondiging van vrede. Ek het daar niks van gedink nie. Almal verlang daarna om huis toe te kan gaan.

     Die aand het Ds. Murray weer vir ons ‘n diens gehou en het ‘n ernstige boodskap gehad uit Matteus 7: 24(Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos ‘n verstandige man wees wat sy huisop rots gebou het).Hy het twee vrae gevra:

  1. Is jy seker dat jy jou huis op die rots gebou het?
  2. Is jy gewillig om op die rots te bou?

Hierdie diens is bygewoon deur ‘n groot sakre en dit was vir ons tot ‘n groot seën. Sommiges het hulle weer vanaand aan die Here Jesus oorgegee.

Woensdag, 17 Oktober 1900

     In die middag was daar ‘n diens vir die jong mense deur Ds. Murray. Ek het ook daarheen gegaan. Die ou vader het gepreek oor Johannes 15: 1 – 12( Die druiwestok en die lote en die liefde vir mekaar.) Ook hierdie diens was ‘n groot genot. Minstens ‘n honderd manne het bely dat hulle aan die Here Jesus behoort. Ook het die ou vader gesê dat hy nou weer teruggaan en dat hy vanaand weer sal kom om ‘n afskeidswoord tot ons te rig.

     Voor sononder het daar ‘n groot skare vergader, want elkeen wou graag naby sit. Omtrent ‘n duisend mense was teenwoordig gewees. Die ou vader het gepreek uit Matteus 6: 10 (Laat u Koninkryk kom, Laat u wil geskiet, soos in die hemel, so ook op die aarde.) Sy hoofpunte was:

  1. Sy wil in sy voorsienigheid
  2. Die wil van God is sy gebooie
  3. Die wil van God is sy beloftes

     Dit was ‘n baie plegtige uur. Almal het aandagtig geluister. Die diens was tot groot seën en daar is toe aan die ou vader ‘n afskeidsadres van die kerkraad voorgelees deur eerwaarde Spratt. Hy het hierop gepas gentwoord en toe het ons hom toegesing: “Laat Heer u seën op hom daal.” Dat die groot skare dit uit volle bors gesing het, het almal opgebeur. Die ou vader het ons meegedeel at Ds. Du Toit van Prins Albert tydelik sal kom om hier te kom werk. Ek het ook die geleentheid gekry om hom ‘n handdruk te gee met die woorde: “Die Here seën u.”

Donderdag, 18 Oktober 1900

     Daar is weer ‘n aantal burgers aangesê om uit die kamp uit te gaan, maar niemand het geweet waarheen nie. Mag daar tog spoedig ‘n einde kom aan hierdie rampe en mag elkeen van ons tog daartoe kom om saam met Dawid te sê: “My siel ondersoek die rede waarom God hierdie teenspoede in so ‘n mate op my pad bring.”

Vrydag, 19 Oktober 1900

Daar is weer nie baie oor te skryf nie. Alles is nog maar duister en ons hoor geen bemoedigende nuus nie. Ek het weer in die kamp onder die burgers rondgegaan en het wonderlike gesprekke gehad oor ons sieleheil en wat ons almal moet leer in hierdie tyd.

Ek het vandag ook weer briewe gekry van my twee seuns op Ceylon. Hulle het veilig daar aangekom  en hulle is tevrede daar. Ek was baie bly oor die briewe en te meer om te hoor dat hulle tevrede is daar.

Saterdag, 20 Oktober 1900

     Ek het vanoggend ‘n brief aan my twee seuns op Ceylon geskryf. Vanoggend is dit weer stormagtig. Alles gaan maar weer hulle gewone gang. Ek het ook weer vandag ‘n brief van die huis af gekry en dat alles nog goed gaan daar. Dit het my hart goed gedoen.   

     Met genoë wil ek graag in my joernaal aanteken die teks wat een van my seuns vir my gestuur het. Ds. Roux op Ceylon het op 23 September Daniël 3: 16 gebruik: (Sadrag, Mesag en Abednego het geantwoord en vir koning Nebukadneser gesê: “Ons het nie nodig om oor hierdie saak aan u ‘n antwoord te gee nie.) Ds. Roux het die volgende 4 punte behandel:

  1. Godsdiens eis ‘n geworstel
  2. Herhaaldelike beproewing
  3. Volkome bewaar
  4. Heerlike beloning

Die Here is so goed om oral waar sy kinders is, hulle te agtervolg met sy vertroostende woord.

Sondag 21 Oktober 1900

     Soos ons verwag het, het Ds. Du Toit van Prns Albert teen tien uur hier by ons aangekom om die werk hier voort te sit. Hy het as sy teks gebruik Ps 6: 4 (Die laaste gedeelte) (Ag Here, hoe lank nog?” Na die diens het die dominee die broederlike groete van die Ring waaraan hy behoort aan ons oorgedra. Die Ring bestaan uit agt gemeentes. Hy het vir ons die verskering gegee dat hulle vir ons bid en met ons simpatiseer. Ons harte is deur hierdie groete vertroos, soos almal kan dink.

     Na die diens het hier weer ‘n groot aantal burgers aangekom as krygsgevangenes. Daar word gesê dat daar in die ander kamp ‘n burger doodgeskiet is deur een van die Engelse wagte, maar ek het geen versekering daarvan gekry nie. 

     In die middag is dominee Du Toit na die ander kamp vir ‘n ander diens terwyl eerwaarde Pratt vir ons ‘n diens gehou het. Hy het gepreek oor 2 Pet 3: 18 (Sorg dat julle almal groei in die genade en kennis van ons Here en verlosser, Jesus Christus.” )

     Die aand het dominee Du Toit toe weer ‘n diens in die opelug kom hou. Ek het die diens nie bygewoon nie. ‘n Vriend het vir my die teks gebring. Dit was genesis 27: 36 en 38 (“Esau het gesê: “Is dit omdat sy naam Jakob is dat hy my nou al twee keer bedrieg het? My eersgeboortereg het hy gevat, en kyk, nou het hy my seën gevat! Toe vra Esau:’ Het u nie vir my ‘n seën uitgehou nie?’”Daarop vra Esau vir sy vader: Het u dan net een seën, my vader? Seën my ook, my vader! Toe begin Esau hardop huil.”)

Maandag, 22 Oktober 1900

     Die gerug dat daar gister ‘n man geskiet is, het geblyk ‘n leuen te wees. Ook weer ‘n kampstorie.

     In die middag het dominee Du Toit weer na ons kamp toe gekom vir Bybelstudie. Ek het dit ook bygewoon. Dit was baie lekker. Die aand het hy weer ‘n opelug diens gehou en  gepreek oor Matteus 7: 21 (“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here ,’ sal ingaan in die Koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele.”

Dinsdag, 23 Oktober 1900

     Dit is ‘n heerlike oggend en ek het gesien hoe die koel wind van die see se kant af waai om ons te verkwik. Mag die dag ook spoedig aanbreek dat die Here sal kom met die vrede. Terwyl die wind gesuis het, het ons vandag weer baie vlae gesien wat hier gewapper het. Die mense het gesê dat generaal Buller vandag hier sal aandoen. Ons het egter nie regtig geweet nie, maar ons  het  geweet dat dit iets belangrik moes wees. Ek het nog nooit so baie vlae gesien sedert ons hier is nie. Ook die skepe was vol vlae. Party het weer ernstig oor vrede gepraat. Elke klein dingetjie wat hier gebeur het is gesien as ‘n teken van die vrede.

In die aand het Dominee Du Toit weer in die opelug ‘n diens gehou. Hy het gepreek oor Jona 1: 3 (“Maar Jona het opgestaan om na Tarsis gevlug, weg van die teenwoordigheid van die Here af. Hy het afgegaan na Jafo en daar op ‘n skip afgekom wat op pad was na Tarsis. Hy het die reisgeld betaal en in die skip afgeklim om saam na Tarsis te gaan, weg van die teenwoordigheid van die Here.”) Hy het na aanleiding van die woorde “hy het in die skip afgeklim”,  gevra: “Wat maak julle hier in Kaapstad?” want ons sien ons het in ons kamp baie werk.

Woensdag, 24 Oktober 1900

     Nog ‘n lieflike oggend, maar die lug is weer bewolk. En dit het gelyk of dit gaan reën .

In die middag het Ds. Du Toit ‘n roudiens gehou aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Hy ‘n ernstige woord gespreek oor Amos 4: 12 (Daarom gaan ek die volgende  aan jou doen, Israel; en omdat ek dit aan jou gaan doen –  wees gereed om jou God te ontmoet, Israel.)

Donderdag, 25 Oktober 1900

     Ook vanoggend het alles maar hulle gewone gang gegaan. Ek het vanoggend tot my spyt verneem dat die jong man wat gister begrawe is, ‘n skoonseun van my swaer, Piet Naudé, was. Hy was vroeë van Winburg. Die jong man was F.J.H. Potgieter.

     Dominee Du Toit het weer die aand weer gekom om ‘n diens te hou. Hy het vanaand ‘n ernstige woord gespreek oor Daniël 2: 48 (Die koning het Daniël toe in ‘n hoë pos aangestel  en aan hom baie groot geskenke gegee. Hy het hom as heerser aangestel oor die hele provinsie Babel, en as landvoog bo al die wyses in Babilon). Hierdie diens is bygewoon deur ten minste eenduisen vyfhonderd mense.

Vrydag, 26 Oktober 1900

     Vandag het ons hier in die kamp al die klein goedjies wat deur die krygsgevangenes van klip gemaak is,  gekollekteer. Dit was borsspelde, lokkertjies en ander goedjies om te stuur na Amerika. In Amerika sou daar ‘n basaar gehou word ten behoewe van ons weduwees en weeskinders in die Vrystaat en in die ZAR. Dit was verabasend om te sien wat die krygsgevangenes gemaak het sonder enige gereedskap. Meeste van die tyd het hulle net ‘n knipmes gebruik. Ek was ook een van die kollektante en terwyl ek hier geskryf het, het baie nog goedjies gebring. Almal was so gewillig om die saak te ondesteun. Dit was so mooi om so baie kleinighede te sien en alles op verskillende maniere vervaardig. Daar was selfs oorlosiekettings van klip.

     In die namiddag het dominee Du Toit al die leiers van die biduurgroepe ontmoet en het ‘n ernstige boodskap aan hulle gebring uit Johaannes 21: 15 – 17 (Toe hulle klaar was met ontbyt,  vra Jesus vir Simon Petrus: “ Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hulle?”

 Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.”  Hy sê vir hom: “Laat my lammers wei.” Hy vra vir hom weer ‘n tweede keer: “ Simon, Seun van Johannes, het jy My lief?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Pas my skape op.” Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Hy hom  die derde keer gevra het, “Het jy My Lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei.”)

Saterdag, 27 Oktober 1900

     Vandag is dit presies agt maande dat ons krgsgevange geneem is. Vanoggend het ek weer siek wakker geword mer rumatiekpyne. In die aand het dominee Du Toit weer ‘n diens gehou en gepreek oor Filippense 2: 12 (Daarom my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie maar ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing.”) Hierna het almal gaan slaap.

Sondag, 28 Oktober 1900

     Die Here het vir ons ‘n lieflike rusdag gegee. Teen tien uur  het dominee Du Toit weer opgetree en het ‘n ernstige boodskap gebring uit Eksodus 13: 17, 18 ( “Toe farao die volk laat gaan het, het God hulle nie gelei op die pad na die land van die Filistyne nie, al was dit nader; want God het gesê: “Anders kry die volk spyt wanneer hulle oorlog in die gesig staar, en keer hulle terug na Egipte.” God het toe die volk ‘n ompad laat neem met die woestyn langs na die Rietsee. Die Israeliete het in slagorde uit Egipte opgetrek .”

     Die middag het Ds. Du Toit na die ander kamp gegaan om daar diens te hou terwyl sendeling Spratt vir ons diens gehou het. Hy het gepreek oor  Lukas 5: 10 (Jakobus, Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”

     Die aand was daar weer ‘n diens deur dominee Du Toit. Hy het gepreek oor Psalm 142: 8 (Ter wille van my broers en vriende sê ek  graag vir jou: “ Mag daar vrede in jou wees.”)

Maandag, 29 Oktober 1900

     Die gewoel van elke dag het voortgeduur. In die middag was daar weer Bybelstudie wat baie goed bygewoon is. In die aand was daar weer ‘n diens deur dominee Du Toit wat bygewoon is deur baie mense. Hy het gepreek oor Matteus 4:1 (Hierna is Jesusdeur die Gees die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.”)

Dinsdag, 30 Oktober 1900

     Dit is ‘n stil oggend en dit lyk of ons ‘n warm dag sal hê. Vandag het weer ‘n groot klomp krygsgevangenes in ons kamp ingekom. Onder hulle was Ds. Bam van Faurismith en Ds. Malherbe van Jagersfontein.

     In die aand was daar weerr’n diens in die opelug gehou deur Ds. Du Toit. Die diens is bygewoon deur ‘n baie groot skare. Hy het gepreek oor 1 Johannes 5: 13 (Dit het ek aan julle geskryf sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Naam van die Seun van God glo.)

Woensdag, 31 Oktober 1900

     Niks besonders het gebeur nie. Dit is jammer om te sê dat daar ‘n paar burgers in ‘n geveg was. Wat die oorsaak daarvan was, weet ek nie. Ek sê egter dat dit jammer is dat daar nog so iets gebeur.

     In die aand het dominee DuToit oorgegaan na die ander kamp om ‘n diens daar te hou terwyl eerwaarde Sprat hier by ons gepreek het.

Donderdag, 1 November 1900

     Vandag het daar min dinge gebeur wat van belang is behalwe dat Ds. Du Toit die aand weer vir ons ‘n diens in die opelug gehou het. Hy het die aand ernstig gepreek oor Genesis 7: 16 (Dié wat ingegaan het, as manlik en vroulike uit alle diere het hulle ingegaan, soos God hom beveel het. Die Here het die ingang agter hom gesluit.) Die feit dat die Here self die deur agter hulle gesluit het, wys daarop dat elkeen moet sorg dat hulle in die ark ingegaan het voor die deur geslsuit is, want ook as die deur van genade toegesluit is, is daar geen redding meer nie.      

Vrydag, 2 November 1900

     Vandag het dominee Ds.  Du Toit weer al die leiers van die verskillende Bybelstudiegroepe ontmoet en aan ons wenke gegee oor hoe om ‘n biduur te lei om dit tot ‘n seën te laat wees.

     In die aand was daar weer ‘n diens in die opelug en die dominee het gepreek oor Esegiël 2: 3.  (Hy het vir my gesê:”Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen my oortree tot op die dag van vandag.)

Saterdag, 3 November 1900

Vanoggend lyk dit weer na reën verder is die lug verkwikkend. Ek het weer vir ‘n wandeling gegaan met ‘n vriend. Ons het ‘n jong man ontmoet wat juis besig was om ‘n biduur te lei. Ons het dit bygewoon. Hy het gepraat oor arbeiders vir die wingerd. Ook hier het ek vanoggend weer ‘n les geleer.

       Dit het vandag weer begin reën maar teen die aand het dit weer opgeklaar sodat Ds. Du Toit die aanddiens kon hou. Hy het vanaand gepreek uit Psalm 32: 1 (Gelukkig is die een wie se oortredinge vergewe, wie se sonde bedek is).

Sondag, 4 November 1900

Vanoggend is die volkslied van die Vrystaat en dié van Transvaal buite die kamp gespeel. Sommiges het dit weer as goeie nuus beskou dat die vrede naby sou wees. Sommiges het so ver gegaan om te sê dat daar ‘n wit vlag was by diegene  wat die twee volksliedere gespeel het.

     Teen tien uur het het Ds. DuToit gekom om vir ons ‘n diens te hou. Hy het vanoggend gepreek oor Job 13: 15 (“Kyk, Hy kan my doodmaak , maar ek gaan nie wag nie. Ek wil net my optrede in sy teenwoordigheid verdedig.”). In die middag is die dominee weer oor na die ander kamp terwyl eerwaarde Pratt vir ons ‘n diens gehou het  en gepreek het oor Hebreërs 12: 29 (Want ons God is inderdaad ‘n verterende vuur.).

In die aand was daar weer ‘n diens deur Ds. Du Toit  en hy het gepreek oor Filippense 3: 4 (Al het ek self rede om op menslik dinge te vertrou. As iemand anders dink dat hy op menslike dinge kan vertrou, ek nog meer – ) en oor Galasiërs 2:20 (ék lewe nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die seun van God wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het.”). Dit was ‘n ernstige woord. O, mag tog al die voorregte tot ‘n sieleseën wees.

     Hier is ek nou in my Joernaal by die verslag van kommandant J.P. Jordaan. Ek sal my joernaal hervat na sy verslag op bl 196. Die joernaal is noukeurig deur my gehou.

J.W. Kok, (Kommandant van die Winburg-kommando.)

Opmerking deur die skrywer:

Ek het die invoeging van Kommandant Jordaan aan die einde van JW Kok se joernaal ingevoeg om verwarring te voorkom. Sy joernaal begin weer by 3 Oktober 1899. Ek gaan hier voort met kommandant Kok se joernaal soos geëindig op 04 November 1900.

Maandag, 05 November 1900

     Vandag het hier weer ‘n hele aantal krygsgevangenes ingekom, waaronder baie bekendes soos Johannes Steyn en ou vader Jan Venter, albei van Ventersburg. Verder het daar op die dag niks belangrik gebeur nie.

Die aand was daar weer ‘n diens deur Ds. Du Toit. Hy het gepreek oor Markus 6:5 (En Hy kon nie ‘n enkele kragdaad daar verrig nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes gesond gemaak het deur hulle die hande op te lê.)

Ek het ook vandag briewe van my kinders ontvang uit Ceylon. Dit het my baie bly gemaak.

Dinsdag, 06 November 1900

     Daar het vandag ook niks van belang gebeur nie. Die aand was daar weer ‘n diens. Ds. Du Toit het gepreek uit Joh. 7:17 (As iemand bereid is om sy wil te doen, sal hy, wat hierdie leer betref, weet of dit van God is en of Ek uit my eie praat).

Woensdag, 07 November 1900

     Vandag is vir ons van groot betekenis omdat dit die eerste Woensdag van die maand is en dit ons almal herinner in ons onderlinge byeenkoms om weer hierdie dag te hou as ‘n dag van verootmoediging. Teen tien uur is hierdie byeenkoms ge-open deur Ds. Du Toit. Hy het sy teks geneem uit Klaagliere 3: 40 (Laat ons ons handelswyse ondersoek en toets en laat ons na die Here terugkeer.). Hierna het daar kragtige gebede gevolg. Mag die Here tog die geroep van sy volk en van sy kinders hoor en spoedig uitkoms gee. In die middag was daar weer ‘n biduur in  verband met die van vanoggend wat gelei is deur eerwaarde Pratt. In die aand is Ds. Du Toit na kamp 2 vir ‘n diens terwyl eerwaarde Pratt die diens hier waargeneem het uit Filippense 1: 21 (Want vir ons is om te leef Christus en om te sterf wins;).

Donderdag, 08 November 1900

      Vanoggend is die Suid-Oostewind weer sterk en onplesierig. Sommiges noem die wind die Kaapse Dokter. Die mense sê as die wind waai, waai hy alle onsuiwerheid weg. Dit is vir my aannemlik, want die toekoms is vir my so donker soos nog nooit voorheen nie. Die troos is egter dat na die donker, die môrelig  weer skyn en op God se tyd moet alles regkom, want ons tye is in sy hand.

      In die aand het Ds. Du Toit weer in ‘n ander kamp gaan diens hou terwyl Ds. Minnaar van Heilbron wat ook nou verlof het om vir ons te preek, die aand met die diens voorgegaan het. Hy het gepreek oor Matteus 28: 20 (. . .en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het. En kyk Ek is met julle al die dae , tot aan die voleinding van die tyd.). ‘n Groot skare was by die diens teenwoordig en elkeen se geloof is versterk.

Op hierdie dag het berig ontvang dat my ou vriend, kommandant Maartens op St Helena oorlede is. Ek het baie saam met hierdie broeder gebid op die skip, Magalias. Mag sy as in vrede rus.

Vrydag, 09 November 1900

     Vanoggend was dit ‘n lieflike stil dag. Ek het vanoggend Psalm 94 gelees en ek is geraak deur verse 17 en 19 (As die Here nie my hulp was nie, sou ek spoedig in stilte gewoon het. Wanneer ontstellende gedagtes meer word in my binneste, dan beur ‘n vertroostende woord my op.).Hoe goed is die Here tog as ons soms in donkerheid verkeer om ons ‘n heerlike troos te gee uit sy dierbare Woord.

     Teen drie uur het al die leiers van die biduurgroepe bymekaar gekom in die sinkgebou. Meer as ‘n hondert mense was daar teenwoordig. Ds Minnaar het hierdie vergadering gelei en het gepraat oor Johannes 15: 5. Die woorde ”. . .sonder my kan julle niks doen nie.”Hierna het ons saam gebid en dit is ‘n heerlike voorreg om te weet dat die Here ons sondes vergewe.

In die aand het Ds. Du Toit weer die aanddiens waargeneem en gepreek oor Psalm 73:17 (. . totdat ek in die heilidom van God ingegaan het. Ek het insig gekry in hulle uiteinde.).

Saterdag, 10 November 1900

     Teen die aand het Ds. Bam uit gegaan na Kaapstad onder parool. Ds. Du Toit is weerr na kamp nr 2 vir ‘n diens terwyl Ds. Minnaar vir ons hier die aanddiens gehou het. Het het ‘n ernstige preek gehad oor 1 Konings 18: 41 (Daarna se Elia vir Agab: “Gaan, eet en drink, want ek hoor die geruis van die reën.). Hy het die volgende twee vrae gevra :

1.  Waarom die reën? 

2.  Hoe word die reën verkry? Hy het beklemtoon dat elke

     gelowige ernstig moet bid vir geestelike reën.

Sondag, 11 November 1900

     Vanoggend het dit weer saggies begin reën. Die wind was koud en Tafelberg is weer bedek met dik mis. Die oggend was daar weer twee dienste. Die een in die tent is gelei deur eewaarde Spratt en en die een in die sinkgebou is gelei deur Ds. Minnaar. Ek was by hierdie diens teenwoordig. Ds. Minnaar het gepreek oor Nehemia 8:11 (Esra het vir hulle gesê: “Gaan eet feestelike kos en drink soet drank. Deel ook uit aan hulle vir wie niks voorberei is nie, want hierdie dag is heilig vir ons Heer. Moenie neerslagtig wees nie, want die vreug dit in die namiddag de van die Here, dit is julle toevlug.”).

     Ds. Du Toit het weer ‘n diens gaan hou in kamp 2. In die aand het Ds. du Toit weer ‘n diens in die opelug gehou. Anngesien ek siek was, het ek nie hierdie diens bygewoon nie. Sy teks was 1 Kon. 6: 12 (Aangaande hierdie tempel wat jy besig is om te bou – as jy my vaste voorskrifte volg , my bepalings uitvoer en al my gebooie nakom deur daarvolgens te leef, sal Ek my belofte oor jou gestand doen, die belofte wat ek aan jou vader Dawid gemaak het.)

Maandag, 12 November 1900

     Niks besonders het vandag gebeur nie. Dit is ‘n mooi dag en dit lyk of dit vanmiddag lekker warm sal wees.

     Die middag het Ds. du Toit ‘n diens vir die jongmense gehou wat graag wil voorberei om belydenis van geloof af te lê. Ek het die diens ook bygewoon. Hy het gepreek oor Joh. 1: 43, 44 (Die volgende dag het Jesus besluit om na Galilea te gaanen toe Hy Filippus teëkom , sê Hy vir hom: “Volg my!” Filippus was afkomstig van Betsaida, die tuisdorp van Andreas en Petrus.”

     Dit was ‘n geseënde uur soos byna elke dag wat hy hier opgetree het. Die wêreldsgees was egter nag baie sterk hier teenwoordig en daar was geen einde aan ydelheid nie. ‘n Mens kan sê dat dit maar net liggaamsoefening was, maar ons vergeet dat Paulus gesê het dat liggaamlike oefening tot weinig nut is.

     Die aand het Ds. Minnaar weer die diens waargeneem en het ernstig gepreek oor Sag 4: 6 (Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die boodskap van die Here aan Serubabel, ‘Nie deur mag  of deur krag nie, maar deur my Gees sê die Here, heerser oor alle magte.)

Ds.Du Toit is weer na kamp 2 vir ‘n diens

Dinsdag, 13 November 1900

     Vanoggend het die boodskap gekom dat daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is en in die middag is daar weer ‘n roudiens gehou deur eerwaarde Spratt. Sy teks was uit Matteus 11.

     In die aand het dominee Minnaar weer gepreek oor Handeling 1: 8 (Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies  wees  in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde.) en Handelinge 2: 4 (En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat , soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.)

     Hier gebeur nogal iets onder die krygsgevangenes wat nie ongemerk kan verbygaan nie. ‘n Aantal burgers het ‘m petisie opgestel om aan ons mense te stuur dat daar ‘n einde aan die oorlog gemaak moet word. Dit het onder die aandag gekom dat een as ‘n gevangene deur die jong mense ingedra is om erens gedip te word. Hulle het dit die brandsiek-kommissie genoem. Generaal Crouter het moeite gehad om hom te bevry. Die ander het iewers gaan skuil tot die grap verby was.

     Vandag het daar weer ‘n aantal krygsgevangenes in die kamp aangekom. Onder hulle was proponent Theron en ander van my vriende. Dit was groot vreugde om mekaar weer te sien.

Woensdag, 14 November 1900

     Vandag is ek  reeds een jaar van my huis af weg. Wie sou dit kon droom? Dit is maar goed dat ‘n mens nie vooruit kan sien nie, want dit sou dinge vir ons ondraaglik gemaak het. Vanoggend het ons weer berig ontvang dat een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. In die middag het Ds Minnaar ‘n roudiens gehou. Hy het gepreek oor Psalm 90: 12. (Om ons lewensdae na waarde te skat – dit moet ons leer, sodat ons ‘n hart vol wysheid kan verwerf.)

     Die aand is die diens weer gehou deur eerwaarde Spratt. Hy het vanaand gepreek uit 2 Korintiers: 13: 5. (Groet mekaar met ‘n heilige soen. Al die heiliges stuur vir julle groete.) Hierdie woord laat jouself ondersoekof jy geloof het.

Donderdag, 15 November 1900

     Vanoggend was die lug weer betrokke. Ons is jammer dat daar weer groep van ons burgers aangesê is om gereed te maak om na Ceylon te vertrek. Onder hulle was kommandant Johan Boshoff, Ds. Thom van Frankfort en Ds. Minnaar van Heilbron en nog ander. Mag die Here gee dat daar tog ‘n einde sal kom aan hierdie rampe. Ek het gesien hoe dat een van Engelse  by die hek ons burgers aan die arm neem en hulle verby stoot op ‘n onbeleefde manier. Hieroor sal ons liewer maar swyg.

Vrydag, 16 November 1900

     Verlede nag het dit weer gereën en dit was vanoggend nog onweer. Daar is weer verlede nag ‘n burger in die hospiaal oorlede. Die middag is daar toe ‘n roudiens gehou deur eerwaarde Spratt. Hy het ‘n ernstige woord gespreek uit Romeine 6: 6. (Dit weet ons: dat as ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.)

     In die aand het Ds. du Toit weer ‘n diens gehou en het gepreek oor Jesaja 46:10. (Ek wat van die begin af die afloop aankondig, van lank gelede af dit wat nog nie gebeur het nie; Ek wat sê, ‘My raadsbesluit sal standhou; alles wat Ek wil sal Ek uitvoer’.) Die laaste gedeelte van die vers: “My raad sal bestaan en ek sal my welbehae uitvoer, is ‘n vertroostende woord   en almal is getroos en bemoedig huis toe.

Saterdag, 17 November 1900

     Heelwat van ons burgers het vandag hier aangekom as krygsgevangenes, ook uit my eie distrik, Winburg. Onder hulle was Jacobus Smith en A. Hauptflish.

In die aand is Ds. Malherbe van Jagersfontein toegelaat om vir ons ‘n diens te hou. Hy het gepreek oor 1 Korinthiërs 3: 23. (Maar julle behoort aan Christus en Christus aan God.)

     Dominee Du Toit is weer vir ‘n diens na kamp 2.

Sondag, 18 November 1900

In die oggend het dominee du Toit die diens waargeeneem. Hy het ‘n ernstige preek gehad oor Sagaria 4: 6 (Toe het hy geantwoord en vir my gesê: Dit is die boodskap van Here aan Serubabel, ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees,’ sê die Here, Heerser oor alle magte.) Die diens is bygewoon deyr ten minste 2000 mense. Ek het nog nie so ‘n opkoms gesien sedert ons hier is nie. Ons is veral gestig deur die woorde: ”Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees sal dit gebeur.”

     In die middag is die diens gehou deur eerwaarde Spratt. Hy het gepreek oor Matteus 6: 6. (Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe  en bid tot jou Vader wat in verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.) Ook hierdie diens was vir ons ‘n genot.

     In die aand word die diens gehou deur dominee Malherbe  van Jagersfontein. Hy het ernstig gepreek oor 1 Konings 19: 11, 12. (Maar hy sê: “gaan uit en staan op die berg voor die Here. Kyk die Here sal weldra verbygaan.” Daar was ‘n geweldige sterk wind wat die berg geskeur het , wat die rotse verbrysel het voor die Here; in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aarbewing; in die aarbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar vuur; in die vuur was die Here nie. Na die vuur was daar ‘n sagte gesuis.) Die geruis van ‘n sagte koelte het deur die groot skare van toehoorders gegaan en ons was bly oor die vertroostende Woord van God wat aan ons gebring is deur sy dienskneg.

Maandag, 19 November 1900

     Nie veel het op hierdie dag gebeur nie. Daar was weer ‘n berig van een van ons burgers wat in die hospitaal oorlede is. Iemand met die naam van Niemand. In die middag was daar ‘n roudiens deur eerwaarde Spratt. Hy het gepreek uit genesis 27: 2 (Isak sê toe: “Kyk ek is oud. Ek ken nie my sterfdag nie.”)

     Dié aand het dominee Malherbe die aanddiens gehou waar hy gepreek het oor 2 Petrus 1: 10, 11. (Oor die verlossing  het die profete, wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, nagedink  en navraag gedoen. Hulle het probeer naspeur na watter persoon of na watter spesifieke tyd die Gees van Christus, wat in hulle was, verwys het toe Hy vooruit getuig het oor Christus se lyding en die heerlikheid wat daarop sou volg.)

Dinsdag, 20 November 1900

     Alles het maar op dieselfde wyse aangegaan as al die ander dae. 

In die aand het Ds. Malherbe weer die aanddiens gehou en gepreek oor Jesaja 44: 3, 5. (Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome oor droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Een sal sê ‘ Aan die Here behoort ek’ en die ander een sal die naam van Jakob uitroep. Nog een sal op sy hand skryf ‘Die Here s’n’ en homself die naam Israel gee.)

Woensdag, 21 November 1900

     Vroeg  vanoggend is die vraag al gevra: Wat sal die nuus van vandag weer wees? Almal het daarna uitgesien om goeie nuus te kry, maar ons het dit nie gekry nie.

     In die aand was daar weer ‘n diens wat waargeneem is deur erwaarde Spratt. Hy het gepreek oor Galasiërs 6: 7. (Moet julle ie laat mislei nie – God laat Hom nie bespot nie. Wat die mens ook al saai sal hy maai.)

Donderdag, 22 Novembr 1900

     Vanoggend is ons weer onrustig gemaak aangesien daar weer ‘n hele klomp van ons burgers aangesê is om gereed te maak om na elders vervoer te word. Onder hulle was kommandant De Villiers en Wilcocks en baie ander bekendes. Ons het aangeneem hulle word na Ceylon gestuur. So het dit maar met alle krygsgevangenes gebeur om elke dag maar gereed te wees vir wanneer hulle moet vertrek na elders. Ons al maar gelowig op die liewe Here wag vir ewig. Kan dit nie gebeur nie, het ons ‘n blye hoop op ‘n heerlike verlossing en dit moet ons alles laat vergeet.

     In die aand het dominee malherbe die diens gehou en het ‘n wonderlike boodskap gebring oor Ps 69: 17, 18. (Antwoord my, Here, want u troue liefde is goed; draai na my in groot ontferming. Moenie u gesig vir u dienskneg verberg nie, want ek is in nood –  antwoord my gou.) Almal het weer opgeruimd uiteengegaan en het die Here geprys omdat ons die dierbare Woord van die God het om ons te troos en te bemoedig.

Vrydag, 23 November 1900

     Vandag het hier nogal iets vreemd gebeur. Die Engelse inspekteurs wou hê dat ons by die inspeksie almal ons skoene en kouse moes uittrek om te sien of dit skoon is. Dit is eenparig deur al die burgers geweier en of ons later daarvoor gestraf gaan word, sal ons maar moet sien. Hierdie optrede was vir ons ‘n belediging.

     Verder is daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede en die aand was daar toe weer ‘n diens deur Ds. Du Toit. Hy het vanaand gepreek oor Genesis 42: 36. ( Jakob, hulle vader, het vir hulle gesê: “Julle maak my kinderloos! Josef is nie meer daar nie, en Simeon is nie meer daar nie, en Benjamin wil julle neem. Alles is teen my.”)

Saterdag, 24 November 1900

     Vandag het hier weer niks gebeuur om van notisie te neem nie. Hier het weer ‘n  klompie krygsgevangenes aangekom. Onder hulle was Piet van der Merwe, die LV van Fauresmith. Hy was voorheen die kommandant van die distrik.

     Verder was daar weer ‘n roudiens wat deur eerwaarde Spratt gelei is. Hy het gepreek uit Jona 1: 6. (Want ‘n nasie het opgetrek teen my land, magtig en ontelbaar. Hulle tande is die tande van ‘n leeu, hulle het kake van ‘n leeuwyfie.)

     Die aand het Ds. Malherbe gepreek oor Hebreërs 13: 5. (Julle lewe moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê:  “ Ek sal julle beslis nie verlaat nie, en ook nie in die in die steek laat nie.”)

     In die aand was dit maar weer ‘n geselsery – die een hieroor en die ander daaroor. Wat anders? Want op hierdie manier gaan die tyd verby.

Sondag 25 November 1900

Die Here het aan ons ‘n mooi, lieflike dag geskenk. Dominee Malherbe het die oggenddiens gehou en het gepreek oor Daniël 3: 15. (Nou, as julle bereid is om, sodra julle die geluid hoor van die horing, rietfluit, siter, lier en harp, in harmonie , ja, al die musiekinstrumente, neer te val en aan die beeld wat ek gemaak het eer te betoon, goed en wel. Maar as julle nie eerbetoon nie, , sal julle dadelik binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Wie is die god dan wat julle uit my hand sal red.)

     Die middagdiens word waargeneem deur eerwaarde Spratt. Wat ‘n ernstige woord bring uit Genesis 3: 9. ((Die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”)

     Die aanddiens het is weer gehou deur dominee Du Toit. Hy het gepreek oor Job 34: 23. (Dit berus immers nie by ‘n mens om ‘n vaste tyd te bepaal om na God te gaan met ‘n regsaak nie.) Hy sê in sy woord dat Hy beslis  nie te veel verantwoordelikheid op die mens lê nie.      

Maandag, 26 November 1900

     Vandag weer niks van belang nie. In die aand was daar ‘n diens deur Ds. Malherbe. Hy preek uit Hebreërs 2: 3. (. . .hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot verlossing verontagsaam? Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig, en daarna aan ons, bevestig deur hulle wat dit gehoor het.). Hoe sal ons kan ontkom as nie op so ‘n verlossing ag gee nie?

Dinsdag, 27 November 1900

     Vandag is ek nege maande ‘n krygsgevangene. Hierdie datum sal ek altyd onthou.

Ek het vergeet om gister te skryf dat daar weer krygsgevangenes aangekom het. Twee van hulle  was op krukke en die die een se een been was morsaf. Ek wonder wat sal beskaafde mense daarvan sê as hulle sien wie almal hier inkom? Daar kom tot kinders hier aan van tien of twaalf jaar. Wat se tyd beleef ons tog? Maar ons troos ons met die gedagte dat die Here regeer en dat Hy uiteindelik al ons trane en gebede op sy tyd in gedagte sal hou.

     Vanoggend het daar weer in die sewentig krygsgevangenes ingekom. Onder hulle was daar ook weer ‘n paar kinders. Ek skat een van hulle was nie ouer as agt jaar oud nie. Nou kan die wêreld self oordeel hoe die Afrikaners gevrees word.

Woensdag, 28 November 1900

     Vanoggend is dit weer reënerig. Ek het vanoggend Psalm 91 gelees. Ek het daaroor nagedink en besef dat hierdie Psalm  letterlike bewaarheid is.  “Daar kan duisend lang jou val en tienduisend aan jou regterkant, naby jou sal dit nie kom nie. Jy sal maar net toekyk. . . “ (Psalm 91: 7, 8) Ek sal met my eie oë sien hoe groot my dankbaarheid moes wees.

     Vanmiddag was daar weer ‘n roudiens aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is, Ds. Malherbe het die diens gehou uit Prediker 7: 1. (‘n Goeie naam is beter as goeie reukolie, en die sterfdag as die geboortedag).

     In die aand is die diens waargeneem deur eerwaarde Spratt. Hy het gepreek oor Jesaja 55: 7, en hierna het almal gaan slaap (Die goddelose moet van sy pad afsien en die boosdoener van sy planne. Hy moet na die Here terugkeer, sodat Hy hom kan genadig wees, en na sy God, want Hy vergeef oorvloediglik.)

Donderdag, 29 November 1900

     Vandag het niks van belang gebeur nie.

     In die aand het Ds. Malherbe weer gepreek oor Johannes 16: 8 -11. (En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: ”Van sonde omdat hulle in my nie glo nie; van geregtigheid omdat Ek na die Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; van oordeel omdat die heerser van hierdie wêreld reeds geoordeel is).

     Ek het gister met ‘n student, Pienaar, kennis gemaak wat hier ingekom het as krygsgevangene. ‘n Pragtige jong man. Hy het ook vandag ons biduur gelei.

Vrydag, 30 November 1900    

     Vandag het ons weer berig ontvang van twee burgers wat in die hospitaal oorlede is. Eerwaarde Spratt het in die middag ‘n roudiens gehou en gepreek oor Openbaringe 21: 4 en laaste gedeelte van vs 8. ( Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog. En die dood sal daar nie meer wees nie; ook nie rou of ‘n gehuil of pyn sal meer bestaan nie; want die eerste dinge het verby gegaan.)

     In die aand het dominee Du Toit weer gepreek oor Matteus 26: 75. (Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus gesê het; Voordat die haan kraai sal jy My drie maal verloën.” En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil.”)

Saterdag, 1 Desember 1900

     Daar het vandag nie baie gebeur nie. Dit is vandag die warmste dag wat ons nog belewe het. In baie gesprekke het dit gegaan oor die vrouens en kinders wat oral in kampe opgesluit is.  Dit is onvestaanbaar  dat ‘n nasie was as beskaafd deurgaan tot sulke dade in staat kon wees. Tog, het die Here dit toegelaat en daar is seker ook ‘n doel mee.

     In die aand het dominee Malherbe gepreek oor Genesis 6: 3. (Die Here het toe gesê: “ My Gees sal nie vir altryd in die mens bly nie, omdat hy ook vlees is. Sy lewensdae sal honderd-en twintig jaar wees”. Dominee Malherbe het ons ook ingelig dat dominee Du Toit ons weer gaan verlaat en hy sal môre sy afskeidspreek hou. Ek glo dominee Alhyt sal dan weer na ons toe kom.

Sondag, 2 Desember 1900

     Soos ons verwag het, het dominee Du Toit toe in gekom  en het as afskeidspreek die teks is  Jesaja 4: 5 gebruik. (. . . sal die Here oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags ‘n wolk skep, en snags ook rook  en die glans van vuurvlamme. Ja, oor alles wat luisterryk is, sal dit ‘n gewelf vorm.) Na die preek is aan hom ‘n adres voorgelees deur H. Van der Merwe, namens die krygsgevangenes. Dominee Du Toit het het hierop gepas geantwoord en daarna het ons hom toegesing: “Laat Heer, u seën ophom daal.”

     In die namiddag het eerwaarde Spratt weer ‘n diens gehou en gepreek oor Lukas 19:10. ( Die Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is , te soek en te verlos.)

Maandag, 3 Desember 1900

     Vandag is ‘n klomp van ons burgers weer aangesê om gereed te maak om een uur na St Helena oorgeplaas te word. So het dit met ons hier gegaan. ‘n Mens moet maar elke oomblik gereed wees om elders heen gestuur te word. Ons besef dat hier op die aarde tog aan alles uiteindelik ‘n einde kom. En dit verwag ons. Die liewe Here ken sy tyd.

Die aand het ons weer ‘n diens gehad gelei deur die jong student, Pienaar. Hy het gepreek oor Levitikus 11 (Voorskrifte oor rein en onrein diere).

Dinsdag, 4 Desember 1900

     Vandag het hier ‘n stormwind gewaai dat ‘n mens amper nie kon uitgaan nie. Die arme mense in die tente. Ek kry hulle bitter jammer, want die wind het tot bo-op die balkon in die kamers ingewaai. Hoe moet dit in die tente lyk? ‘n Klomp tente was omgewaai. Baie het nog  dié oggend op die grond geê. ‘n Sinkgebou hier is ook omgewaai. Ek het daaraan gedink dat ek in die Vrystaat baie stormwinde gesien het, maar nou het ek gesien wat ‘n storm regtig is.

     Sommige burgers is gister op ‘n skip geplaas om na St Helena te gaan. Ek is jammer oor hulle omstandighede, maar die liewe Here het ook die bare en die golwe in sy hand.

     Vandag het een van ons ouer burgers, wat ook hier is as ‘n krygsgevangene is, vertel van die manier waarop hy gevange geneem is deur kaffers. Hy is 81 jaar oud en is op sy plaas gevang. Sy hande is aan mekaar gebind en hy is op barbaarse wyse geslaan deur die kaffers en toe oorhandig aan die Engelse owerhede. Die ou heer ‘n  is Losper van Kroonstad.

Woensdag, 5 Desember 1900

     Vandag is ‘n pragtige dag. Die storm van gister het bedaar en almal het hulle verheug oor die stille môrestond.

     In die middag was daar weer ‘n roudiens aangesien daar weer een van ons burgers in die hospitaal oorlede is. Tot my leedwes het ek nie hierdie diens bygewoon nie, aangesien ek te laat daarvan gehoor het. Die diens was toe al aan die gang. Dit blyk dat die masels baie erg was aangesien die laaste sterfgevalle almal as gevolg van masels was.

     Vanaand is die diens weer deur dominee Malherbe waargeneem. Hy het gepreek uit Miga 7: 7 – 9. (Maar ek sal vir die Here op die uitkyk wees, ek sal bly wag op die God wat my verlos. My God sal my hoor. Moet jou nie oor my verlustig nie, my vyand. Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in die donker, die Here is my ‘n lig. Die striemende toorn van die Here sal ek dra – want ek het teen Hom gesondig – totdat Hy my saak verdedig en my reg handhaaf. Hy sal my uitlei na die lig; Ek sal sy geregtigheid met genoegdoening ervaar.)

Hierna het almal gaan slaap.

Donderdag, 6 Desember 1900      

     Niks belangriks het vandag  gebeur nie.

In die aand het eerwaarde Spratt weer ‘n diens gehou. Hy het gepreek oor Daniël 4. (Daniël lê Nebukadneser se droom uit en Nebukadneser se belydenis)

Vrydag, 7 Desember 1900

Vandag het hier weer ‘n paar krygsgevangenes aangekom. Onder hulle was ‘n seun van Ds. Venter.

     In die aand word die diens waargeneem deur student Pienaar en hy preek oor Jesaja 50: 7 (Dit is my Heer, die Here wat tot my hulp kom; daarom voel ek nie verneder nie; daarom het ek my gesig soos vuurklip gemaak. Ek het geweet dat ek nie beskaamd sou staan nie.)

Saterdag, 8 Desember 1900

     Vandag het daar weer ‘n berig gekom dat een van ons jong burgers in die hospitaal oorlede is. Sy roudiens is deu die jong student, Penaar gehou. Hy het ‘n ernstige diens gehou oor Amos 4: 12. ( Daarom gaan Ek die volgende aan jou doen, Israel; en omdat ek dit aan jou gaan doen – maak jou gereed om jou God te ontmoet, Israel.)

     Intussen het Lord Robberts ook hier Tafelbaai aangekom onder die gebulder van een-en-twintig kanonskote. ‘n Groot getal vlae is ook weer gehys.

     Soos ons verwag het, het dominee Alhyt gister hier aangekom om weer tydelik hier onder ons te kom werk. Hy het die aand gekom om sy diens hier te hou. Baie het hom tegemoet geloop by sy aankoms om hom te groet en te verwelkom. Soos sy gewoonte was, met sy vriendelikheid, het dit gelyk soos ‘n geliefde vader wat terugkom na sy kinders toe. Hy het gepreek oor Ps 23. (Die Here is my Herder). Dit was waarlik lekker om so ‘n troosboodskap te hoor na so ‘n lang gevangeneskap. Die aand het hy, soos die gewoonte was, weer die biduur gelei en hierna het almal gaan slaap.

Sondag 9 Desember 1900

     Vanoggend het dominee Alheit na ons kamp gekom om voor ons op te tree. Hy het gepreek uit 2 Korintiërs 1: 3 – 5. (Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word; want net soos Christus se lyding oorvloedig oor ons kom, so is ook ons bemoediging oorvloedig deur Christus.) Hy het die volgende twee punte behandel.        

1. Troos is nodig.
2. Troos is verkrygbaar.

Dit was ‘n vertroostende woord in ‘n tyd soos hierdie, want troos is onmisbaar en as ons nie deur die Here getroos word nie, hoe sal ons ander kan troos?

     In die middag het eerwaarde Spratt toe weer ‘n diens gehou. Hy preek oor Genesis 3:15. ( Vyandskap sal ek tussen jou en die vrou stel, en tussen jou nageslag en haar nageslag. Hy sal jou kop aanval, en jy sal sy hakskeen aanval.)

     In die aand het student Pienaar weer ‘n diens gehou en gepreek oor Deuteronomium 30: 29. (daar bestaaan nie so ‘n teks in die Bybel nie, maar die hoofstuk hamdel oor vergifnis en berou.)

      Vandag het ons die storie hier gehoor dat generaal De Wet krygsgevange geneem is en dat die president gesneuwel het. Sulke stories maak ons baie hartseer.

Maandag, 10 Desember 1900

     Vandag het hier weer krygsgevangenes aangekom en in die middag is daar weer ‘n roudiens gehou vir een van ons burgers wat in die hospitaal oorlede is.

     In die aand word die diens gehou deur dominee Alheit. Hy het gepreek oor Ps 24 en dit was vir ons baie vertroostend.

     In die aand was hier ‘n groot gedoente in die Kaap. Vier orkeste  met ‘n regiment soldate met fakkels het verby ons kamp geloop. Dit was waarskynlik ter ere van Lord Robberts. Teen nege uur het hulle weer met dieselfde lawaai teruggekom na hulle kamp toe.

Dinsdag, 11 Desember 1900

     Vandag was ek baie terneergedruk. Ek het vandag twee briewe van my seuns op Ceylon gekry en  gehoor dat hulle albei siek is. Hulle was reeds in die hospitaal, maar was weer aan die beter word.

     In die aand het eerwaarde Sprat weer ‘n diens gehou en hy het gepreek uit Rigters 13: 19 (Manoag neem toe die bokkie en die graanoffer en offer dit vir die Here op ‘n rots. Diee Here het ‘n wonder laat gebeur terwyl Manoag en sy vrou toekyk.)

     Lord Roberts het vandag na Engeland vertrek. Vandag is daar weer gerugte gehoor dat duisend troepe na Walvisbaai gesuur gaan word. Dit skep die indruk dat al die ongesonde plekke juis vir ons verdrukte volk uitgesoek word. Maar ons het een troos:  sonder die Here se wil sal niks met ons gebeur nie. Laat ons gelowig wag.

Woensdag, 12 Desember 1900

     Vandag het dar nie iets besondes gebeur nie.  Ek is vandag na die tent van ons gebreklike burgers toe. Hulle is vyf bymekaar wat almal met krukke loop. Hulle bene is bokant die knie afgesit. Hulle is gewond in die oorlog en is almal hier as krygsgevangenes.

     In die middag was daar Bybelstudie wat ek bygewoon het. Dominee Alheit het Markus 4 behandel. (Die gelykenis van die saad.). Ek het versterk van die Bybelstudie af teruggekom. In die aand het dominee Alheit  gepreek oor Psalm 25: 1 – 11. (Na U, Here hunker ek.)

Na die diens het die dominee toe gesê dat ons Sondag, 16 Desember as ‘n dag van verootmoediging moet hou. Hy sou ook die ander kamp daarvan in kennis stel. Ek het van harte hiermee saamgestem. Ek het selfs so ver gegaan om met van my vriende te praat oor ‘n gelofte. Baie het met my saamgestem en ons sal hieroor dink. 

Donderdag, 13 Desember 1900

     Vandag het ook niks van belang gbeur nie. Aangesien proponent W. Theron ook nou belowe het om dienste te hou, is die diens vanaand deur hom waargeneem. Sy preek was uit 2 Korinthiërs 5: 10. (Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy liggaamlike bestaan gedoen het, of dit goed of kwaad was,) Hy het oor die volgende drie punte gepreek :

1.         Die Die gerig is 'n algemene gerig.
2.         Wie sal optree as regters.
3.         Die loon wat die regter sal bring. 

Vrydag, 14 Desember 1900

     Vandag is ‘n heerlike dag. Dit is vandag juis dertien maanda wat ek van my dierbares af weg is. Almal kan dus verstaan hoe ons uitgesien het na verlossing.

     In die aand is die diens waargeneem deur student Pienaar. Hy het gepreek oor Genesis 7: 13 – 16. (Op daardie selfde dag het Noag, Noag se seuns Sem, Gam en Jafet en Noag se vrou  en sy dre seuns se vroue saam met hulle die ark binnegegaan, hulle en al die soorte wilde diere en al die soorte mak diere, al die soorte kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg en al die soorte voëls – al die voëls, al die gevleueldes.Hulle het saam met Noag toe die ark binnegegaan, twee-twee van alle diere waarin die asem van lewe was. Die wat ingegaan het, as  manlik en vroulik uit alle diere het hulle ingegaan, soos God beveel het. Die Here het die ingang agter hom gesluit.). Hy het die volgende punte behandel:

1.   Uitgesluit van die wêreld
2.   Ingesluit by God

Saterdag, 15 Desember 1900

Vandag het ons Jongmense Dingaansdag gevier. Die Jongeliede Vereniging het my gevra of ek nie teenwoordig kan wees nie. Ek is vriendelik uitgenooi deur die voorsitter, Van Niekerk. Ek het skielik so siek geword dat dit nie vir my moontlik was nie. Hulle het dit vandag gevier omdat 16 Desember op ‘n Sondag was.  

Sondag, 16 Desember 1900

     Dingaansdag. ‘n lieflike, mooi dag. Elke gelowige siel dink met erns aan die dae in die verlede toe die ou aardsvader, Sarel Cilliers en sy vriende in die aande ‘n plegtig gelofte gedoen het. Deur hulle mag ook ons vandag met ‘n belofte in die hart na die Here gaan. “Mag  die heerlike verlossing ook nou spoedig aanbreek”, is my hertewens.

     Ek het vergeet om gister aan te teken dat die diens gisteraand  waargeneem is deur proponent Theron. Hy het ‘n ernstige woord tot ons gerig uit Hebreërs 12: 1, 2. (Daarom , terwyl ons so ‘n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring,  en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gerig op Jesus, die Leidsman en die voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.). Hy het oor die volgende punte gepraat:           

1.         Die wedloop
2.         Watter voorbereiding is nodig?
3.         Hoe moet ons hadloop?

     Vanoggend is die diens gehou deur dominee Alheit. Hy het eers Psalm 51 gelees en ‘n gedeelte van Jesaja 59. Sy teks was Jesaja 10: 3. (Ja, die gebruik van volke, dit is nietig; Want hulle kap ‘n boom in die bos af – die werk van ‘n ambagsman met ‘n byl.”

     Ek is nag baie ongesteld. Tog het ek die voorreg gehad om hierdie plegtige diens by te woon. My biduur het ek oorgelaat aan broer Piet van der Merwe. Ooral in die tente is volgens gewoonte toe al bidure gehou.

     Die middagdiens is gehou deur proponet Theron. Ook hierdie diens kon ek as gevolg van my ongesteldheid, ook nie bywoon nie.

     Die aand is die diens gehou deur eerwaarde Pratt. Wat gepreek het oor Mattheus 24: 35 – 44. (Profetiese rede: Waaksaamheid). Na die diens het eerwaarde ons uitgenooi om te bly vir ‘n gebedsgeleentheid. Hy het gesê die wat wou gaan kan gaan en die wat wou bly moes bly. Die hele skare het agtergebly en daar is ernstige gebid. So het 16 Desember geëindig en elkeen het teruggegaan met ‘n blye hart, wagtend op die Here wat sy kinders, wat in benoudheid na Hom roep, seker sal verhoor op sy tyd. Hierna het almal gaan slaap.

Maandag, 17 Desember 1900

     Vanoggend was ek in so ‘n mate gesond dat ek weer my vriende in die kamp kon gaan besoek het. Ek het  heerlike gesprekke gehad met sommiges wat ernstig nagedink het oor die lotgevalle waarin ons ons bevind het. Dit was hartseer om te sien hoe onverskillig sommige nog was. So asof niks gebeur het nie. Ek hoop dat die saad wat ek hier gesaai het nog baie vrug sal dra.

     In die aand was daar toe weer ‘n diens deur dominee Alheit. Hy het gepreek oor Psalm 25: 1, 2. (Na U, Here hunker ek . My God, op U vertrou ek. Laat my tog nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my jubel nie.)

Dinsdag, 18 Desember 1900

     Vanoggend is hier weer stormwinde soos dit maar dikwels gebeur het. Die wind het die hele dag gewaai sodat dit onmoontlik was om buite die huis te kom.

     Die aanddiens is dan ook vanaand in die sinkgebou gehou. Proponet Theron het die diens gelei. Hy het gepreek oor Luk 14: 17. (Toe dit tyd was vir die feesmaal , stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê, ‘Kom, alles is gereed!’)   

     Nou moet ek die joernaal hier afsluit, aangesien my boek vol is. Môre, soos die Here wil, sal ek dit  in ‘n ander boek sal voortsit.

Woensdag 19 Desember 1900

Tot dusver is die joernaal noukeurig deur my gehou en ek verklaar dat alles wat deur my opgeteken is, die waarheid is

J.W. Kok
Kommandant, Winburg.

Opmerking:

(Bostaande is die laaste paragraaf van die dagboek van kommandant J.W. Kok)

Opmerking:

     Hierdie aantekening is op die laaste bladsy van J.W. Kok se dagboek Ek kan glad nie in die dagboek aflei waar dit inpas nie. Dit is duidelik dat handskrif nie die van die skrywer, J.W Kok is nie.

     Hier plaas en nou die joernaal van kommandant, Jan P. Jordaan, van die wyk Vetrivier in die distrik van Winburg waarna JW Kok in sy joernaal op 04 November 1900  verwys het

Ek neem hier die Joernaal op van Kommandant Jan P.  Jordaan van die wyk Vetrivier, distrik Winbuurg oor die oorgawe van genraal Cronje aan Lord Robberts hier op soos ingevoeg by die joernaal van kommandant J.W. Kok

Dinsdag, 3 Oktober 1899

     Op die dag het ons vertrek van die plaas Brakspruit, wyk Vetrivier, distrik Winburg onder veldkornet W. Pretorius en kom die volgende dag  by die Boshoffspruit aan. Daar het ons veldkornet C. Oosthuizen met die wyk Taaibosspruit-kommando ontmoet. Ons moes toe ‘n kommandant hê omdat ons kommandant, M. Prinsloo, na die oostelike grens van Natal vertrek het saam met ‘n groep van sy burgers. Ek, Johannes Petrus Jordaan, word toe deur die burgers met ‘n meerderheid van stemme verkies. Ons het dieselfde aand met my kommando, wat uit 570 burgers bestaan het, vertrek het in die rigting van Kimberley. Die nag het ek die opdrag gekry om in die rigting van Brandfort te trek waar ek my opdragte sou kry. Daar het ek opdrag gekry om na Kimberley te vertrek. Ek het dit dan ook gedoen.

Dinsdag, 10 Oktober 1899

     Vandag het ons in Boshoff aangekom en is van daar af na die plaas Leeufontein waar ek kommandant C.J. Wessels  van Hoopstad en Jac. Du Plessies van Boshoff met hulle kommando’s ontmoet het. Dieselfde dag word kommandant C.J. Wessels gekies as hoofkommandant van die Vrystaatse burgermag aan die westelike grens en B.C. Greyling as kommandant in sy plek.

Woenssdag, 11 Oktober, 1899

     Op die dag  het President Kruger ‘n kennisgewing gestuur dat haar Majesteit se verteenwoordiger nie haar troepe binne agt-en-veertig uur van die grense verwyder het soos ooreengekom is nie. Sy hoogedele heer sou dieselfde beskouing hê as haar Majesteit.

     Na enkele dae het ons saam met hoof-kommandant C.J. Wessels, met kommandant B.C. Greyling en ekself met ons kommando’s, tesame 1300 man sterk, na die plaas Olifantsfontein ten Suide van Kimberley vertrek terwyl kommandant Du Plessis met sy kommando na die plaas Rietfontein ten Ooste van Kimberley vertrek het. Toe ons by Olifantsfontein aangekom het, het ons besluit om daar ons hooflaer te vestig.

Saterdag, 14 Oktober 1899

     Vandag is ek en kommandant B. Greyling na Scholtznek, ‘n randjie aan die Westekant van Kimberley waartussen die treinspoor deurloop, om daar te gaan spioeneer.

Sondag, 15 Oktober 1899

     Die krygsraad het besluit dat ons en ons manskappe die spoorlyn aan die westekant van Kimberley moet gaan opbreek  en dat kommandant Du Plessis die spoor en die waterwerke aan die Noordekant in besit moes neem. Die aand het ek en 100 man  ‘n koppie, later genoem Armoedskoppie, nader aan Kimberley  bewaak. Ons het dit van toe af permanent bewaak.

Maandag, 16 Oktober 1899

     Vandag het kommandant Prinsloo van die Bloemfontein-kommando by ons aangesluit en en die aand het ons, kommandante B, Greyling, kommandant Prinsloo en ekself met 1500 man en met majoor Albrecht met 3 kanonne na die plek van ons bestemming vertrek. Teen elfuur het ons daar aangekom en ons het die spoorlyn vir omtrent 100 treë vernietig het en het ook die telegraaflyne afgesny.

Dinsdag, 17 Oktober 1899

     Vroeg vanoggend het die gepantserde trein uit Kimberley  aangekom. Majoor Albrecht word dadelik verwelkom met sy kanonne en die burgers met hulle Mausers. Die vyand het hewig geantwoord met hulle Martini-vuur maar ons begroeting was te hewig vir hulle en hulle het haastig terugval om hulle ontkoming aan Lord Rhodes en Lord Kekewich te gaan bekend maak. Tydens hierdie ontmoeting het Kommandant Schoeman van die Kroonstad-kommande by ons aangesluit.

Woensdag, 18 Oktober 1899

     Kommandant Jan Prinsloo het bevel gekry om die brug by Modderrivier op te blaas. Dit is toe so gedoen.

Donderdag, 19 Oktober 1899

     Kommandant Greyling het van die hoof-kommandant bevel gekry om terug te keer na die hooflaer  terwyl ek, saam met kommandant Schoeman, die vernietigde spoorlyn moes bewaak.

Sondag, 22 Oktober 1899

     Kommandant Schoeman word ook teruggeroep na die hoof-laer en ek het alleen met my kommando by Scholtznek gebly.

     Na enkele dae aan die Modderrivier – die brug het oorgebly – het kommandant Jan Prinsloo teruggekeer tot by Langeberg, naby Scholtznek. Dit was aan die Oostekant van Kimberley en patrollies is gedurig uitgstuur na die Noorde.

     In die begin van November het ek en al die ander  afdelings, nadat ons op aanbeveling van sy Hoogedele, die Staatspresident,  en met meerderheid van stemme, vir Jacobus Prinsloo as Veg-generaal verkies het, om ons posisies so naby as moontlik aan Kimberley in te neem.

     Ek het my posisie by Spuitfontein agter ‘n pragtige koppie ingeneem. Ek het die plek die naam gegee van Beesvleisnek. Lekker vet beeste was volop daar.

     Terselfdertyd het generaal De la Rey met sy kommando van omtrent 2000 man, hulle gevestig aan die Noord-Westekant van Kimberley. Kimberley is toe dag en nag bewaak sodat geen rapporte in of uit kon gaan nie.

Maandag, 6 November 1899

    Die krygsraad het besluit om my na Griekwaland-Wes te stuur om die gebied te proklameer.

Vrydag, 10 November 1899

     Ek het vertrek van Beesvleisnek met 100 manne en het die volgende oogend baie vroeg by Barcley-Wes aangekom. Sonder teenstand het ek die heer Morgendal as landdros aangestel en het die magistraat ontslaan en gee hom ‘n verlofbrief om terug te keer na die Kaapkolonie. Ek het die aand vertrek na Delportshoop waar die Hartsrivier in die Vaalrivier inloop waar ‘n Vrederegter en ‘n telegraafkantoor was.

Sondagdag, 12 November 1899

     Daar aangekom het ek albei kantore gesluit en gee ook aan die Vrederegter  ‘n verlofbrief  om na die Kolonie terug te keer. Dit was ‘n Sondag en ons het daar by die Vaalrivier gebly. Ons is goed onthaal deur die burgers – meesal “diggers”. Hulle het aan ons baie brood en blikkies vis gegee. Die aand het ons na Smutsdrif vertrek. 

Maandag, 13 November 1899

     Toe ons daar aankom het ons ook weer die vrederegter se kantoor en die telegraafkantoor gesluit en die sleutels oorhandig aan ene Meneer Smit, ‘n Hollander en die eienaar van Smitsdrif. Hy is ‘n baie vriendelike man. Sy gasvryheid aan my en al my burgers sal nie maklik vergeet word nie. Alle eer aan meneer Smit van Smitsdrif.

     Die aand het ons vertrek na Cambell. Op weg daarheen het ons drie of vier swaargelaaide waens raakgeloop en na ondersoek blyk dit dat dit goewermentsgoedere was – meel en ander goeder wat vervoer is na Barcley-Wes en het ook verneem dat twee vol gelaaide waens vooruit was. Ek het op die waens in beslag geneem  en so kennis gegee aan die landdros van Barcley-Wes. Daarna het ons voortgetrek.

Dinsdag, 14 November 1899

     Ons het by Cambell aangekom en na die  proklamasie voorgelees is het ek al die regeringskantore gesluit alle regeringsgoedere in beslag geneem en het dit oorgegee aan een van die inwoners van die dorpie tot verdere kennisgewing. Die vrederegter het ook ‘n verlofbrief gekry om terug te keer na die Kolonie. Ons het die aand na Douglas vertrek.

Woensdag, 15 November 1899

      Ons het in die oggend daar aangekom. Ek het die vlag gehys en die proklamasie voorgelees aan die inwoners. Ek het die magistraat ontslaan met ‘n verlofbrief om terug te keer na die kolonie en ek het die heer, D. De Kock aangestel as landdros.

     Aangesien baie van die regeringsgoedere weggesteek was, en dit baie moeite gekos het om dit op te spoor. Ek  kon ek eers die volgende dag al langs die Vaalrivier afry tot waar dit in die Oranjerivier ingeloop het. Ons het oorgegaan met die pont en afgesaal en het dit geniet om in die rivier te swem.

     Veldkornet Oosthuizen met ‘n paar burgers het ‘n skuit en ‘n vlag geneem en het deur die Grootrivier gegaan en vir hulle ‘n pragtige plaas  geproklameer en het dit bevestig met ‘n paar geweerskote en het toe teruggekom. Wanneer hy nou eendag sy  plaas in besit sal neem, sal ons nog moet sien.

     Vandaar het ons toe voortgetrek en het die aand omtrent nege myl van  Griekwastad, die hoostad van  Griekwaland- Wes geslaap.

Donderdag, 16 November 1899

     Vandag is ons vergesl deur ‘n groot klomp burgers te perd en met karre vol jong dames wat ons die dorp in begelei het tot by die kantoor. Ek het die vlag gehys, die proklamasie voorgelees en het George  Perry as landdros aangestel. Op hulle versoek het die klomp jong dames die volkslied van die Oranje Vrystaat gesing  en daarna is ons uitmekaar.

     In die namiddag het ek en vier van my burgers met omtrent dertig van die Griekwalanders na Postmasburg gery wat omtrent agt en veertig myl verder was. Ek het die res van my burgers agtergelaat om die perde goed te laat uitrus.

     Ek het Postmasburg ook sonder teenstand bereik. Verskillende besighede het die orde herstel.

Sondag 19 November 1899

     Ek het vandag teruggekeer na Griekwastad en nog dieselfde aand terug gery na Cambell en vandaar die naaste pad na Kimberley

Donderdag 23 Oktober 1899

     Ek het vanoggend vroeg in die laer aangekom. Hier het ek gehoor dat twee honderd van my burgers reeds die 17de vertrek het na Belmont onder waarnemende kommandant Viviers en dat hulle slaags was met die vyand juis toe ek in die laer aangekom het. Daar het een van my burgers, Rudolph Jordaan, gesneuwel. Ook A. Pretorius, Jan du Plessis, Louis Kotze, Lourens Erasmus,  en Pieter Swanepoel het later gesneuwel by Twee Riviere.

     Van Wyk van Taaibosspruit,  Schalk van Niekerk, Jan Nel, Hans Mienie, W.E Scott, M. Cronje, P. Ebersohn,  M.Steyn en C. Bester is gewond.

     Jan van Rooyen, Jan Scott, A. Fouche, H. Els, Andreas van Wyk en A. Adendorf is krygsgevange geneem. Ook Jan Els, W. Els, S. Els, F.J. Cronje, H Schoeman, P. Gouws, Ockert van Schalkwyk en ‘n persoon met die van van Hedrikz.

     Dié slag het nie in ons guns afgeloop nie. My enigste begeerte was om ook daarheen te vertrek, maar aangesien die mag om Kimberley nie as sterk genoeg beskou is nie, het die generaal dit van die hand gewys.

Saterdag, 19 Oktober 1899

     Op die dag ontvan ek opdrag om met 200 mans saam met veldkornet Oosthuizen en ook met veldkornet Jan Cronje na Magersfontein te gaan. Daar aangekom het ons ‘n krygsraad gehou. Die plan was dat ek met 1500 man na Belmont toe moet gaan. Maar aangesien ons nie kans gesien het nie, as gevolg van die getal manne in die skanse aldaar, het ons die plan laat vaar.  

     Ek het toe bevel van die veggeneraal De Wet gekry om die posisie wat nog oop was langs die spoorlyn in te neem en die vyand in te wag wat toe nog aan die Modderrivier was met ‘n groot mag.

     Aan die begin van Februarie het die vyand na Koedoesrand getrek, ‘n randjie aan die Noordekant van ons posisie. Toe dit bekend geword het,  het veggeneraal De Wet met ‘n kommando gekom om hulle terug te dryf. Dit het ook so gebeur. Na ‘n hewige geveg het hulle die nag nog teruggevlug terug na hulle plek langs die Modderrivier.

     Twee van ons burgers het gesneuwel en etlike is gewond. Die verlies aan die vyand sy kant was sekerlik nie gering nie. Die loerplekke en die skanse het dit aangetoon toe hulle na twee dae vertrek het. Hulle het weer met ‘n sterk mag oor Ramdam in die rigting van Koffiefontein vertrek.

     Generaal de Wet het hulle agtervolg tot by  Bloubank en slaags geraak  en etlikes krygsgevange geneem. Hulle het ook waens met proviand en ammunissie en 1200 osse afgeneem.

12 Februarie 1900

     Vandag het veldkornet Pretorius met 50 man vertrek en het Genaraal de Wet oor Jacobsdal na Bloubank aan die Suide van Jacobsdal gevolg. Aan die Rietrivier het hulle ‘n sterk mag van die vyand ontmoet wat na die Modderrivier getrek het. Hy het dadelik ‘n berig na generaal Cronje gestuur dat die vyand met ‘n sterk mag om Jacobsdal na die Modderrivier trek en hom vir versterking gevra. Hy het dit egter nie grkry nie en ek weet ook nie waarom nie.

     ‘n Tweede rapport is gestuur dat die vyand in die rigting van  die Bloemfontein-kommando op pad was. Ook  hierdie rapport het die generaal laat stilsit in sy tent. Veldkornet Pretorius was gedurig besig om met die vyand te veg en was besig om te retireer. Hy het ‘n rapport aan die Bloemfontein-kommande gestuur dat hulle moet vlug.

     Toe die vyand die laer in sig kry, was van die waens reeds ingespan en dadelik het hulle met hewige kanonvuur losgebrand en ons mense moes die laer verlaat en na die hooflaer vlug. Ook veldkornet Pretorius is genoodsaak om terug te val.

13 Februarie 1900

     Vyf-en-twintig  van my manne het saam met veldkornet Oosthuizen gegaan om as versterking te dien vir generaal Cronje. Toe hulle daar aankom die aand, het hulle daar gebly tot die volgende oggend. Hulle het toe bevel kry om by veldkornet van Graan met vyf-en-twintug  manne aan te sluit en in ‘n sekere rigting te gaan om ‘n aantal lansiers terug te dryf. Voordat hulle  hierdie opdrag kon gehoorsaam, het die berig gekom dat Jacobsdal in besit geneem is deur die vyand en dat hulle daarheen moes gaan.

     Toe hulle daar aankom het hulle ontdek dat die vyand die dorp vlugtend verlaat het en en hulle het hulle agternagesit en een man krygsgevange geneem en die res ‘n goeie ent verder verdryf en daarna het hulle teruggekom na Jacobsdal waar hulle hulle perde ‘n bietjie wou laat rus.

     het pas afgesaal toe hulle sien dat die vyand met ‘n groot mag na  die dorp opgeruk het. Die perde is dadelik weer opgesaal en hulle onder hewige geweervuur hul posisie ingeneem op ‘n klein plat randjie aan die suidekant van die dorp. Hulle kon daarin slaag om die vyand weer terug te dryf na ‘n hewige geveg van ten minste vyf uur. Die verlies aan ons kant was dood en gewond, Samuel de Jager en Piet Nel, swaer Nicolaas Maree en nog ‘n paar is liggewond.

     Die volgende dag het hulle weer teruggekeer en by my aangesluit by in die forte by Magersfontein. Dieselfde dag het ‘n hewige geveg gewoed aan die Modderrivier onder generaal Froneman, maar aangesien die mag van die vyand te sterk was, het hulle deurgebreek en Kimberley ontset. Dit het groot opskudding onder ons veroorsaaak. Die laers het byna almal, behalwe die van generaal Cronje, regsom Kimberley getrek na Boshoff.

17 Februarie 1900    

Die aand van die 17de het almal bevel van die generaal gekry om die goeie posisies te Magersfontein te verlaat en na sy laer by die Modderrivier te gaan. Daar aangekom het ons gevind dat die laer reeds op trek gestaan het.

     Die besluit van die krygsraad die aand was om te trek in die rigting van Boshoff. Om die Kroonstad en Hoopstad burgers, wat almal voetgangers was, die geleentheid te gee om by hulle perde te kom.

     Kommandant Smit van Jacobsdal, wat van ‘n beter pad na Boshoff geweet het, het opdrag van die generaal ontvang om die laer te lei. Die hele nag het ons voortgetrek en die volgende oggend toe dit begin lig word het, het ons ons juis naby die vyand bevind wat dadelik die geveg voortgesit het.

     Ek, wat met my kommando op die agterhoede was, en waarop die vyand juis gekonsentreer het, het dadelik ‘n randjie in besit geneem en het die vyand teëgehou en het ‘n rapport aan die generaal gestuur om versterking te vra. Ons het geen versterking ontvang nie en my perd, tesame met die van nog ander burgers is doodgeskiet en ek word genoodsaak om my posisie te verlaat en agter die laer aan te trek.

     Toe ek hulle raaksien, was hulle reeds besig om uit te span. Ek het toe vir generaal Greyling  ontmoet en besluit om dadelik posisie in te neem aangesien die vyand wat ons agtervolg het, al hoe nader aan ons gekom het. Ek het my posisie aan die agterkant ingeneem en kommandant Greyling aan die linkerkant en het so die vyand teruggehou tot die aand toe. Ons het van generaal Cronje opdrag gekry  om ons posisies te verlaat. Die burgers het swaar gekry as gevolg van honger en dors en hitte. Toe ons by die laer aangekom het, was hulle al reeds weer besig om vorentoe te trek en ek het op die agterhoede gebly. Die laer het getrek tot by Paardeberg en vroeg die oggend het hulle daar uitgespan.

     Ek het my burgers  op die agterhoede laat uitgespan en ek het vorentoe gegaan waar die laer uitgespan het om te kommunikeer en kry toe die opdrag om op die agterhoede te bly saam met kommandant Kok terwyl die laer al langs die rivier afgetrek het. Ek het generaal Froneman versoek om ‘n kommando na die ander kant van die rivier te stuur. Hy het dit aan my belowe en en dit tog nie gedoen nie. Ons het toe die voortrekkende laer agterna getrek. Ons het kanonskote gehoor, maar gedink dat dit ons eie kanonne was wat op die vyand vuur en het maar stadig getrek. Toe die laer binne sig gekom het, het ek generaal Froneman ontmoet en merk toe op dat dit die vyand was wat op die voorpunt van die voorttrekkende laer gevuur het sodat hulle verplig was om uit te span by ‘n drif met die naam Vandisiedrif.

      Generaal Kok het opdrag gekry om met ‘n Nordenveld Maxim ‘n eiland in besit te neem vanwaar die vyand met hulle kanonne op die laer geskiet het. Generaal Froneman moes my daarmee behulpsaam wees met drie kanonne wat hy op ‘n geskikte plek  gereed gehad het. Ek het die eerste rand bestorm en het die lansiers teruggedryf. Ek het bevel aan my burgers gegee en hulle aangemoedig om, sodra ons kanonne begin vuur op die vyand, ons met al ons moed die koppie moes bestorm. Hulle was almal bereid om dit te doen. Maar die generaal het met sy kanonne na die rivier getrek en ek kon nie verder nie, want ek het nie die beloofde hulp gekry nie en is toe weer genoodsaak om  onder hewige maxime-vuur terug te val na die randjie waar generaal Kok was.

     Daar het ek van generaal Cronje opdrag gekry om in die aand in die donker na die laer by die drif te trek. Ek het reeds genoem dat daar die middag ‘n aantal lansiers etlike kere  probeer het om ons van die rand af te sny maar hulle is elke keer deur die burgers met Maximes teruggedryf met verliese.

     Laat die aand het ons by die laer aangekom en die volgende dag, Sondag, het die vyand met daglig begin het om die laer te bombardeer van alle kante af. Ek het al langs die rivier afgetrek tot by Klipdrif om daar posisie in te neem in soverre as wat dit ‘n posisie genoem kan word. Bo-op die walle van die rivier, het die vyand van alle kante af op ons afgekom, maar hulle is gedwing om groot verliese te lei en so het die geveg voortgeduur tot laat in die aand.

     Aangesien my burgers baie afgemat en honger was, en dit ook onveilig agter was, kon ek eers die volgende dag my dooies begrawe. Onder hulle was: Jacobus Pretorius, A.Z. Nicolaas Meyer, N.G. Willem du Plessis, Piet van Biljon en ‘n vreemdeling met die naam Van de Venter en ‘n burger van kommandant Kok met die naam van George Ingottini. Onder die gewondes was Jacob Strating, Frederik du Plessis, Frans Brink en Jan Marx swaar gewond.  Jan Barnard, Jacob Naude, Jan van Niekerk, Jac du Plessis, Jan Niemand, Adriaan Louw, Jan Smit en P Badenhorst is lig gewond. C Human en Stephanus Naude se perde is ook lig gewond. Die kanonne, ek neem aan daar was agt Lyddite  kanonne, het die hele dag op die laer gevuur en dit het ‘n groot deel van die laer aan die brand gesteek. Voorradwaens en ammunisiewaens is totaal uitgebrand. Die volgende oggend, Maandag, het ons ontdek dat my kommand, wat ongeveer 170 perde sterk was, nog net omtrent veertig oorgehad het. Die res is doodgeskiet  en gewond.

     Dié dag het generaal Cronje aan Lord Robberts gevra vir ‘n wapenstilstand van 48 uur om dooies te begrawe en die gwondes saam met die vrouens en kinders wat in die laer was na Petrusburg, ‘n dorpie nie ver van daar nie, te stuur aangesien ons totaal omsingel was en daar geen dokters was nie. Dit is egter nie toegestaan nie. Die die generaal onder Lord Robberts het dit verbied aangesien Lord Robberts nie self teenwoordig was nie. Daarop het generaal Cronje ‘n mondelinge rapport aan die generaal gestuur dat aangesien hy so onbarmhartig was deur dit nie toe te staan nie, hy maar moet voortgaan. Hierdie rapport is misverstaan deur Lord Robberts wat daarop geantwoord het dat hy baie bly was dat generaal Cronje so verstandig was om oor te gee en hom geprys vir sy mannemoed. Hierop het die generaal ‘n skriftelike rapport teruggestuur dat hy jammer is dat sy rapport nie reg verstaan is deur Lord Robberts nie en dat hy hom nimmer lewend sal oorgee nie en dat hy maar moet voortgaan met die bombardering van die laer. Die bombardering het dan ook dadelik begin en onafgebroke word ons die hele week gebombardeer en word daar geveg met  kleingeweer- vuur.

Saterdag, 24 Maart 1900

      Saterdag die 24ste het die generaal ‘n heliograafbooskap aan generaal de Wet gestuur wat nie ver daarvandaan met ‘n kommando was nie en het gevra dat hy moet probeer om ons te kom verlosen  en dat hy dit voor die 28ste moet doen anders sou die generaal genoodsaak sou wees om oor te gee oorgee. Hierop het generaal De Wet geantwoord dat hy niet moet moed opgee nie, maar dat hy in nie nag van die 25ste  ‘n aanval aan die Suidwestekant van die rivier moes doen. Hy sou daarmee behulpsaam wees van die ander kant af.

     Die krygsraad het hierop dadelik besluit om die besluit van generaal De Wet uit tevoer. ‘n Brug moes gemaak woord oor die rivier aangesien dit sterk gevloei het en baie diep was. Ek het die opdrag gekry om  die brug te bou  en die ander offisiere moes teruggaan na hulle posisies om dit te behou. Ek het begin om die brug te bou by ‘n geskikte plek. Toue word weerskante vasgemaak en aan die toue die bokke van die waens, maar aangesien dit  weer te laat geword het, kon ek dit nie  voltooi nie.

     Terwyl ek met die brug besig was, is die generaal na die  Potchefstroom se burgers onder kommandante Wolmarans en Roos om hulle aan te moedig, maar hulle het geweier om deel te neem aan die besluit wat geneem is.

      Laat die aand het hy teruggekeer en ek het hom vertel dat ek my werk nie  kon voltooi nie. Ek sou moes wag tot die volgende dag. Hy het my mismoedig geantwoord dat dit vir hom hopeloos lyk om verder aan te gaan,  aangesien die burgers van kommandante Wolmarans en Roos volstrek geweier het om saam te gaan.

     Dieselfde aand het hy  kennisgewings ontvang waarin hy skriftelik opdrag gegee is dat, indien  Wolmarans nie aan hierdie opdrag van die generaal  sou voldoen nie,  hy hom sou   doodskiet. Hierdie oopdragte is op bevel van die kommandant sorgvuldig bewaar deur sy sekretaris.

     Doe volgende oggend toe ek terugkom om my werk aan die brug voort te sit, het ek kommandant Greyling ontmoet. Hy het my vertel dat die burgers van Potchefstroom gesê het dat, indien die generaal nie dadelik oorgee nie, hulle met ‘n wit vlag na die vyand sou gaan om hulleself oor te gee.

     Ons het dadelik na die generaal toe gegaan en aan hom gerapporteer wat aan die gang was. ‘n Tweede aantal burgers was besig om uit te trek met ‘n vlag na die vyand. Hierop het ons dadelik besluit om dit aan generaal De Wet oor te dra per heliograaf dat ons genoodsaak was om oor te gee.

Die volgende dag, die 27ste het ons dit ook gedoen. Dié aand is die krygsraad saamgeroep en die uitkoms word bekend gemaak deur die generaal. Ons het besluit om die volgende oggend die vlag te hys. Dit het ook gebeur en ons gewondes is  opgeneem en generaal met 3700 burgers met hulle offisiere word krygsgevange geneem. Die kanonne wat ons gehad het, vier Kruppkanonne en twee Maxims is onbruikbaar gemaak.

Van hierdie verslagverklaar ek dat dit die waarheid is. Verdere besonderhedeen gebeurtenisse van toe af is is opgeskryf deur kommandat Kok.


green-next
green-previous
green-home-icon

(c) eben van tonder