Chapter 20: Appendix A – JW Kok War Diary

Introduction to Bacon & the Art of Living

In this book I tell the story of bacon, but also that of my family. The story itself is is set in the late 1800s and early 1900s when most of the important developments in bacon took place. The plotline takes place in the 2000s with each character referring to a real person and actual events. The theme is a kind of “steampunk” where modern mannerisms, speech, clothes and practices are superimposed on a historical setting.  Modern people interact with old historical figures with all the historical and cultural bias that goes with this. In this Annexure I post the War Diary of JW Kok who featured prominently through this work, in particular in The Castlemaine Bacon Company, The Life and Times of Jan W Kok and indirectly in The Art of Living where I apply the lessons from his life to South Africa today.


Chapter 20: Appendix A – JW Kok War Diary

JOHANNES WILLEM (Jan) KOK, gebore 04 April 1880. Gedoop 02 Mei 1880 te Winburg en oorlede op 26 Junie 1950. Trou op 08 Julie 1907 met MARIA MARGARETHA KLINGBIEL, gebore 17 Oktober 1879 en oorlede op 27 Augustus 1942. Sy was die dogter van JAN FREDERICK GUSTAV KLINGBIEL en MARIA MARGARETHA PRELLER.

Binneblad van my oupa, Johannes Willem Kok

Die oorlogsdagboek van JW Kok, vertaal deur Ds Jan Kok.

Vanaf 05 Mei 1900

Mei 5

OP 5 Mei het die Engelse Winburg ingeneem. Op ons plaas was dit die dag baie bedrywig as gevolg van die verskillende kommando’s  wat die dag verby getrek het. Ons het ons toe ook gereed gemaak om saam te trek. Die aand omtrent 8 uur het ons ons huis verlaat. Oom Koos het ook saam met ons gegaan. Ons het die aand tot by Kafferskop gery, die plaas van mnr. A Nel. Dit het toe al begin koud word. Ons het geen ander plan met die perde gahad as om hulle te spantou nie. Ons het die nag nie baie rustig geslaap nie omdat ons bekommerd  was dat ons perde sou wegloop aangesien ons nie ver van ons huis af was nie. Ons was die aand tien mense bymekaar: 6 van Winburg, een van Kroonstad en 2 van Thabanchu en ook nog twee kaffers.

Mei 6

Sondagoggend het ons vroeg opgestaan  om te kyk of ons perde nog almal daar was. Gelukkig was hulle almal daar. Ons het vroeg vertrek na Wildebeeskop, die plaas van mnr. N Froneman.Daar het ons vir ‘n rukkie uitgespan. Ons is toe elkeen met sy handdoek na een van die kuile om ons te was. Die bediendes het begin mis optel om vuur te maak om ‘n bietjie kos gaar te maak. Daar het ons twee moontlikhede oorweeg. Dit was moeilik omdat ons nie geweet het na watter kant toe nie. Daar was twee moontlikhede: Die een was na Doornberg en die ander een was na Ficksburg. Uiteindelik het ons besluit om  Ficksburg toe te gaan. Die twee manne van Thabanchu  en die een van Winburg (B Harmze) en P Prinsloo van Kroonstad is na Doornberg. Nadat ons  bymekaar gekom het  en mekaar aan die sorg van die Here opgedra  het, het ons van mekaar afskeid geneem. Toe ons daarvandaan vertrek het, was die son taamlik warm.

Ons het verby Wildebeeskop gery en by ‘n plaas aangegaan waar ‘n sekere Blignaut gewoon het. Vandaar het ons na die plaas gery van ‘n man met die van  Pieterse. Ons het in die veld by ‘n dammetjie uitgespan wat nie baie water in gehad het nie. Dit was toe omtrent 11:30. Ons het oral mense teegekom wat met hulle vee gevlug het. By die dammetjie het ons drie persone  ontmoet  wat ‘n klompie beeste en perde aangejaag het. Daar het ons oom Christiaan Kriek ontmoet wat met sy familie op pad was na Ficksburg. Die burgers wat ons die dag teegekom het, het ons vertel van die huidige toestand in die land. Nadat ons geëet het, het ons vertrek na Doornhoek waar ons oornag het. Om Christiaan Kriek het het ook nie die aand verder getrek nie. Daar was dit die aand baie koud. Jantjie, my kaffer het swaar gekry want hy het net een kombers gehad.

Mei 7

Ons vetrek van Doornhoek en kom toe by die winkel van Gibson. Daar het ons gekoop wat ons nodig gehad het, ook ‘n wit deken vir Jantjie. Ons het toe gery tot by ‘n klein leegtetjie  of ‘n klein spruitjie. Die pad deur die spruitjie was taamlik sleg. Oom Koos was bang dat die perde in die kuile sou val. Ons kon hom almal hoor sê: “Kinders julle moet die perde oppas.” Dit het gelyk asof hy baie swaar gekry het. Dit was baie warm. Vandaar het ons vertrek na Jakhalsfontein, die plaas van oom Nicolaas du Toit. Oom Christiaan Kriek is hiervandaan na sy skoonouers toe. Toe ons op Jakhalsfontein kom, was ek baie moeg perd gery. Ons het uitgespan en  die nag daar deurgebring. Hy was toe juis besig om mielies te oes. Ek het ‘n goeie nagrus gehad.

8 Mei

Ons het berig ontvang dat die Ficksburgers na Generaalsnek moes gaan. Ons was onseker wat om te doen en het uiteindelik besluit om ook na Generaalsnek toe te gaan. Ons het gereed gemaak. Die perde het gekom en ons het begin om op te saal en in te span. Daarmee klaar, is  ons na die huis toe om te groet. Dit was omtrent 3 uur die middag. Ons was onseker. Oom Koos was onrustig om na Generaalsnek te gaan en het aan my gevra: ”Hoe lyk dit Jan, sal ons gaan?” Ek het gesê ek weet nie, want ek het ook getwyfel. Uiteindelik het ek aan Piet gesê: “Kom laat ons gaan afsaal en uitspan. Nadat ons met die kar en die vier perde ‘n draai gaan ry het, het ons dit gedoen. Gelukkig het ons nie na Generaalsnek toe gegaan nie, want diegene wat wel gegaan het, het teleurgesteld teruggekom omdat hulle besef het dit was die verkeerde besluit. Oom Koos het vir my gesê ons kan nie langer op Jakhalsfontein bly as tot oggend toe nie. Ek het ingestem en ons het die nag weer daar oorgebly.

9 Mei

Ons het 9 uur die oggend van Jakhalsfontein af vertrek, maar nie geweet waarheen nie. Ek het geen ander keuse gehad as om by die Ficksburgers aan te sluit nie, maar oom Koos het geweier omdat Ma hom gevra het om te sorg dat ek, Schalk, Piet en Hans Naude by hom moes bly. Dit kon nie gebeur dat ons by hom moes bly nie, want hy was sieklik en kon nie kommandodiens  doen nie. Ek dink oom Koos se eintlike plan was om na Witkop te gaan. Ons het gery tot by die plaas van oom Dawid de Villiers en daar uitgespan.Van daar af het oom Koos my na Groenfontein gestuur waar die skoonouers van oom Christiaan Kriek gewoon het. Ek moes vir oom Christiaan sê dat ons verder gaan trek en as hy steeds saam met ons wou gaan moes hy kom soos die afspraak tussen hom en oom Koos was. Toe ek dit aan oom Christiaan gesê het, het hy geweier aangesien die Ficksburgers reeds aangesê is om na Vechtkop te gaan. Hy was juis besig om klaar te maak vir sy seun, Gert, om hom saam met die Ficksburgers te gaan. Ek het toe besluit om ook so te maak. Oom Christiaan het voorgestel dat oom Koos moet teruggaan Jakhalsfontein toe en dat ek, Schalk, Piet en  Hans Naude  na die kommando toe moet gaan. Ek het vol vertroue teruggery dat ons dit sou doen, maar toe ek weer by oom Koos kom het hy beswaar gemaak en aangedring dat ons nie van hom moes weggaan nie soos  Ma hom  gevra het. Dit was natuurlik onmoontlik soos ek reeds gesê het. Hy besluit toe self om na Groenfontein te gaan  en so is ons alleen daarvandaan na die genoemde plaas. Daar het ons uitgespan en oom Christiaan  het oom Koos aangeraai om terug te draai na Ficksburg. 12 uur het ons daarvandaan vertrek. 100 manskappe is gevra om as vrywilligers  na Ficksburg te vertrek. Ek was een van hulle Ek en oom Nic  het toestemming van die veldkornet gekry om vooruit te ry. Ons het gery sonder om af te saal tot by Jakhalsfontein. Ons het ‘n rukkie voor sononder daar aangekom. Ek was afgemat en moeg en het op my bed gaan lê, maar nie geslaap nie. 8 uur het ons vandaar vertrek na Ficksburg en het gery tot by Zandspruit. Daar het ons weer omgedraai en by ‘n vervalle plaashuis gekom. Die huis was verniel, maar die mure het nog gestaan en daar was baie wilgerbome. Ons het afgesaal om vir die ander mense te wag wat ons agter gelaat het. Ons het tot die namiddag vir hulle gewag. Ons het toe ons reis voortgesit na Ficksburg. Ons het teen sononder in die dorp aangekom en afgesaal. Ons het vir ons perde  mielies gegee en ek en oom Nic en nog ander bekendes is na ‘n huis. Die naam van die juffrou het my ontgaan. Ons het elkeen ‘n koppie koffie gedrink en toe winkel toe gegaan en vir ons perdekombers te koop wat ons agt sjielings elk gekos het. Ek en oom Nic is toe huis toe. Dit was ‘n bietjie moeilik om die huis oop te kry, maar ons het uiteindelik daarin geslaag. Ons het ons perde in die stal gesit en hulle voer gegee. Ons het nie kos gehad nie en het vir ‘n sjieling beskuit gekoop. Daar was vleis, koffie en suiker in die huis. Toe ons klaar geëet het, het oom Nic ‘n stukkie uit die Bybel gelees en ‘n gebed gedoen. Hierna het ons gaan slaap en het al twee ‘n heerlike nagrus gehad. Ons het die vorige nag niks geslaap nie.

18 Mei

Die koomando  het die oggend 8 uur uit Ficksburg vertrek. Ek het eers vir my ‘n kombers vir 10 sjielings gekoop en ook ‘n klein roostertjie.  Ons het al die koffie en die suiker uit die huis geneem omdat ons niks gehad het nie. Mev van der Merwe het vir ons ‘n brood gegee. Toe ons uiteindelik uit die dorp uit was het ons weer afgesaal en spioene vooruit gestuur. Ons het die hele dag daar oorgetaan. Daar is vir ons skape geslag. Ek en oom Nic het ‘n blad en ‘n boud gekry. Ons het die lewers van die skaap fyn gesny en met vet gemeng. Ons het die blaarpensie van die skaap geneem en die lewer daarin gesit en dit op die rooster gebraai.Dit het heerlik gesmaak. Ons het daar ook ‘n bietjie kakao by oom Fourie gekoop. Behoeftige burgers het daar ook klere en komberse gekry. Teen sononder het ons weer opgesaal en gery tot by die poort naby die meule van Mitchel. En daar weer afgesaal. Ons het ons perde aan mekaar vasgemaak. Ek was gelukkig om nie die nag wag te staan nie, tog het ek nie veel geslaap nie aangesien ek ‘n hoofpyn gehad het. Die spioene het baie laat teruggekom en 2 uur het die opdrag gekom dat ons verder moet gaan. Almal, behalwe die die patrollie wat die aand uitgestuur is, is na Caledon. Ons pakperde het agtergebly en dit was baie koud om te ry daardie nag. Ons jasse het gehelp teen die koue. Ons het gery tot die son amper opgekom het en toe weer afgesaal. Ons het in ‘n hoek van ‘n plaas afgesaal, maar ek weet nie wat die naam van die plaas was nie. Daar was baie vuurmaakgoed en gou-gou het almal se vuurtjies gebrand en was die keteltjies op die vuur en dit was nie lank voor ons koffie gedrink het nie. Spioene is weer uitgestuur en toe die son opkom was dit nogal warm. Dit was toe Sondag 19 Mei.       

19 Mei

Ons was net klaar geëet toe die berig kom dat ons weer moet terugkeer na Witkop. Dit is te verstane dat ons nie op ons gemak gevoel het om weer terug te gaan nie. Dit was ‘n lang rit en dit was tevergeefs, maar ons geen ander keuse gehad as om die bevel te gehoorsaam nie.

Nou kon ons dwarsdeur ry, maar ons pakperde het agtergebly. Oom Nic het aan my gesê hy gaan reguit na sy huis toe ry en ek moet die pakperde gaan haal. Ek moes ‘n groot draai ry en toe ek op die plaas kom waar die pakperde agtergebly het was daar niemand. Ek het die perde op Ficksburg gekry. Gelukkig het die kaffer hulle in die stal gesit  en voer gegee. Ek het afgesaal en my perd ook in die stal gesit. Dit was toe al 12 uur en ek het ‘n beker water gaan haal en kakao  en suiker ingegooi en ‘n stuk brood gesny en begin eet. Die kakao het geen smaak gehad nie omdat die water nie eers gekook het nie. Toe ek klaar was het ek my perdekombers agter die huis in die koelte oopgegooi en ‘n bietjie gerus. Andries, die kaffer, het my kom roep en gesê dat dit toe reeds 2 uur was en tyd om te begin.Ons het vertrek en teen sononder op oom Nic se plaas aangekom. Daar het ek weer oom Koos en die ander raakgeloop en die nag het ek goed geslaap.

21 Mei

Ek en Piet het na oom Jan Kleinbiel gery en die aand laat eers teruggekom na oom Nic toe. Grita het te perd saam met ons  gekom en oom Koos het ons hard aangespreek omdat ons so laat uitgebly het en te gerus was vir die vyand.

22 Mei

Ons is vroeg die oggend weg van Zandrivier af. Ons was nie ver van die huis af nie toe 13 Engelse by oom Nic gekom het en sy perdekar gevat het. Gelukkig was ons toe reeds weg. Ons het die aand tot naby Zandrivier gery en daar oornag.

23 Mei

Ons vertrek na Zandrivier en vandaar is ‘n patrollie saam met die kommandant  in die rigting van Ficksburg. Die laer het enkele dae by Zandrivier vertoef toe het die bevel kom dat ons weer  moet terugkeer. Die Bethlehemlaer en die  Ladybrandlaer het saam met die Ficksburglaer terug gery. Die laers het langs die Zandrivier gery tot naby die winkel van Hes-Kok. Die laers het daar oorgestaan. Vuurmaakgoed was baie skaars Twee perdekommando’s is van daar af weg. Die een na Bidolsberg en die ander een na Ficksburg. Ek wou graag saamgaan maar is nie toestemming gegee nie en moes by die laer agterbly. By die laer was dit eensaam en vervelig. By die winkel het ons gekoop wat ons nodig gehad het of liewer wat daar beskikbaar was. Die burgers wat na Ficksburg  is, het met die vyand slaags geraak op die plaas van  B van Schalkwyk. Die vyand is verdryf en 44 is in hegtenis geneem  en na Bethlehem gestuur.

29 Mei

Op die dag vind die geveg te Bidolsberg plaas en die vyand word verslaan. Baie van die weiveld is deur vuur verwoes. Kommandant De Villiers is gewond. ‘n Vals rapport is van Bidolsberg na Ficksburg gestuur  wat gevra het vir versterkings. Die Laerkommandant het begin om mense aan te wys. Toe ons vertrek, was ons net 5 en ons was op pad na die slagveld by Bidolsberg. Dit was omtrent 12 uur en ons het vinnig met die grootpad na Winburg gery. Ons het verby Zuringkrans gery na die laer van Senekal  wat daar naby gestaan het. Daar het hulle vir ons beduie hoe om na Bidolsberg te ry. Terwyl ons van die Ficksburglaer vertrek het, het die Laerkommandant van plan verander en Petrus Fourie agter ons aangestuur om ons terug te roep. Toe hy by ons kom was ons omtrent nog ‘n halfuur van die slagveld af. Ons was baie ontevrede omdat ons so ‘n lang rit moes aflê en toe weer moes omdraai. Ons het besef dat ons ons perde ooreis het. Schalk se perd het kruppel geraak, maar ons het geen ander keuse gehad as om om te draai en terug te keer na die laer nie. Dit was omtrent 4 uur toe ons weer by die laer kom. Ons het ons perde voer gegee. Die aand toe dit begin donker word, het die kommandant weer ‘n patrollie uitgestuur na Witkop om te gaan verken. Dit was nie lekker nie, want ek was moeg van die rit na Bidolsberg. Gelukkig het ek my een perd by die laer laat agterbly en dus het ek nie nodig gehad om weer met Holie te ry nie. Toe dit donker word is ons uit die laer uit. Ons het gery tot omtrent 10 uur die nag en het onder Witkop afgesaal. Ons het ons perde gespan en ‘n paar wagte uitgesit. Dit was ‘n baie koue nag. Ek het nooit van ek van die huis af weg is so koud gekry as die nag nie. Ek en ene A Willemse het vir ons ‘n bed opgemaak. Ons het elkeen ‘n kombers gehad en het ons saalkleedjies op die grond oopgegooi en toe gaan lê. Hy is 2 uur geroep om te gaan wagstaan. Hy het sy kombers was saamgeneem en van toe af het ek geen oog toegemaak nie, want dit was te koud. My maag was ook onstuimig.  

  

Soos Oom Jan dit vertaal, so sal ek dit hier pos.


green-previous
green-home-icon
green-next

(c) eben van tonder

Bacon & the art of living” in book form
Stay in touch

Like our Facebook page and see the next post. Like, share, comment, contribute!

Bacon and the art of living

Promote your Page too


Note

References